’n Man en vrou van Uitenhage in die Oos-Kaap is beseer toe hul motor Donderdag vroegoggend die pad verlaat het en in die see by Port Elizabeth beland het.
Kol. Priscilla Naidu, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ’n wit VW Golf gister vroegoggend John Tallantweg verlaat en op Brighton-strand beland het.
Volgens Naidu is dit in dié stadium nog onduidelik wat presies gebeur het.
Die polisie is omstreeks 06:50 na die toneel ontbied waar hulle die motor teen die water aangetref het.
“Die bestuurder (59) van die motor en ’n vroulike passasier (59) het beserings in die ongeluk opgedoen. Die man het beserings aan sy mond en rug opgedoen terwyl die vrou glo ’n been gebreek het. Albei is na die hospitaal geneem vir behandeling.”
Volgens Naidu is die motorwrak intussen deur ’n private insleepdiens uit die water verwyder.
Video supplied of accident that occurred this morning at New Brighton Beach Port Elizabeth @FatalMoves @GardmedPE @EMER_G_MED @ER24EMS @stanfromibf @IrenePretorius5 @jour_maine @JanineCLee @ettiennepel @AccidentAwareSA @EMERGCONTROL @AlgoaFMNews @RNEWSZA @HeraldPE @_ArriveAlive pic.twitter.com/M0Rh5lvpac
— Port Elizabeth Traffic Updates (@trafficupdatePE) October 8, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Leerbestuurder.Ha Ha
Daai lyk nie vir my soos n ongeluk nie.
DIT WAS NIE WEER EK NIE – EK BELOWE!! LOL
Dit was nie hulle tyd nie… wat ookal daar gebeur het..
Lekker vlieg so Golf deur die lug! Hierdie lyk vir my eerder na ‘n opsetlike daad, as ‘n ongeluk.