Video: 9-jarige “Holland’s got Talent”-wenner rig speelpark in Ikageng op

Amira Willighagen

Amira Willighagen

Twee video’s volg onderaan die berig.

Amira Willighagen (9), wat verlede jaar die talentkompetisie “Holland’s got talent” gewen het, het Suid-Afrika vandeesweek besoek.

Willighagen het ook ʼn draai in Ikageng gaan maak waar sy ʼn verskil in die lewe van dié omgewing se kinders gemaak het deur ‘n “speeltuin” op te rig.

Willighagen se ouma, Elsa Brand, wat onlangs oorlede is, het op Potchefstroom gewoon. Dit is hier waar Willighagen op die ouderdom van sewe gesien het die kinders van Ikageng, ʼn woongebied net buite Potchefstroom, het geen speelparke, of “speeltuine” soos sy dit noem, nie. Daarom het sy besluit om hierdie week, tydens haar besoek aan SA, ʼn speelpark daar op te rig. Willighagen wil dit ook nie beperk tot Ikageng nie, maar beplan om nog talle speelparke op ander plekke op te rig.

eNuus berig Willighagen het met die opening van die speelpark ook die mense van Ikageng met haar stem betower het toe sy haar weergawe van Nessum Dorma gesing het.

Hoewel Willighagen gedink het dat haar familie in Suid-Afrika op haar sou trots wees, het sy nie besef dat sy soveel ander aanhangers het nie. “ Ek het wel gedink my familie in Suid-Afrika sal sê ‘Knap gedaan!’ , maar ek het nie besef dat vreemde mense uit Suid-Afrika so mal oor my sal wees nie,” het sy aan Maroela Media gesê.

Amira se eerste album getiteld Amira word aan die einde van Maart bekendgestel.

Die video is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om19:00 op kanaal 144 en 145 op DSTV.

http://youtu.be/-PxxRP-6qIo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.