Johan van der Walt (73) en sy vrou Rosa (69) van Roodepoort in Gauteng het hulle aanvallers behoorlik laat les opsê toe dié hulle in hulle huis oorrompel het.
Rosa is geskiet nadat sy een van die aanvallers met ‘n knuppel bygedam het. Die koeël het haar regterlong net-net gemis. Johan het dadelik die mans uit die huis gejaag.
Die polisie ondersoek die voorval.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Is heerlik om te weet jul is veilig na alles.
Bly die mense is veilig en bly die rowers het hier hul moses teegekom. Wees asseblief net versigtig dat die gemors nie weer terugkom nie.
Dit wys mooi hoe lafhartig hulle is.Baie mooi gedoen Johan bly julle het lewendig anderkant uit gekom.