Video: 7 vragmotors in ligte laaie op N3

Een van die vragmotors in ligte laaie. (Foto: Twitter)

Die N3 naby Mooirivier in KwaZulu-Natal is Donderdagoggend gesluit nadat sewe vragmotors vroegoggend op dié pad deur betogers aan die brand gesteek is.

Zinhle Mngomezulu, provinsiale verkeerswoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê verkeer hoop op in albei rigtings nadat vyf vragmotors in die verkeersbaan in die rigting van Johannesburg aan die brand gesteek is en twee in die teenoorgestelde baan in die rigting van Durban.

“Verkeer word na die R103 herlei,” het Mngomezulu gesê.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die betoging het kort na middernag opgevlam.

Owerhede blus een van die vragmotors. (Foto: Verskaf)

Zwane het verduidelik ʼn groep mense het die bestuurders van dié vragmotors aangesê om uit hul voertuie te klim waarna hulle die vragmotors aan die brand gesteek het en toe vort is. “Die pad is nog in albei rigtings gesluit,” het Zwane bevestig.

Volgens Zwane is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn saak van openbare geweld is by die Mooirivier-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die polisie was op die toneel.

Dié geval is nie die eerste van sy soort naby die besige Mooirivier-tolplaza op die N3 nie. Gewelddadige betogings vlam gereeld in dié area op met die onlangste voorval wat die afgelope Sondag aangemeld is.

In Mei verlede jaar is 32 vragmotors op dié pad aan die brand gesteek en nog ander geplunder.

https://youtu.be/V_8cxwK5Dbs 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johan ·

Nog ‘n vreedsame flippen betoging. En die polisie staan seker en kyk….

Chris Ws ·

Johan hulle noem dit “MONITOR”.Dis al wat die polisie mag doen.Onthou die verkiesing is om die draai!Wat hier gebeur is absuluut verregaande die’ dat die ekonomie so duik en sal bly duik.

Polisie ·

Was daar, het gekyk maar dit was totaal onmoontlik om n betoger te vang nie. …dit gebeur as jy as polisieman nie saam jou regring stem nie. Dan obserweer jy net.

Marinda ·

Dit is tyd dat die mense wat enige iets brand of plunder tydens betogings in die tronk gegooi word! Dit is ‘n gewoonteg wat onmiddellik in die kiem gesmoor word! Dit is onaanvaarbaar!

Charlie ·

Gedagtig aan n klousule in die GRONDWET dat ek myself, my geliefdes en my eiendom mag beskerm, wil ek graag weet !
Watter optrede mag ek volg wanneer ONWETTIGE OPTREDE soos brandstigting gedurende n wettige of dalk n ongemagtigde betoging betogers dreig om my eiendom te beskadig, wil beskerm?

Kan iemand my van n antwoord voorsien asseblief.

karen ·

Charlie – watter blokkie vul jy in op ‘n vorm waar jy vir jou etniese groep gevra word?
As jy dan gaan oplees oor wat ander wat dieselfde blokkie as jy invul gebeur het, behoort jy goeie idee te kry om jou eie antwoord te formuleer…..

Marcel ·

Charlie, die beste wat jy kan doen, is om iewers langs die pad in die donker te sit en hulle soos diere met ‘n geweer te jag. Maar vir dit sal jy dalk ‘n paar nagte daar moet sit terwyl niks gebeur nie.

HPV ·

Dit is ONGELOOFLIK dat hulle die reg het om links en regs alles om hulle te vernietig sonder enige nagevolge! Hoe siek kan ‘n regering raak? Die land is reeds oor die afgrond. Mens moet seker verstaan dat ‘n regime niks weet van demokratiese bestuur nie. Ons stuur vir die afgelope jare daagliks honderde sulke videos aan besighede en nuusagentskappe oorsee, soms wonder mens of dit die moeite werd is…

Fish ·

Dit is aparthied se skuld. Daar was Tantrums gegooi om ‘n punt te maak en nou sit die ANC met die probleem/kultuur om als te brand om ‘n punt te maak en kan nie hulle eie mense beheer nie. Byt die hand wat jou voer.

Stofie ·

Daars mos niks hiermee verkeerd nie. Hulle MAG mos staak en mense se goed brandsteek. Soos die MRK dan nou bevind het JULIUS is onskuldig is al die vandale wat die universiteite vernietig het onskuldig en hierdie brandstigters sal ook niks oorkom nie . neewat die land is in sy glory in en ek blameer NET die liberale hiervoor .. hulle het die meerderheid gehelp om met hierdie belaglikhede weg te kom.

Nettie ·

@Stofie ……….. nee, blameer die sendelinge van die 1800’s en 1900’s. Hulle het hierdie ‘mense’ gewoond gemaak aan goed wat voorheen onbekend was. Hulle het die voorvaders van die Afrika-boorlinge gewoond gemaak om bakhand te staan en net eenvoudig te KRY. Nie te WERK vir wat jy nodig het of graag wil hê nie, maar dit te KRY -gratis, pasella, mahala. En as jy nie meer kan KRY nie, dan VERNIEL jy dit wat daar is: jy brand, breek af en slaan stukkend.

Afrika ·

dit is wat die liberale goedpraat .. so hoekom is ons ontsteld hieroor? As dit nie hulle trokke is nie . who cares? Die betogers is koning in SA , hulle hou almal gevange en kom met ALLES weg . geen betoger kry ooit tronkstraf nie . inteendeel die EFF stel vir hulle die beste advokate aan om hulle te verdedig . so ja .. dis AFRIKA . julle wou dit so gehad het . kry vir julle!

