Video: ‘Aanranding’ ná vrou glo te bang is om stil te hou

‘n Skermgreep uit die video.

Die Tshwane-metropolisie stel ondersoek in nadat ʼn vrou wat oënskynlik te bang was om laatnag langs die pad stil te hou, Dinsdagaand by ʼn vulstasie in Centurion glo deur metropolisielede aangerand is.

In beeldmateriaal van die voorval kan gesien word hoe die vrou om 23:25 by die vulstasie in Lyttelton stilhou, uitklim en dan hardhandig deur ʼn vrouebeampte tot by die metropolisie se bussie geboender word.

In die beeldmateriaal lyk dit of die jong vrou haar teësit wanneer daar probeer word om haar in die bussie te laat klim. Sy word rondgepluk en dit lyk of sy in ʼn stadium op die grond lê, waar haar hande agter haar rug geboei word.

Sy moet dan in die gemerkte bussie klim en die video eindig wanneer die voertuig begin wegry.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die departement is bewus van die video en bevestig dat diegene betrokke wél metropolisielede is.

“In dié stadium word ʼn interne ondersoek gedoen. Ons het verklarings by die betrokke lede afgeneem en die saak is in ʼn gevorderde stadium,” het Mahamba gesê.

Hy het gesê die hoof van die metropolisie sal die dossier nou eers bestudeer, waarna verdere kommentaar sal volg.

ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei en het reeds duisende kommentare ontlok.

Hoewel talle mense vir die metropolisie in die bresse getree en gesê het dat hulle bloot hul werk doen, het ander die vrou se optrede verdedig en haar aangemoedig om regstappe teen die betrokkenes te doen.

Baie mense het ook gesê hulle is self te bang om stil te hou wanneer hulle op veral ʼn afgeleë plek deur die polisie, of mense wat lyk soos die polisie, beveel word om stil te hou.

YOUNG WOMAN ALONE DID NOT WANT TO PULL OVER IN A POORLY LIT UP AREA WHERE THEY ATTEMPTED TO STOP HER. SHE DROVE TO A FILLING STATION WHICH WAS WELL LIT. HERE IS THE RESULT. INCIDENT OCCURRED IN LYTTLETON PTA.

Posted by Intelligence Bureau SA on Thursday, December 5, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

134 Kommentare

EK ·

Liewe hemel vat 4 van hulle om haar so rond te ruk. Ek sal ook nie stop in die nag sal ook jaag. Nerens is jy meer veilig. Sy het by garage gestop en uit geklim tot daardie 1 wat dink sy is macho man haar sommer gryp. Dis disgusting en dink hulle kan doen net wat hulle wil. Hulle se gewoonlik as jy onveilig voel ry tot by naaste polisie stasie of garage en dis wat sy gedoen het. Nou word sy sommer net gegryp. Wonder of al haar goed nog in haar kar is???

Frank ·

Jip, sonder om hulself eers ordentlik te identifiseer. Hulle optrede kan glad nie geregverdig word nie, maar kom ons hoor eers wat het voor die tyd gebeur. Miskien was daar eers vyf en het sy nou ‘n duik in haar modderskerm…

Mb ·

Sy kon nie eens uitklim nie. Hulle het haar nie eens die kans gegee om uit te klim nie. Maar het haar summier aangeval. Vir al wat ons weet het sy nog gedink dis kapers wat haar aanval. Want die polisie se uniforms lê mos die land vol. As die polisie hulle wapens kan uithuur kan hulle mos ook hulle uniforms uithuur. Ek sou ook nie stilgehou het nie.

Liela ·

ek sal ook te bang wees om te stop daardie tyd van die aand,niemand kan die vrou nie kwalik neem nie, maar die lot wat haar so hanteer kort om bietjie vas gevat te word

Monique ·

Ons trokke word elke jaar deur “polisie manne” gekaap. Hul trek ons trok af en dan kaap hul die trok. Geklee in polisie klere en als. So ek sou ook nie stop nie

André-Chris ·

Per News24, sopas, en ek haal aan:

The Pretoria nursery school teacher who was allegedly assaulted and thrown to the ground by Tshwane Metro Police Department (TMPD) officers didn’t pull over immediately because she was still traumatised after having been duped into a fake roadblock by gangsters in February.

