Video: Aanranding by Kaapstad-winkelsentrum

Skermskoot uit die video

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer ná ʼn onderonsie by die Canal Walk-winkelsentrum.

Mihlali Majikela, woordvoerder van die polisie, het gesê Milnerton-polisie het Saterdagaand omstreeks 23:00 reageer op ʼn bakleiery wat by die winkelsentrum uitgebreek het. “ʼn Groep jong mense het glo met ʼn veiligheidswag begin baklei. Die polisie ondersoek twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Die bestuur van die winkelsentrum het gesê die groep jong mense het geweier om die sentrum te verlaat ná die winkels gesluit het. “Hulle het gewelddadig opgetree en veiligheidsbeamptes aangeval toe hulle uit die sentrum begelei is. Die sentrum het ʼn zero-verdraagsaamheidsbeleid teen sulke gedrag. Om ʼn veiliger inkopie-omgewing te skep sal die sentrum alle anti-sosiale gedrag takel en leeglêery sal nie geduld word nie. Die sentrum hou die reg voor om enige persoon toegang te weier wie se optrede ʼn negatiewe impak het op besoekers,” het die bestuur in ʼn verklaring gesê.

Canal Walk-winkelsentrum se bestuur werk ten nouste saam met die polisie om die saak verder te ondersoek.

Posted by Luqmaan Adonis on Sunday, September 29, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ig

Ek sou ook hol, daai ou bo by die roltrappe is groot

Rina

Was dit normale mense wat so te kere gegaan het …. seker daarvan n kleutetskool klassie het beterder maniere regtig waar

San

Banana Republic!!

Jax

Gooi die jeugdiges in die tronk en gee hul ouers n harde loesing. Kinders wat so optree is nie geleer om respekvol op te tree nie. Dis tyd dat kinders en hul ouers moet vasgevat word!

Klara

Boetie het mos maatjies. Dan is ons manne! Groot bek in ‘n groep, slapgat alleen. Hoe pateties!!!