Video: Aanrandingsklag na nóg ‘n padwoede-voorval

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die polisie in Gauteng sê ‘n klag van aanranding is aanhangig gemaak na ‘n beweerde padwoede-voorval wat Woensdag in Pretoria plaasgevind het.

Ao. David Miller, woordvoerder van die polisie, sê die aanrandingsklag word deur die Brooklyn-polisiestasie ondersoek.

Die beweerde aanranding het op die hoek van Atterburyweg en Loislaan plaasgevind. Eyewitness News berig dat die voorval Woensdag plaasgevind het en dat ‘n motoris glo ‘n 65-jarige man verskeie kere deur die gesig geslaan het.

Die bejaarde man het glo teen die ander man se motor gebots.

Die voorval kom nadat Gregory Kleinhentz Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn het nadat hy glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het.

Kleinhentz het homself Dinsdag aan die polisie oorgegee en is deur sy regspan vergesel. Hy is later die dag op borgtog vrygelaat en word aangekla van aanranding.

Die voorval het Saterdag om 15:00 in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Klik hier om die video te sien.

Lees ook:
Padwoede-saak: Man wel in hof; naam bekend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

Ja jou idioot. Jy wat die arme 65 jarige man geklap het – het nog nooit ‘n fout op die pad gemaak of was nog nooit in ‘n ongeluk nie. Jy sal jou dag kry. Dubbeld en dwars en dan moet jy nie vra hoekom nie.

Trippie ·

ONAANVAARBAAR om aan ‘n bejaarde te slaan – lamsak.

Kry hulp vir padwoede, ek hoop nie jou humeur ruk so handuit by jou huis en werksplek ook nie.

Johann Roux ·

Hoekom kan humeure nie beteuel word nie? Daar is hulp vir daardie sielkundige afwyking.

Al hoe meer word lafhartig om dié wat hulself nie kan verdedig hetsy deur ouderdom, ‘n oormag, tyd wat mens op sy gemaklikste is, liggaamlike gebrek, aan te rand, verkrag, martel en te moor.

‘n Minderwaardigheidskompleks speel ‘n groot rol hier.

Vader, hoor elke versugting, dat hierdie tipe dade einde sal kry teen ons mense.

Amen.

Elizabeth ·

@Johann, ek dink daar met ‘n bykomende reël ingestel word by die verkryging van bestuurslisensies: mense MOE eers ‘n kurus deurloop oor hoe om padwoede te hanteer/vermy. Dit moet sommer elke jaar weer deurloop word. Verstaan nie sulke aggresiwiteit nie. Voorheen het mense natuurlik ook vies geword as iemand in jou vasry of iets maar dis waarvoor mens mos versekering betaal en waarom die gereg daar is – laat hulle dit uitsorteer. Ek dink net wat dink so persoon se ouers/vrou/kinders as hulle sien hul familielid haak so uit – sou my VREKSKAAM as dit mY pa/broer/man/vriend was!

Johann Roux ·

Elizabeth, ek beaam wat jy sê.

Miskien is dit wat humeurige persone as voorbeeld gekry het van kindsbeen af.

Dit nogal in die openbaar!

Iemand wat nie ‘n humeurige of skoorsoekerige tipe persoon is, is dit moeilik om hierdie tipe gedrag te verstaan. Dankie tog dat baie van ons die rustigheid is vanself.

Suzette ·

Weet nie wat besiel mense om hulle so te vergeet nie. Macho, klein mannetjie sindroom?? Wens net hulle wil besin en besef dit maak van niemand ‘n “hero” nie. ‘n Klein babatjie kan ‘n blom vernietig wat dit God gekos het om te maak………………

carel ·

Jis boeta ma jy is rof?? jy kan n ouman boelie??? jis kwaai man lyk jy het spiere maar nie n brein nie? Of dan n baie klein brein?? of jy dink dalk met jou klein brein?

Persoonlik dink ek jy is n lafaard om aan n ouman te slaan ongeag wat gebeur het. Ek dink regtig nie hy het aspris in jou motor vasgery en sodoende vir homself en jou skade berokken nie? Maar ja dit bring ons terug na die brein ding….. soos jy reageer lyk dit jy dink hy het dit aspris gedoen??

Ek hoop die SAP vind jou onbevoeg om n wapen te mag besit anders kan ons dalk nog n Reeva/Oskar geval he…..

Jys n piesang om so ouman aan te rand – en ook om so aan te gaan… en as jy nog n duur motor gery het sou ek dit dalk nog probeer verstaan het.

Mens kan meer met breins doen as met spiere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.