Following the harrowing ordeal, 28-year-old Kymie du Toit was advised by police to drive to a safe place in future should she be approached by what appeared to be police.

André-Chris ·

Maroela, sien aub my plasing hier bo van nuwe inligting wat na vore gekom het.

Vonkprop ·

Dit vat vier van hulle om een mens te arresteer. Mag die mans haar so gehanteer het, is dit nie dat slegs vroue beamptes met vroue mag werk nie? Daar is net geen respek vir die publiek nie. ‘n Mens sal sweer sy was gewapen tot die been soos hulle aangaan. Net die manier hoe hulle die kar bestorm het sê al klaar hulle wou moeilikheid maak. Uiters swak en ongeag of die vroue skuldig is of nie, jy gaan nie so aan nie.

Ben ·

Hul my vrou so behandel beloof dat sal van hul in hospitaal wees

Susan vl ·

Genade tog….waarom so haatig teenoor die jonge dame?
Waarom… waarom

My opinie ·

Maroela – volg asb hierdie storie op en hou ons op hoogte. Ek sou ook nie gestop het nie. Sy het die regte ding gedoen om na ‘n plek van “veiligheid” te ry. Hoekom wou hulle haar stop? Die bussie waarmee hulle gery het is nie eens ‘n patroliemotor nie.

Lollie ·

Patrys en Karl, julle twee som dit goed op. Ek kan dit nie beter sê nie.
Ek is woedend want mens is nêrens veilig nie. Aangesien die regering so teen geweld teen vroue is behoort hierdie beamptes aan die pen te ry!

Marius ·

Toemaar, daar gebeur darem iets-goeds uit al hierdie voorvalle uit. Dit dwing ons eie mense nader aan mekaar as jy sien dat selfs die polisie die vyand is…

klein Piet ·

Ek hoop rerig die dame kry n goeie prokureur en ry die metro polisie vir alles wat hulle het.
En terwyl die klomp besig is met haar, is daar seker n paar kapings besig om te gebeur en n
hele klomp taxis wat verkeersligte verontagsaam.

AP ·

Ag sies julle klomp banale “beamptes” so ‘n klein mensie, ten minste het julle bietjie fisiese oefening gekry en is seker stokflou moeg daarna, glo nie julle kan eens julle verslae klaar skryf nie, te veel gewerk.

Ryan ·

Ek sou ook nie aftrek voor ek êrens veilig was nie. Dit lyk dan soos ‘n ontvoering?!? Wat moes die meisie dink? Ek hoop hulle word almal summier afgedank en moet om verskoning vra.. Sies man..

Vra net ·

Dis interessant: wanneer veiligheidswenke gegee word, word aanbeveel dat jy tot by n polisiestasie of veilige plek ry voor jy stop. Mens ken nie die hele storie, maar dit wil lyk asof dit is wat die dame gedoen het. Partykeer ken die polisie nie hul eie reels en verstaan nie hul eie wenke. Dis nie asof sy vir hul n bedreiging was. Verstaan nie waarom daar so op haar toegesak is en sy rond getrek is.

Marius ·

Die dame het goed gedoen sy het geweet hulle gaan haar aanrand nou is dit op kamera.Wel gedoen hulle dag sal kom.

Basjan ·

Marius, ek stem saam. Die vrou het die regte ding gedoen deur na ‘n vulstasie toe te ry waar daar veiligheids-kameras is. Nou is daar duidelike bewyse van die metro polisie se wan-optrede.

ANONIEM ·

Ek glo nie wat ek sien nie vier lede om een dame van die publiek aan te val.

