Video: 20 sekondes en bakkie is skoonveld

Die twee vermeende kapers het die man by sy bakkie oorval (Foto: Skermskoot)

’n Man van Pinetown in KwaZulu-Natal se uitstappie na ʼn kafee het in ’n nagmerrie ontaard toe twee mans sy bakkie gekaap en hom, met sy wegneemete nog in die hand, langs die pad gelos het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die man het Vrydag by die Hillclimb-kafee in Westmead, Pinetown, ingegaan om kitskos te koop.

“Die man het sy bakkie buite die kafee parkeer, sy vensters toegemaak en die deure gesluit voor hy die kafee binnegegaan het,” sê Gwala.

Gwala sê die man is kort daarna terug na die voertuig, waar twee mans hom met vuurwapens gedreig het. Een van die mans het die bakkie se sleutels gegryp terwyl sy makker die man se broeksakke deursoek het.

“Die kaper het die man se selfoon, rybewys en kredietkaarte gevat. Hy het daarna in die bakkie geklim en die twee verdagtes het weggejaag.”

In die kort video van die voorval wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ʼn gewapende man vir die slagoffer wys om na die agterkant van die bakkie te loop. Die man hou ’n plastieksak met sy wegneemkos in sy hand.

Terwyl dié man na die agterkant van die bakkie loop, begin die bakkie stadig vorentoe beweeg. Dit lyk of iemand in hierdie stadium reeds agter die stuur van die voertuig is.

Eindelik klim nog een van die kapers agterin die bakkie voor dit wegry.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval om die Pinetown-polisiestasie by 031 32 5083 te bel, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Di ·

Die kriminele word erg arrogant! Slim vang sy baas – eendag sien hy sy moses – KARMA

Sarel ·

Wel …hy het ten.minste agter gebly..Hulle kon hom sasm geneem het en so kon dit hom sy lewe gekos het.
Hulle was beslis nie honger nie

Misky ·

Daai krimineel loop so koel en kalm weg, kyk nie eens weer oor sy skouer nie. Kom al soos 2de natuur voor en dis nou wat hulle beroepskriminele noem

Aai ·

Getalle mense hulle te bang om dit alleenig te doen en die wet beskerm hom dat jy hom nie mag skiet as hy weg beweeg van jou omdat jou lewe nie meer in gevaar is.Dit is hoekom dit so maklik is.Maar glo my as dit ‘n polisie beampte was wat hulle geroof het in sy privaat voertuisg sou hy hom geskiet het of dit nou van voor of van agter was val sou daai rower geval het.

JohanR ·

Jy moet goed rond om jou kyk as jy iewers stop. Hulle staan gewoonlik twee twee teen ‘n boom en grou is die neus. Jy moet dan in jou kop vra of hulle nou ‘n rede het om teen ‘n boom te staan en in die neus te grou. Be suspicious of everything and everyone…..this is not New Zealand. Moet ook nooit stop en IN jou motor bly sit nie. Stop, sluit loop.

LeonS ·

Dit is wat man gedoen het stop,sluit en loop,maak ni saak hoe ver jy loop nie jy moet terugkom

Cherokee ·

Dan lyk hulle nie skuldig nie, want onskuldiges loop nou gemaskerd rond.

Duck ·

Jou lewe is meer werd as die bakkie, al probleem nou is die klomp kaarte wat jy moet stop, weer gaan aansoek doen vir lisensie en ai, al die papierwerk ingeval die bakkie verseker was. Beter maar om deesdae met ‘n stuk gemors rond te ry wat nie die aandag trek nie, maar dit is ook nie verseker of hul dalk die gemors wil hè vir spares nie.

Kokerboom ·

Stuur asb vir Our People se President dat hy kan sien hoe boewe sommige van sy mense is. Eis bakkie van staat terug

Piet ·

Almal wat so van die staat wil eis,… onthou waar kom die staat se geld vandaan.

Frank John ·

Crime pays in SA. Die kanse dat hulle gevang sal word deur ons gereg is skraal en hulle weet dit.
Ons Mafia/Polisie stel nie eintlik belang om die skelms te vang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.