Suid-Afrika is Dinsdag in die halfeindronde van dié toernooi uitgeskakel toe hulle met vier paaltjies deur Nieu-Seeland geklop is volgens die Duckworth/Lewis-formule. Die Proteas het 281/5 aangeteken. Die swartpette moes 298 in 43 boulbeurte behaal. Grant Elliot het die Proteas se voorlaaste aflewering vir ʼn ses gemoker en sodoende Nieu-Seeland se plek in die Wêreldbekereindstryd verseker.
Video: AB sê dankie vir SA
Die Proteas-kaptein AB de Villiers het in ʼn video vir Suid-Afrika dankie gesê vir hul ondersteuning tydens die krieketwêreldbeker.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
3 Kommentare
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Trots op hulle. Ons het ‘n goeie game verloor…. wat my lewe met 6 jaar verkort het :-)
Haha Nestus – ek is SO met jou, ek is nie ‘n naelbyter nie, maar het daardie dag so ampers begin! Dankie AB, julle ouens het ‘n mooi, skoon opwindende spel gespeel en solank mens leer uit jou foute kan dit net vorentoe beter gaan! Ons staan agter julle!
AB jul bly ons Proteas!!! Julle ht n pragtige game gespeel en sal altyd by jul staan!!! Daar moet n verloorspan ook wees, so behou net veglus en spangees. en jul sal. Op di ou end oorwin!!!