Wat gaan van hul word dalk onder die mat ingevee word.

Skande………………………..

Adel ·

Wel ek sal ook BESLIS nie daai tyd van die nag stop waar dit nie veilig is nie, dit is mos nie asof sy vir hulle weg gejaag het nie….. sy het gery waar dit vir haar veilig was, ek sal hulle opfoeter om die minste te se. As dit nou nie rasse haat is nie, dan weet ek nie??????

Andrea ·

My kinders, omtrent dieselfde ouderdom as hierdie jong dame, word kwaad vir my as ek vir hul sê dat hul moet besef ons is in n staat van oorlog – ons is die vyand. Bly uit die strate saans, sovêr dit enigsins moontlik is. Beweeg in groepe, kyk oor jou skouer… Hul sê hul moet leef, hul kan nie leef soos ek voorstel nie. My antwoord is daarom moet hul emigreer na waar hul n normale lewe kan lei.

Alet Klaassen ·

Presies wat ek ook my kinders vertel. Ons is beslis in oorlog gewikkel en dis beter om nie na donker uit te gaan nie. Selfs ons polisie is ‘n gevaar vir gewone mense.

Yorrie ·

Is daar WERKLIK mense wat dink die polisiebeamptes doen net hulle werk??
Watse tipe mense is dít?
Hulle ondervra haar nie eens nie!
Sy was nie EEN keer gewelddadig teenoor hulle nie, alhoewel hulle nét gewelddadig was teenoor haar.
Ek dink genoegsame bewyse dat sy hulle goeie moles kan gee! Mag sy ñ GOEIE prokureur kry!

Leonie ·

Yes ek stem saam die mense sy het binne haar regte opgetree… Ek as vrou alen SAL NIE stop so laat in die aand nie so sy was reg deesdae kan mens niemand vertrou nie… Ek se ook maak n saak teen hulle… As dit ons blanke polisie was was dit verder gevat maar hulle kan maak wat hulle wil…. Nee die arme vrou.. Die Here laat onregverdigheid nooit see vier nie… Sterkte vir die vrou

Santjie ·

Mag hulle haar kar bestuur sonder haar toestemming? Indien nie, sou ek se sy moet sommer ‘n klag van poging tot diefstal ook maak teen die een wat haar kar bestuur.

Asjas ·

Nie net motor diefstal nie, ek is seker na dese is alles wat in die voetuig was ook weg!!

Cherokee ·

Jy’s reg Asjas! Ek is seker daarvan haar diamantring van R17954.17 wat sy in die gemorsgrotjie gebêre het, is weg! Sy moet hulle rook daarvoor.

Boer ·

Dalk of dalk is die wat die wereld ons geleer het en ons kies om dit teglo … ek glo ons kan saam staan ek glo ons moet 1st ons denke verander dan sal baie goed verander

Cherokee ·

Pieter, dit is irriterend wanneer jy terugval op ou waardelose rympies omdat jy niks oorspronkliks kan skryf nie. Waarom emigreer jy nie? Waarom word jy nie deel van die pigmies in Midde-Afrika of die Nigeriërs nie? Oorsee kan jy nie want as jy dit kon bekostig het, was jy al daar.

HPV ·

Geen soos in geen mens, wat nog ‘n vrou kan meer in die nag by “polisie” stop nie, misdadigers gee ook voor, met kleredrag en motors, dat hulle pollisie is. Die vrou het absoluut reg opgetree om na ‘n verligte plek met kameras te ry en dan te stop. Sy het rede gehad, in die misdaad hool, om die polisie te wantrou, nou het sy en ons almal sommer bewyse van polisie brutaliteit en aanranding ook.

Andre ·

Het die minister nie self gese dat ” veral vroue” dit in so n geval moet doen nie ? Dagvaar die rook uit hulle uit !

Hendrik ferreira ·

En waar is die verfoeilike DA nou hierdie kriminele is op hulle metro se betaal staat.

