Video: AfriForum Jeug gedenk slagoffers van Kerkstraat-bomaanval

AfriForum Jeug onthou die Kerkstraatbom van 1983

AfriForum Jeug onthou die Kerkstraatbom van 1983

AfriForum Jeug het Dinsdag ‘n kranslegging en minuut stilte gehou by Vryheidspark in Pretoria om die 19 oorledenes en meer as 200 beseerdes, wat in die 1983-ANC-terreuraanval in die middestad van Pretoria gedood en beseer is, te gedenk.

19 lede van AfriForum Jeug en AfriForum het kranse gelê vir elkeen van die oorledenes. Tydens die kranslegging is ‘n versoek aan mnr. Khorommbi Matibe, die hoof van openbare deelname by Vryheidspark oorhandig waarin AfriForum Jeug versoek dat die name van die 19 oorledenes op die “Muur van Name” aangebring moet word.

“Hierdie wrede aanval, wat in spitstyd in een van die besigste dele van die stad plaasgevind het, is deel van Suid-Afrika se geskiedenis. Die slagoffers was Suid-Afrikaners van alle rasse. Deesdae se eensydige oorvertelling van die geskiedenis deur die ANC, waar ANC-leiers as onbevlekte helde voorgestel word, is ʼn verdraaiing van die feite. Ons kan nie net herdenk wat die ANC wil voorhou en die res van die verlede geriefshalwe vergeet nie,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug beplan om ʼn komitee op die been te bring wat spesifiek sal verseker dat hierdie oorledenes onthou en vereer word. Die jeugorganisasie het dit beklemtoon dat hierdie besluit nie ʼn politieke gebaar is nie, maar ʼn poging van die jeug om Suid-Afrika se geskiedenis gebalanseerd oor te lewer.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sarie ·

‘N mens kan nie glo dis solank terug nie,dit voel ook soos gebeure van nou die dag.Ek kan so goed onthou,ek het omtrent twee blokke van daar afgewerk,ons was skaars uit middestad toe kom dit oor die nuus.Dit was so wreed en onnodig,wat hulle daar deur wou bewys sal net hulle weet.

chanel ·

So bly dat daar nog mense is wat so redeneer. Ek het ook al begin wonder wat dan met die res van ons geskiedenis gebeur het. My kinders leer vandag in skole net van die ANC en hulle voel skuldig oor wat aangegaan het in hierdie land. Ek praat nie als goed nie, maar die ander het ook definitief nie kransies op hulle koppe en vlerkies op hul rue nie.

Ek het al gaan soek na ons geskiedenis, maar die tyd is so min, dat ek nog nie veel inligting gekry het om vir haar ‘n groter prentjie te kan skep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.