[Video] AfriForum striem Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies

Roets en Guido Urlings, AfriForum-verteenwoordiger, by die Verenigde Nasies.

Roets en Guido Urlings, AfriForum-verteenwoordiger, by die Verenigde Nasies.

AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, het Woensdag tydens die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods.

Die Suid-Afrikaanse regering het glo verklaar dat dié mense wat vra dat plaasmoorde geprioritiseer moet word, dit doen omdat hulle ’n rassistiese agenda het en omdat hulle apartheid-simpatiseerders is.

Roets het tydens die konferensie gesê dat die Suid-Afrikaanse regering se opmerking uiters beledigend teenoor minderheidsgemeenskappe is en ’n aanval is op die menswaardigheid van plaasmoordslagoffers.

Hy het ook die inkonsekwente optrede van die Suid-Afrikaanse regering uitgewys. “Die regering is vinnig om aan te voer dat dit nie sin maak om plaasmoorde te prioritiseer nie, aangesien dit deel van ’n breër kategorie van misdaad is.

“Maar dit is vir die Suid-Afrikaanse regering maklik om renosterstropery te prioritiseer. Dit is vir die Suid-Afrikaanse regering maklik om meer polisiebeamptes na swart informele nedersettings te ontplooi wanneer daar ’n misdaadkrisis is, en dit ondersteun ons. Dit is vir die Suid-Afrikaanse regering maklik om ’n teenstrategie op te stel wanneer polisiebeamptes in disproporsionele getalle vermoor word.

“In Suid-Afrika is dit dubbeld so gevaarlik om ’n boer eerder as ’n polisieman te wees. Wanneer daar egter oor plaasmoorde gepraat word, is die reaksie skielik dat dit nie sin maak om dit te prioritiseer nie,” het Roets gesê.

Die verslag wat AfriForum by die VN ingedien het, bevat ’n aantal gevallestudies van insidente waar slagoffers wie se geliefdes in plaasmoorde vermoor is, deur die polisie en die strafregstelsel in die steek gelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johan 2 ·

Ek hoop die VN gaan optree…Dalk kry ons iets soos n reisverbod teen die regering….wonder waar gaan hul dan inkopies doen…wat kan die VN vir ons doen?

Aster ·

Baie goed gesê! Ek wonder wat die terugvoering op daai speech gaan wees. Ek sidder as ek na al daai voorbeelde van moorde luister. Ek hoop so daar gebeur net iets uit hierdie saak.

frik ·

Mooi so dis omtrent die enigte manier om die omgekeurde rassisme aan die wereld oor te dra alle instansies moet dit doen en die nie net oor die boere nie sommer alles

tamboti ·

OK, kom ek probeer weer, meer diplomaties en polities korrek:
Die regering van ‘n sekere land steur hulle min aan die bloedvergieting van’n sekere groep mense, dit blyk selfs of hulle die slagoffers verdink van allerande slegte dinge en daarom is die regering nie bereid om die vermeende misdade te bekamp nie. (Lekker smooth ne’?)
Ek se basta daarmee, dis volksverdrukking, sorry ek meen “groepsbenadeling” en diskriminasie! (oe daar verloor ek myself nou).
Dit wil voorkom of die “vermeende regering” hul geskiedenis van alternatiewe-vreedsame “vryheids protes” nogsteeds voortsit net met ander “uitkomste” om dit duidelik vir die sekere groep mense (slagoffers) te maak dat hul nie baie welkom is in die nuwe bestel nie, liefs maar engels praat of emigreer, en ja, maar die ou besittingtjies moet “herverdeel”.

henk ·

suid afrika is die enigste land waar die meerderheidsgroep deur wetgewing hom moet beskerm teen di minderheid! Bee, regstellende aksie.
Afrikaanse inrtellings wat verengels word, en so kan ons aangaan.

GES ·

Die meerderheidsgroep het ‘n probleem. Dit is nie politieskorrek om dit te noem nie maar duidelik het hulle wetgewing nodig om hulle te beskerm.

Henry ·

Julle maak my baie trots om lid van Afriforum te wees.
Solank gehoop vir hierdie soort optrede om die waansin van hierdie land se regime op ‘n wyer front bekend te stel.
Doe zo voort, sonder ophou!!!
Sal my bydrae vir seker verhoog.