Jessica ·

They going to fet f..ked up nicely these morrons, hope they get fired and never find another job, and they should die of hunger in jail.

Karlahari ·

As daar crowd funding gestig word vir n hofsaak teen die aanranders beloof ek om R1000.00 by te dra.

Seemonster ·

Sal baie lekker key as Gerrie Nel die geval hof toe vat.

Drikus ·

Kalahari, ek sal ook my R1 000 bydra. Kom ons doen dit. Kan Maroela dit fasiliteer?

Drikus ·

Kalahari, ek stem saam en bied ook my R 1 000 aan. Kan Maroela die befondsing fasiliteer? Kom ons help die dame en dra sodoende daartoe by om die magsmisbruik te stop.

Baie slim ·

Meisie jy was baie slim om vulstasie toe te ry, daar is kameras by alle vulstasies en dan is jy beskermd en die Metro sal beslis beter opleiding moet kry!!!!! Jy stop nooit as jy net 1 ind iemotor is nie, nie eens mans nie.

charmaine ·

Ek sal ook nie stop nie. Dit was baie slim van haar om tot by die petrol stasie te ry en dat die kamras dit afgeneem het. Sy het nie gevaarlik gelyk of onder die invloed nie hoekom haar rondruk en boeie en dan wegry? Omdat sy n wit Meisie is. Hoop daai 4 word van ontslae geraak. As dit die tipe mense is wat die kersseisoen ons paaie moet veilig hou is dit kommerwekend wat duidelik weet hulle nie hoe om hulle werk te doen nie.

Frikkels ·

Metro polisie my groot toon! Hierdie is bendes misdadigers wat deur die kastige regering op ons paaie geplaas word om witmense te terroriseer. Lafaards, dis al!

JJ ·

Ek as man sal ook nie stop nie het in die verlede gestop net om onskuldig gedreig te word en te hoor hulle is baie honger.Ek betaal nie bribes nie en was dan gedreig met arrestasie en inpound van voertuig wat uitgeloop het op argumente al het ek niks verkeerd gedoen nie.Mense word koelbloedig vermoor aangerand en verkrag deur mense wat ons moet beskerrm.
My kinders was al in Centurion afgetrek deur fake polisie en was gelukkig om weg te kom.

Hanlie ·

Dit in die 16 dae veldtog teen woman and child abuse. Hulle het haar aangerand en moet daarvoor gestraf word, en dit nogal 4 teen een. Skande. Wonder wat se die Prez nou hiervan, gaan hy iets daaraan doen?

Ray ·

Lees die artikel oor di vrou in PE, dan sien jy die beloftes wat die Prez maak, en wat daarna gebeur

C ·

Wonder net miskien het hulle haar nog aangerand nadat hulle nog met haar weg gery ook nog net jammer daar gaan geen bewyse daarvan wees nie.

JR ·

Dit is ook waarvoor ek vrees miskien kry hulle nog haar lyk erens hulle het nie eers gese waarvoor hulle haar inhegtenis neem nie hulle het ook nie hulle polisie kaarte vir haarr gewys nie dalk is hulle nie eers lede van die polisie nie wat het geword van haar motor wat net so agter gelaat is hoekom het die mense by die petrol stasie nie die polisie stasie gebel nie dit is n vry land ons het die reg op op straat te wees daardie tyd van die aand die crime moet stop dit is ons reg om veilig ten alle tye te wees

Genoeg! ·

Hierdie klink soos ‘n saak wat Solidariteit moet gebruik om ‘n punt te bewys!!!! Hoe gaan ons dogters, vrouens en kinders ooit veilig wees as polisie dit doen? Maar ek kan nie glo daar was vrouens onder hulle wat so opgetree het nie! Dit wys vir my, dit het niks met geslag te doen nie, meer eerder ras.

Hulle stel geen voorbeeld nie. Watse bedreiding was sy? Ek sou presies dieselfde opgetree het as sy!!
Staan sterk dame en gee hulle gas!

