[Video] Aarduur: ‘Sit die liggies af’

Aarduur-2015

‘n Groep mense vier Aarduur in Kanada. Foto: Worldwildlife.org

Eskom het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die krag vir ʼn uur lank af te skakel as deel van Aarduur wat vandag wêreldwyd gevier word. Aarduur in Suid-Afrika is vandag (25 Maart) van 20:30 tot 21:30.

Aarduur word as die wêreld se grootste viering van die planeet beskryf. Honderde miljoene mense wêreldwyd gaan tydens Aarduur hul ligte vir 60 minute afskakel om te wys hulle wil bydra om die aarde te beskerm teen klimaatsverandering. Die World Wide Fund (WWF) organiseer dié inisiatief wat vanjaar sy tiende bestaansjaar vier.

Aarduur het in 2007 in Sydney, Australië, begin toe 2,2 miljoen huishoudings hulle ligte ʼn uur lank afgeskakel het om standpunt teen klimaatsverandering in te neem. Vandag vind Aarduur in 162 lande wêreldwyd plaas om mense aan te moedig om hulleself te verbind tot ʼn volhoubare wêreld wat bevolkings in staat sal stel om genoeg skoon water, plante en diere te hê om die aarde mee te deel.

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om die inisiatief te ondersteun.

Eskom sal die besparing tydens dié uur meet en Suid-Afrikaners later inlig hoeveel energie in dié tydperk gespaar is en met watter persentassie CO2-uitlaatgasse verminder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Buitestander ·

Wat gemaak met oortollige energie opgewek in die aardsuur. Stoor Eskom dit in batterye ??

Will i am ·

Hier by ons kan die munisipaliteit nie eers straatligte afsit in die dag

anoniem ·

as j vir my se sit ju ligte af en steek n kers aan vr kinder moorde of handel dryf met kinders of so aan geen probleem maar vr “global warming” nee danki

Ag nee wat ·

Nee, city power het nou die dag my liggies en die res van my buurt se liggies afgesit vir die volgende 10 jaar se aarde ure. As hul so aangaan sal hul n 1000 jaar se aarde ure in n jaar doen. So ek weier.

Johan Pretorius ·

N hele 60min “window” vir enige boef om toe te slaan. Veral op plase en plotte, waar dit alreeds so donker is met ligte wat brand. Enige slim skelm sal sy kans hier waarneem.

snoepie ·

Af sit?? nee wat, Eskom doen dit soma vir ons. Net die week; was ons krag al 3 x af op verskillende aande (deur die nag). En wanneer dit aankom; sit dit weer dadelik af. My yskas is n gonner. En niemand kan verduidelik hoekom krag bly af gaan nie. So… solank daar krag is bly dit maar aan.

BEN ·

Stem saam met met die kommentators hierbo. Ons bring gereeld weekliks ons kant in n donker Montanapark. Ons gemeenskap vier “aard – ure ” en dra ook by tot die herwinning van yskaste wat tot sterwe kom ! Met al die kragopwekkers in die omgewing doen ons nie eintlik iets aan aardverwarming of geraas besoedeling nie. Asseblief hou die krag maar aan, ons hoef nie skuldig te voel nie!

Neidra Knott ·

ek stem sal nie daai kaans vat en afsit. te veel onheil wat aangaan.

My tweesent bydrae ·

Met al die beurtkrag wat ons moes verduur gaan ek onder geen omstandighede vrywilliglik in die donker sit nie .

jim ·

Jissie julle is ‘n klomp suurgatte op Maroelamedia. Ek is trots Afrikaans EN ondersteun dié Aarduur inisiatief 100%.

Plaasvrou ·

Nee dankie my plaas se ligte bly aan al.moet die generator aangesit word. Ons was ‘n ruk terug 19 ure sonder krag dit was my deel vir 19 jaar

Saartjie ·

Suurgat? Ek is vrou alleen en oral om my word mense vermoor, verkrag en aangeval. Ek dink ek sal ban my kop af gaan as ek ‘n uur lank in die donker moet sit. Dis origheid.

Sandra ·

Wat ‘n oulike idee! Hoekom kan ons dit nie wêreldwyd een keer per maand maak nie? Dink net hoeveel geld bespaar ons, en hoeveel aardverwarming en CO2 besoedeling.

Sandra ·

Soms trek brandende ligte binne en buite juis inbrekers se aandag. So 2 jaar gelede is ‘n ou oom vermoor, en toe die regter die inbreker en moordenaar vra waarom hy jy gekies het om by die oom se huis in te breek, het hy geantwoord dat die oom se ligte laataand nog aan was en dat die huis juis daarom sy aandag getrek het. Ek het ‘n alarmstelsel binne my huis, en ook beams buite om my huis, so niemand kan onaangekondig my erf betree nie. My alarm skree dus nog lank voordat iemand kan probeer inbreek, en geen dief gaan stilstaan en probeer inbreek wetende armed response is oppad nie. So my ligte is vroegaand al af sodat my huis nie uitstaan in die buurt nie, maar soos al die ander in pikdonkerte gehul is.