Deon ·

Hoor hoor!! Ek stem vir Afriforum bydrae verhoging! Waar is al die opposisie partye nou? Is dit nie hulle plig om hierdie soort van ding te doen nie? Met die volgende verkiesing wil elke Jan Rap en sy maat weer vertel hoe hulle my belange op die hart dra, maar waar is hulle nou? Hulle stilte is oorverdowend!!

Winston ·

Afriforum, Solidariteit ens. Die hele spul is net praat. Praat en daar word gelag. Smeek en daar word gelag. Nee wat, die hele spul maak my siek.

Deon ·

Praat is ‘n baie goeie ding wanneer daar op die regte plekke gepraat word. Praat waar ore wat kan help, dit hoor. Om ‘n opinie soos joune hier op ‘n klein forumpie te lug, gaan nie eers die president van SA laat lag nie – vertel ons eerder wat het jy dan gedoen wat beter is as wat Afriforum nou doen. Wat mens REGTIG siek maak, is mense soos jy, wat alles kritiseer wat ander doen vir mense wat jou insluit. Ruiters van die sleutelbord soos jy, is vinnig om negatiewe kritiek te lewer, maar nog vinniger om die soustrein te ry wanneer ander se “siekmaak pogings” vrugte afwerp. Kry iets om jou siekte te genees en praat liewer saam waar dit saak maak.

Boervrou ·

Deon, ek stem saam met Winston. Al wat hulle doen is praat. Ek gaan my bydrae stop. Vrydag word 2 boere hier op Thabazimbie begrawe. Een is nou wel nie regtig n plaasmoord nie. Ja, ek praat van Piet Venter. Afgri forum kan beter doen as praat praat praat

tamboti ·

Boervrou, ek stem saam, baie praatjies los nie probleem op nie. Maar die bestaande organisasies se mandaat sluit niks meer in nie, ons het hul ook nodig maar dit is nie genoeg nie, hul moet woorde nou in aksie sit.

Mike de Beer ·

Dankie vir Ernst hulle en sy span. Gelukkig is daar darem ‘n spreekbuis en nogal een wat dit reggekry het om met die Verenigde Nasies te praat. Well done.

HEVW ·

Deon baie goed gese. Ons kan goed sonder hierdie negatiewe element klaarkom. Wanneer hierdie stryd vrug verskaf dan deel hul daarin,maar tans ry hul lekker op ons rug. Boervrou dit is die probleem. Ons is maar te geneig om alles in die ander se hande te plaas en gewoond dat dinge vir ons gedoen word. Se vir my, indien u op n plaas woon het u al seker gemaak dat uself op n hoevlak paraat is??? Dan die gedagte :” rassistiese agenda ” en apartheids- simpatiseerders” is dit ook dalk die rede waarom dit blyk dat daar maar skraal sal wees aan droogtehulp en dat dit nog nie as n noodtoestand regverdig nie. Dan ook ” rassistiese agenda en aprtheids- simpatiseerders” is GEEN rede dat mense koelbloedig, wreed vemoor word nie. Ek vertrou die VN het genoeg wysheid om deur hierdie sotlike beredenering te kan sien.

Nelis ·

Die problem is daar gaan absoluut niks gebeur nie want wit Suid Afrikaners is nie belangrik nie. N paar Franse word dood gemaak dan hardloop almal met hulle arms in die lug rond asof dit die einde van die wereld is. Waars almal se simpatie en trane vir ons???

Flippie ·

Daar het julle dit nou uit die perd se bek.

Ek Boer in KZN. Is op my plase aangerand toe ek wou keer dat my besproeiingspomp gesteel word. Oortreders was nog op die plaas besig om die pomp af te haal toe die polisie opdaag. Die oorteders is aan my en die polisie bekend. Het saak aanhangig gemaak.

Om ‘n lang storie kort te maak. Die saak is nooit verder ondersoek nie. Want doen die grootbaas van die polisie en die sè baas sê ons is rassiste.

Nou weet ek ook hoekom daar ‘n vals poging tot moord aanklag teen my bedryf word deur die Umkomaas SAPS en Scottburgh aanklaers en swart magistrate. Hulle aanvaar ipso facto dat wit Boere rassiste is en sal alles denkbaar doen om dit te bewys.