Dis Nou ·

Kry vir jou ‘n goeie regsverteenwoordiger en dagvaar die blou hel uit hulle al 4 uit

AndrewL ·

Pottie, jy is tipies van die dwarstrekkers. Lees gerus meer oor SAA.

bokka ·

Dit blyk deesdae ‘n gewilde ding te wees om te doen. Belaglik.

Michael P ·

Ek se weer die S A Polisie word nie opgelei nie Nou een aand op Carte Blance het n persoon mooi verduidelik hoe gamaak as jy afgetrek word ry stadig tot by n vul stasie. As jy so deur polisie beamtes hanteer word kan jy duidelik sien hulle het geen opleiding nie.Dit is skokkend wat op daardie video gesien word.

Martin ·

Michael., die is Metro nie SA Polisie nie. Metro kry hulle opleiding elders. Maar dit regverdig nog steeds nie die hantering van die vrou nie. Hulle moes professioneel gebly het. Dis skokkend.

Jannie van Niekerk ·

Dus ANC kaders. Hulle kan nie lees of Afrikaans verstaan nie

Feite ·

Die metro polisie is nie opgelei om hulle werk te doen nie, dit is baie duidelik, want dan sou hulle die vrou se reg en wetsgehoorsaamheid om by n veilige plek te stop en te verduidelik hoekom sy nie op n onveilige plek stop nie, gerespekteer het. Geen beampte mag teenoor die publiek optree met die onverdraagsaamheid en magsmisbruik soos wat hulle opgetree het nie. Hierdie is geweld, aanranding en onregmatige arrestasie, nie net teen n lid van die publiek nie, maar teen n weerlose vrou. Op die video tree die metro lede op soos rowers wat die vrou doodeenvoudig teen haar sin gryp en ontvoer. Daar is hoegenaamd geen verduidelikings gevra of gegee nie. Onverdraagsame insidente soos hierdie is haatdraend en rassisties en vuur haat aan. SA kan nie hierdie tipe insidente bekostig nie, nie teen weerlose vrouens nie en daarom moet alle Suid Afrikaners hierdie optrede van die metro lede veroordeel met die minagting wat dit verdien anders sal dit voortduur ook teen julle vrouens en dogters. Om vrou-alleen op n onveilige plek te moet stop in n land waar voertuigkapings en ontvoerings hoog op die agenda is, is in die eerste plek intimiderend en vreesaanjaend. Daar kan geen goeie rede wees om n vrou wat alleen in n voertuig is, te wil stop nie, veral as daar geen ander mense van die publiek teenwoordig is nie!

Joei ·

Baie gevaarlik net om net op die video te gaan, niemand weet wat voor die gebeur het nie. Trek die dashcam ook.

Anoniem ·

Ek stem nie saam nie! Dis tog duidelik uit die video dat sy rondgegooi geruk en gepluk word sonder dat eers een woord gewissel was. Die video is getuie.

Drikus ·

Twak. Daar us geen verskoning vir die Metro Polisie se gedrag nie. Die dame het by veilige plek stilgehou, self haar motor se deur oopgemaak en vir hul sit en wag. Sy het nie probeer vlug nie. Absolute ontoelaatbare aggressie by die betrokke “Wetstoepassers”.

Ai tog ·

Eerstens. As hulle my vrou so behandel was dit n moord toeneel!!!!!!
Die vrou is in haar reg en onskuldig.
Gerrie Nel ek hoop jy sien die en vat die saak sommer gou aan , jy kan sommer gou gou klaarspeel met hierdie spulletjie.
Laat dit nou n wit polisie lid was… oo dan was al die politieke clowns op daardie polisie lid. En dit was hoof nuus oral.
Da het Wayne Minaar lankal opgetree.
Siek

bokka ·

Moet jou nie teë sit nie, maak nie saak wat hulle doen nie. Gee hulle hel na die tyd.