Jerome De Kock ·

beskadig hulle terug. gooi hulle me klippe en kruip agter die muur weg sodat niemand sien waarvandaan die klippe kom nie. steek ñ paar klippe in petrol en gooi dit ook op hulle. as die Polisie vra wat gebeur het, trek jou skouers op en se jy ‘t rugby gekyk

Dries Moolman ·

Niemand is nog gearresteer nie, en niemand sal ook gearresteer word nie.

Alida ·

Stem saam. Daar sal net ‘n paar doodgeskiet word dan stop dit dadelik.

Linda ·

Neem Kennis dat hierdie 7 trokke wat aan die brand gesteek was, is bestuur deur ONWETTIGE IMMIGRANTE !!! Dis NIE N BETOGING NIE !!! Ons eie mense steek die trokke aan die brand want hierdie onwettige immigrante kom vat ons mense se werk hier, en meeste veroorsaak groot ongelukke !!! Ek ondersteun hierdie aksie. Gaan kyk by Baragwanath Hospitaal, 80% pasiente is onwettige immigrante wat ons gesondheidsdienste gebruik !!! Ons mense kry nie die medikasie wat hul moet kry nie, te veel onwettige immigrante !!!

Linda ·

Hierdie onwttige immigrante is groot besigheid aan die anderkant van ons grense. Jy betaal R1500 dan smokkel hulle jou snags deur die bosse tot in Suid Afrika, ver genoeg van die grenspos om op n taxi te klim !!! en ons stede binne te vaar. Van hulle loop tot 25 kms per nag deur die bosse !!! net om hier te kom nes skop !!!

Db ·

Ek hou van die volgende “die polisie was op die toneel”. So wragtig die moeite gedoen om teenwoordig te wees. Lagwekkend.

Ben Potgieter ·

Hoop nie polisie het gehelp nie.Dit is in die mense se gene om te verwoes en dit sal aangaan tot dat die land heeltemal in sy mai is.Vinnig oppad soontoe.

Ma ·

Maak ń voorbeeld van so paar en skiet hulle morsdood. En waarom moet mens tolgeld betaal vir ń regering wat ni kan of wil seker maak dat dt veilig is ni. Vragmotor eienaars moet maar hul bestuurders stuur vir opleiding en ook vuurwapens dra.

Linda ·

Die grootste probleem by en naby die grensposte is, die Polisie wat daar patrolleer hou hul oe toe, solank as wat hulle hul ‘cut’ kry by die ou wat die onwettige immigrante deur die bosse bring !

Alida ·

Stem saam. Daar sal net ‘n paar doodgeskiet word dan stop dit dadelik.

Alida ·

As daar geskiet word moet die blanke SAPD lede eenkant staan anders ontaard dit weer in ‘n rasseherrie. Dit is miljoene rande se skade wat hier aangerig is. Vieslik

Amelia ·

Dit gebeur as die jeug oor die oueres wil regeer. Ek wonder of die betoging enigiets met die vragmotors te doene het. Of is hul kwaad oor hul vullissakke nie verwyder word en nou bedreig hul ander mense se lewens? Ons land is in sy moer in.

Ghoempie ·

Betoging? Noem dit eerder verwoesting of ” economic freedom, ” dalk “witmonopoliekapitaal ” wat verwoes moet word. Wie sal dit ooit verstaan?

marous ·

Sal die polisie toekyk as die parlement met brand bomme gegooi word ? Tel ‘n klip op in harare of maputo en gaan reguit lykshuis toe …

Willie ·

MRK se hulle is nie n wrede nasie nie..hulle is sag geaard..hoe dan nou?

JF van der Walt ·

Nou wonder ek? Met die vorige voorval in Mei verlede jaar waar 32 vragmotors ook so aan die brand gesteek is, het daar ook sekerlik in die verslaggewing gestaan: “Volgens Zwane is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie …”. Is die vorige oortreders toe vasgetrek en skuldig bevind en toegesluit? Of is die vorige saak nog hangend, m.a.w. nog niemand is in verband met die (vorige) voorval in hegtenis geneem nie? Dan kan ons moes aflei dat dit dieselfde bende kriminele is, wat nog steeds vrye toegang het om te maak wat hulle wil, en die polisie die kriminele nog steeds met gevoude hande sit en ywerig dophou.

VOTE ANC ·

Bly ANC stem! Die buurlande se burgers gaan aanhou om ons poste oor te neem, aangesien Mbeki en Kie SA se grense ”oopgegooi” het?!
Dankie ANC dat julle ons so verarm!

Dink net ·

Ek kon nog nóóít verstaan het hoekom sekere mense dink dat vuur/vandalisme/alles afbreek en opdons die antwoord/oplossing is van hul vrae/probleme of ongelukkigheid nie. Sonder om politiek in te sleep: kan iemand ‘n antwoord hierop verskaf?

Karolis ·

Niks fout daarmee om immigrante in diens te neem nie want hulle wil werk, in sommige gevalle ongeag die vergoeding.
“Ons” mense wil so min as moontlik werk vir so veel as moontlik vergoeding.

George ·

Dit raak nou vinni!g tyd dat ‘n paar betogers aan die brand gesteek word en ek waarborg dit sal die einde wees.

MARTIE MÜLLER ·

Ek weet nie maar hier ruik ek ‘n rot. Is dit nie ‘n sameswerings tussen die drywers van die trokke nie. Net om hulle base terug te kry want hulle is mos altyd ontevrede met als.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.