35 vas ná betoging by Kovsies

Universiteit van die Vrystaat Foto: UV, Facebook

Universiteit van die Vrystaat Foto: UV, Facebook

Altesaam 35 mense is in hegtenis geneem nadat hulle op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) betoog en klasse ontwrig het.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die mense is in hegtenis geneem op aanklagte van onwettige samekoms en minagting van die hof. “Hulle is almal nou in polisie-aanhouding, maar ʼn saak moet nog geregistreer word. Hulle sal na verwagting môre [Dinsdag] in die hof verskyn,” het Nkabi gesê.

Die betoging is glo deur stakende kontrakwerkers uitgevoer wat teen die uitkontraktering van dienste betoog. Die universiteit het in ʼn verklaring bevestig dat sommige klasse deur die betogers ontwrig is, maar het gesê akademiese en administratiewe dienste het voortgegaan soos normaal.

Volgens Nkabi is lede van die polisie se openbare-orde-eenheid na die kampus uitgeroep en hulle het die betoging onder beheer gebring en mense in hegtenis geneem. Geen traangas of rubberkoeëls is egter afgevuur nie, het sy gesê.

Personeel en studente is Maandagmiddag aangeraai om ander ingange na die kampus te gebruik, aangesien die hoofhek van die kampus gesluit sal bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tamboti ·

Mooi seuns en meisies, staan vir die behoud van Afrikaans en jul volk, die tyd kom wanneer staan oorgaan in aksie.

Werner ·

Hierdie video is op Tuks donderdag geneem… Ysters is Boekenhout koshuis se eerstejaars…

Mariné Lourens ·

Dagsê Werner

Die video by die berig is verwyder. Jammer vir die ongerief.

Groete
Mariné nms Maroela Media

Hendrik ·

Hierdie is nou die beste voorbeeld van “Eendrag maak mag” Briljant gedoen meisies en manne!!!!! Vat hulle van voor af aan. Hulle dink ons gaan maar net laat gaan. Nou weet hulle nie hoe om dit te hanteer nie. Nou nog net Stellenbosch se meisies en manne wat moet saamstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.