Drikus ·

Sy het by veilige plek stilgehou en self haar motor se deur oopgemaak. Boonop sit en wag sonder om te probeer vlug. Nie een vd “wetstoepassers” het hulself identifiseer nie maar haar uit die motor gepluk. Vandaar het sy haarself bloot probeer verdedig teen niks anders as ontvoering nie.

Mot ·

Sal graag die weergawe van die man ook wil hoor wat haar probeer bystaan het want as mens die video so kyk het die metro polisie verskriklik verduidelik en mens kon sien hul is aggressief en trek rang.. geen normale mens regaeer so nie..

Antoinette ·

Wie se dogter of seun of vrou gaan dit volgende wees en so skyn die son weer more en ons gaan aan met ons lewens

Wayne ·

Dit is waarom dit noodsaaklik is om wapens te besit en byderhand te hê. Sy mag haar en behoort haarself teen ‘n wederregtelik aanval of poging tot arrestasie te verset. Pretoria sal baie veiliger wees as al die misdadigers in uniform nie meer daar is nie.

Tsotsi ·

Dame, gaan groot en kla hulle aan vir:
Onregmatige arrestasie.
Mense roof
Arrestasie
Skending van jou menseregte
Sterkte

Erika ·

Ek sal ook nie in die nag stilhou nie sy het niks verkeerd gedoen nie seker net die verkeerde velkleur. Sies man. Sal niks met hulle gebeur nie.

JohanR ·

Kan Maroela media hierdie storie in die kollig hou, want wat hier gesien word op video is skokkend, en moet in ‘n hof eindig. Dit was soos diere om ‘n prooi! Ons lewe in ‘n polisie staat en niks het verander van die dae van apartheids polisie nie. Dit kon nog erger geword het. Waar is die ou met die hoed? Ek dink hulle noem hom die polisie mimister.

Martin ·

Metro polisie resoteer onder die Minister van Vervoer, nie die Minister van Polisie nie.

Linda ·

Hulle sal weer met een of ander verskoning opkom. Die vrou lyk vir my heel onskadelik. Sy het net na ‘n veiliger omgewing gery om daar te stop. Die metrolede het verkeerd opgetree en moet vasgevat word!

Nella ·

Daardie polisie beamptes moet summier ontslaan word. Hulle is nie werd die titel wat hulle dra nie. Julle maak my skaam om te dink ons belasting geld betaal julle salarisse.
Reg en gereg sal seevier. Go girl Go…. SA is agter jou.! Kry vir jou die beste prokureur.

Carol ·

Was die hardhandigheid rerig nodig?!!! Wat se bedreiging kon die skraal lyfie nou inhou?

Cherokee ·

Jou tipe kommentaar irriteer my. Ek is egter nie die baas van die plaas nie maar heel waarskynlik irriteer jy meer mense as slegs ek. En in totaal, is ons werklik die Baas van die Plaas.

Dafer ·

En presies Wie verwag julle om iets aan hierdie toestande te doen?

Lynne Smit ·

as lid van Afriforum vra ek dat dadelik opgetree word…polisie brutaliteit en rassisme deur en deur…arme vroutjie.

Cherokee ·

Gerrie Nel, jy hoor hoe skreeu Marinda dit uit! Nie eens normaal nie, maar sy skree dat die wêreld haar kan hoor. Sê jou wat Gerrie, tot onlangs het die mense wat in hierdie forum op ‘n president besluit het, ge-seesaw tussen Steve Hofmeyr en Pravin Gordhan. Oorspronklik ja-stemmer wat konserwatief geword het en ‘n lid van die anc wat probeer selfs meer liberaal te word om by die eff in te skakel.
Jy’s volgende op die lys, Gerrie. Hulle het jou geveg toe jy Oscar laat toesluit het en jou opponent se handtekeninge versamel, maar nou is jy volgende op die lys om as SP aangewys te word.
NS
Die kommentators, ….soos ek, is effe van wysie af, maar glimlag saam met ons.

