Video: African Solar Drive begin

Foto: UJ Solar Car, Facebook

Foto: UJ Solar Car, Facebook

Jong ingenieurs van die Universiteit van Johannesburg is gerat om hulle tuisgemaakte, sonkragaangedrewe motor op ‘n tog deur suidelike Afrika te neem.

Hulle hoop om meer as 4 000 kilometer in net 12 dae af te lê.

Buiten die avontuur, is ʼn groot doelwit van die projek om bewusmaking te skep en groen tegnologie te bevorder. Die Universiteit van Johannesburg poog om skole, navorsers en persone wat in wetenskap en ingenieurswese as beroep belang stel, in te lig oor alternatiewe energie.

As jy die sonkragaangedrewe motor op die pad sien, kan jy ʼn foto op Twitter laai. As jy @UJSolarCar en #AfricanSolarDrive in jou twiet gebruik, kan jy boonop dalk ʼn Google-tabletrekenaar wen! Die wenner word lukraak op 30 Junie deur UJ gekies en sal deur Twitter of Facebook gekontak word.

Volg die Solar Drive op Facebook of die webwerf.

Die roete en openbare lesings is soos volg:
18 Junie: UJ Solar Lab – Kimberley (openbare lesing)
19 Junie: Kimberley – Upington (openbare lesing)
20 Junie: Upington – Hakskeenpan – Rietfontein-grenspos – Keetmanshoop
21 Junie: Keetmanshoop – Mariental – Rehoboth
22 Junie: Rehoboth – Windhoek (openbare lesing)
23 Junie: Windhoek– Swakopmund – Walvisbaai
24 Junie: Walvisbaai – Swakopmund
25 Junie: Swakopmund – Windhoek – Buitepos
26 Junie: Buitepos – Kang
27 Junie: Kang – Sekoma – Kanye – Gabarone
28 Junie: Gaborone-dag (openbare lesing)
29 Junie: Gaborone – UJ Solar Lab

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Die ‘suidelike’ (klein ‘s’) voel nie reg teenoor ‘Suidelike Afrika’ ?
Mag hulle voorspoedig en sonkragtig ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.