Video: Aantal plaasaanvalle vir 2014 bekend gemaak

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Daar was van Januarie tot Maart vanjaar net soveel plaasaanvalle as dieselfde tyd verlede jaar, maar die aantal moorde het afgeneem.

In die jongste voorval is die liggaam van ‘n bejaarde man op sy plaas naby Ermelo aangetref. Lees meer hier.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Sou daar waarheid in steek dat die aantal plaasmoorde dieselfde is as in die ooreenstemmende maande gedurende 2013, (wat ek met ‘n knippie sout neem) – wat gaan die regering doen om beskerming te verleen aan die boere. Dis mos ‘n duidelike bewys dat boere geteiken word.

Elke aanval en moord is een te veel (stem saam met jou Jasper).

Ina ·

Die diere in die land (renosters) kry meer beskerming as ons plaas mense. As daar n renoster geskiet word is die hele wêreld daar en alles en almal is in rep en roer. Die plaasmoorde het afgeneem?????? Moet ons nou hande klap daaroor?????? Kan iemand nie n video maak van al die plaasmoorde met fotos en al, en sit dit op YouTube sodat die hele wêreld kan sien. Ek weet dit sal ontstellend wees vir die families maar as dit van MY familie was sou ek laat die hele wêreld dit sien hoe word ons uit gemoor… KOM WAT WIL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

adele kruger ·

As ek nou in my kristalbal moet kyk (gegrond op my eie gewaarwordinge) dan moet ek my verbasing uitspreek dat ons mense nie al meer militant geraak het oor die plaasmoorde nie – wel, nie waarvan ek weet nie – maar dat dit onafwendbaar is, is seker. Beskou myself as ‘n redelike gematigde mens, maar met 9 betredings en inbrake tussen my en my bure se huise in twee maande, wil ek nie langer wegkruip of nuwe veiligheids maatreels oorweeg of die koste daarvan bereken nie. Is ek nou keelvol genoeg om te wens hulle kom…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.