Wetwou ·

Selfbestuur is ons enigste uitweg vir n menswaardige samelewing dinge sal nie beter word nie

Astrain ·

Absoluut skrikwekkend…ek sal my kop af skreeu ~ daar is GEEN MANIER wat ek stop vir “polisie” nie, veral nie daardie tyd van die nag nie!!! Dagvaar die wit waks uit SAPD, neem fotos van jou beserings jong dame en teken al jou trauma sorgvuldig aan. Dis aanranding en viktimisasie ????????????

Martin ·

Die eis teen die SAPD gaan nie slaag nie, want dis Metro lede. Sy moet die Pretoria stadraad dagvaar.

Flip ·

Jammer mense, ek deel nie, julle sentiment nie! Jy MOET stop, as jy voorgekeer word, PUNT! BLY VAN DIE PAD AF DAAI TYD VANI NAG AS JY BANG IS

Flip ·

Def. meer as jy Mariska’ki…en as die jonge weerlose onwyse dame…

SAMPIE ·

Die ondersoek sou lankal afgehandel gewees het en die betrokke polisiebeamptes geskors as hulle wit was en die verbouereerde dame swart

Pieter ·

They didn’t do there job this is misuse of there power. They did not give her a change to say something, they just attacked her with no warning what so ever. Or telling her that they going to arrest her and why. They handled her like a hard murderer and criminal.

Martin ·

Rules of the road must be enforced. Would it be okay then if she killed a innocent person 1st? Ask sarcastically.

Cornel ·

Dit is n blote magspel. Hulle voel verskriklik trots op hulle self want hulle het n, duidelik bang en verboureerde jong dame, mishandel want HULLE KAN. Skande. En n interne ondersoek……asb, laat my somer lag.

James ·

Dagvaar die hell uit hulle. Ek hoop afriforum vat die saak ook!!

Tant Anna ·

Dis baie eenvoudig, sonder om op hol te gaan, mense! As jy weet, daar skuil n mamba slang, onder n klip, dan bly jy daar weg, tensy jy n slanghanteerder is…! As jy bang is, dat jy, wel afgetrek kan word laat saans, op n pad, dan ry jy NIE vroualleen daarop rond nie!!!

Engela de Klerk ·

Hierdie video ontstel my verskriklik! Ek is afgetrek deur ‘n Polisieman in Kanada en met soveel respek gehanteer dat, teen die tyd wat ek laat gaan is, ek gevoel het die Polisieman is my familie! Hierdie is onaanvaarbaar!

Martin ·

Weet nie wat voor die tyd gebeur het nie, maar onthou net; die publiek is nie altyd reg nie. Die publiek is by tye baie onbeskof en moedwillig.

Samuel ·

Genieg om saam met jou te stem Martin… mens weet nie, wat regtig vooraf gebeur het nie…? Kyk as jy arrogant of uitdagend of aggressief of moedswillig was, kan jy moeilikheid verwag. En as jy bang is om te stop, vroualleen om middernag, vermy die situasie dan!

Foxi ·

Martin……. jy praat nou nonsens. Dis n jong vrou….nie die publiek nie.

Ig ·

Ja Martin, totdat dit met jou vrou of dogter gebeur dan sing jy n ander deuntjie

AndrewL ·

Hier moet sake teen die beamptes ook gemaak word, anders leer hulle nooit.

Freekman ·

Hierdie polisiebeampes, boelies, hoort almal agter tralies. En nou is die lid wat in beheer was, skielik met siekverlof?
Ek vertrou dat die dame hierdie boelies gaan roer in die hof. Hulle verdien niks beter nie

bokka ·

Die Apartheids-polisie was baie erger. Hierdie klomp kan by daai klomp gaan leer.

Theo ·

Ek, verstaan nie… sys bang om te stop vir metropolisie… maar nie bang om arme weerlose vrou, alleen middernag rond te kerjakkker opi paaie nie???