Janneman ·

Nadat my alarmstelsel en beams deur 4 aanvallers buite werking gestel is 01:30 in die oggend, bly my ligte permanent aan. Dis sodat my pitbulls wat in die huis slaap beter kan sien waar om te byt as daar weer gedaantes deur die venster geseil kom.

SARIE VAN HEERDEN ·

Stem saam met Sandra dat ons proaktief moet optree en daarom het ek alles wat sy het laat installeer. Sandra, nou moet jy ook kamera,s oral in jou huis aanbring, en het ek die gekry wat ook my kinders toelaat om enige tyd te kan sien wat in Ma se huis aangaan. Ekself sit enige plek in die land, skakel in op my huis en HOERA ek sien wat daar aangaan.

Sandra ·

Hi Sarie

Jip ek trek so einde Julie in my nuwe huis in wat nog besig is om gebou te word. Ek gaan definitief CCTV kameras by my garage, tuinhekkie en voordeur laat instaleer met kleur video bandopname opsie. Miskien ook nanny cams in die huis. Ek sal baie graag by jou meer info wil hê rakende jou kamera stelsel. Waarvoor kan ek vra, wat noem mens so ‘n stelsel?

Cherokee ·

Hi hallo Sandra
Dit word genome geslote baan televisie oftewel of soek op Internet na die Engelse afkorting CCTV. Jy koop ‘n stelsel na gelang van die hoeveelheid kameras wat jy wil hê. Indien jy meer kameras wil hê as wat jou gekoopte stelsel kan hanteer sal jy ‘n nuwe stel moet koop, so koop reg. Ek het ‘n 16 cam IDahua IP kameras) stel op kantoor en gebruik 13 kameras nou. Het dus ruimte vir nog 3. Jy sal nie naastenby so groot nodig hê nie. Ek sit in my woonstel en skakel in op kantoor en sien wat aangaan op enige van die kameras. Ons het ook so ‘n stel in die woonstel. Soos Sarie beduie gee dit gerusstelling want jy kan van enige plak af sien wat gaan aan by jou huis.
Pryse wissel natuurlik afhangende van hoeveel kameras jy op die stel wil hê. Die kameras kan selfs buite in wind en weer geinstalleer word. Koop die beste kameras wat jy kan kry met teminste ‘n terabyte hardeskyf vir opvangs. Die kameras skryf onmiddelik oor wanneer die hardeskyf geheue vol is.
Soek op Internet na CCTV in South Africa en jy kan oorweeg om Dahua te koop. Jy kan kameras aanvul totdat jy die perk wat jou stel toelaat bereik het. Dit behoort basies die inligting te wees wat jy wil hê. Beter kameras vang beter op in donker.

Sandra ·

Baie dankie Cherokee! Sjoe jy het my nou baie gehelp met die info. Ek sal nou ‘n goeie ingeligte keuse kan maak! Veiligheid het nie ‘n prys nie, en jou huis is die een plek wat mens 100% veilig moet en kan voel.

Sandra ·

Dankie Cherokee! Sjoe jy het my baie info gegee rakende die kamerstelsel. Nou kan ek ‘n ingeligte keuse en besluit gaan neem, dankie!

Cherokee ·

Ek is bly ek kon help, Sandra. En ek lief jou woorde, ‘veiligheid het nie ‘n prys nie’. Soos jy sê, in jou huis moet jy veilig wees. Terloops, om my woonstel te bereik, moet by ‘n deur gevra word om ingang, dan skakel die sekuriteitswag en vra of die betrokke persoon ingang mag kry en as ek toestemming gee word die besoeker by eerste deur ingelaat waar ‘n logbook geteken word en die sekuriteitswag my weer skakel en mý (of my vrou) vra om die deur oop te maak. Dan maak ons die deur met afstandsbeheer oop waarna die besoeker met CCTV kameras beloer word (wat ge’save’ word self in die hysbak). Dit mag klink na oordrewe sekuriteit maar hierdie is Suid Afrika (die splinternuwe weergawe).
Ek is bly Sandra, dat ek jou kon help met jou navraag. Dring asseblief aan wanneer jy CCTV koop op die beste kameras. Ek het op IP-kameras besluit. Soos jy sê, veiligheid word nie gemeet aan pryse nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Sandra, ek kan nie verbeter op Cherokee se inligting aan jou nie. Dit lyk ook vir my asof hy egter ‘n baie groter behoefte as bv net ek het met alles wat hy wil beveilig. Dis iets waaroor jyself moet besluit maar as ek jy was het ek verder met Cherokee gesels. Ons hou hom op ons boeke.

SARIE VAN HEERDEN ·

Sandra, ek sien in ‘n koerantbylae dat ‘n bekende groot winkel wat die stelsel met 8 kamera’s verkoop maar blykbaar moet dit self geinstalleer word. Dit kon ek nie doen nie en daarom het ek ‘n kundige gekry om dit te doen. Vra maar vir Cherokee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.