Nita ·

Ek is woedend!!!!!
Hulle is vier onbeskofte onprofesionele beamptes wat heeltemal oneties opgetree het. Dis vier teen een fyn meisie.
Was dit wit beamptes teen n swart dame was hierdie nou hoofnuus as n rassisme saak.
Ek beskou hierdie ook as n rassisme saak en voel dit moet so gehanteer word.
Daar was geen verset van die meisie nie!!!! Sy het nie geweet wat haar tref nie, almal storm op haar af, skree op haar en rand haar aan!!!!
Profesionele beamptes of die regte protokol soos ALMAL weet is jy ry na die naaste polisiestasie toe. Op hierdie video is dit duidelik dat daar nie in een stadium met haar ordentlik gekomunikeer is nie.
Asb hou ons op hoogte

RONEL ·

EK VOEL PRESIES DIESRLFDE.. EK DINK RASSISME IS DIE HOOFDOEL HIER. SOFT TARGETS!!

wiehan ·

Is dit nie ‘n polisie beampte se plig om ‘n mens in kennis te stel hoekom as hy/sy ‘n persoon inhegtenis neem nie. Duidelik nie hier gebeur nie. Dis brutale en blatante polisie brutaliteit. As dit ‘n onderwyser was wat net te hard met ‘n “22 jarige” leering gepraat het was sy onmiddelik geskors. Nou wword die sogenaamde beamptes eers kans gegee om hul verwronge en klaar ge-ooreenkmste verklarings te kry. Hulle het seker in die donker gesien hoe sy hulle skel en vloek, binne in haar kar terwyl hulle agter haar aanry.
Hoop Agriforum en Solidariteit vat hierdie saak. Maklike een die.
Nog 4 “beamptes sonder werk”

Sam ·

Ek is deur NZ polisie afgetrek 00h10am een oggend oppad terug van my werk af.
Die polisieman was verskriklik ordentlik en ek was herl gemaklik on my lisensie aan hom te gee en dat hy ‘n alkohol toets doen. Hy het my ook bedank vir my samewerking.
Respek verdien respek.
Respek kan nie gedwing word nie.
Dankie NZ polisie vir jul hoflikheid

André-Chris ·

Lees gerus die nuutste gebeure bo-aan die kommentare. Die dame het Februarie vanjaar ‘n baie onaangename ondervinding gehad toe sy deur ‘n fop polisieblokkade gestop is. So na hierdie ervaring van haar met die metro polisie, moet sy ongelooflike stress ervaar waarvan sy nie maklik ontslae sal raak nie, vir jare dalk, sy gaan vir baie lank met ‘n sielkundige letsel loop wat sy nou opgedoen het.

wiehan ·

Almal van julle way vra waarom ‘n vrou daai tyd van die aand allen ry, het jy nog nooit allen daai tyd gery nie. Dis haar reg om enige tyd, 24 uur per dag te ry waar dit wettig is om te ry. Die beapmtes was verkeerd en klaar. Hul behoortnie in die Metro polisie nie maar in die tronk. Ook die twee wat begestaan het. Hoekom het hulle nie tussen beide getree nie. Deler is net so goed soos steler

Cec ·

Lyk nie asof een van hulle hulle identiteit gedra het nie. 2 weke terug het ek in padblokkade een gevra waar is sy sigbare identiteit toe se hy dit is gebreek.

Erich ·

Die vraag wat ek het is hoekom wou hulle haar ontvanklik stop? Was dit n padblokade of n snelstrik? Hoekom?

Naas ·

Ek beveel die volgende aan : dank al die betrokke beamptes summier af, verder sal ek die metropolisie vir R5M dagvaar vir trauma, crimen injuria en nog ‘n paar ander goed.

Ivan Kortje ·

Dis nou uit en uit rassime net omdat sy Blank is. Dankie Afri forum en Solidariteit doen wat gedoen moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.