Nice land hierdie van ons.

Gerhard Kok ·

Is daar ‘n goeie rede waarom die bydrae van die TLU (Henk van der Graaf) en die VF Plus op dieselfde VN-forum gister nêrens op Maroela Media of op Afriforum se Facebook-blad vermeld word nie? As ‘n mens hierdie berig lees sal jy dink Ernst Roets was alleen daar! Hy het egter juis gereageer op die SA regering se repliek nadat die TLU en VF Plus hulle voorleggings gedoen het. Ons het mekaar nodig in hierdie stryd om waarheid en geregtigheid en kan nie bekostig om mede strydgenote se bydraes as van minder belang af te maak nie.

Plaas dus eerder die inhoud van ál die voorleggings oor plaasmoorde wat gedoen was tydens die vergadering sodat ons mense behoorlik ingelig kan wees.

Flippie ·

Ai Maroela ek wou maar net my ou eiertjie lê. Maar ek het mos nou na spesifieke Polisiestasie en Magistrates kan to or verwys. Nou stop julle my kommentaar en bydrae tot hierdie gesprek.

Mag mens dan niks spesifieks kwytraak nie. How op aatde gaan ons van mekaar leer as daar suutjies (jy weet wat) rondom sekere goed omgegaan word.

Daar word lekker geskryf oor Boere wat op hulle plase vermoor word, maar niks oor die 20,000 Boere wat nog leef nie. En dis hulle (ons wat nog lewengdig is) wat hierdie informasie brood nodig het ons oorlewingstrategie te bepaal.

kevin hills ·

Plaas kry ons vir Putin hy het gese hy wil Chritene beskerm en hy doen darem iets daarom trent dink die regering is so skytbang vir hom

Therese van Schalkwyk ·

Welgedaan! Mag hierdie hartverskeurende saak spoedig (al is dit meer as 20 jaar nadat die grusame martelings en moorde begin het) aandag EN optrede uit VN-geledere voortbring.

Ons kan net hoop en vertrou dat hierdie versameling van seker die mees pynlik polities korrekte mense onder een dak, hulself sover kan kry om daadwerklik op te tree teen die ANC-regering. Mag die hoop nie beskaam nie.

Wat die SA politiek betref; dit bly vreemd dat ‘n groep mense wat só sterk voel, of behoort te voel oor ‘n saak, nie in hul massas stem vir die politieke party wat hierdie ‘n prioriteit maak nie. Dit gaan my verstand te bowe, en ek glo heelwat mense by die VN en in die SA parlement vind dit ook onverstaanbaar.

johann ·

Ek is trots op julle mense se pogings om dinge om te keer. Vra sommer dat die VN die doodstraf afdwingbaar maak in die deurmekaar SA

GES ·

Baie dankie AfriForm vir julle dapper poging. Ek het nou nie ge-Google nie maar dit wil voorkom asof die DA in hulle afwesigheid by die poging geskitter het. Die verkiesing is om die draai en sommige partye het nog niks ivm plaasmoorde gedoen wat oorvertel kan word nie. Dit laat ‘n mens dink ne…….. Dit is seker nie prioriteit nie???

Bach ·

Wag maar met die verkiesing om die draai, sal die DA nou vinnig op die bandwagon spring en sal jou skielik by die huis besoek en vertel wat hul als doen. Sedert laaste verkiesing nooit man gesien vir wie ek gestem het nie.
Baie geluk aan Afriforum en die ander partye wat by VN optree. Julle verdien lof, nie die negatiwiteit van van julle wat net uit jul gemaksones kritiseer nie.

Johannes Meintjes ·

Ek hoop ONS wie geraak word gaan as minderheidsgroep wie se regte krities aangetas word optree, ruggraat groei en selfbestuur, soewereine selfbeskikking en gesonde buurtwagte, belastingbetaalersvereenigings en Plan B spoedig ge-implementeer kry. Solank ons kermend sit en na ander kyk, gaan ons hulla agendas as beloning ontvang.

Sarie ·

Dankie vir hierdie poging. Alle bietjies help. Om die wêreld bewus te maak van ongeregtighede is ‘n proses. Hoe ‘n mens dit doen is belangrik. Met feite en agtergrond is die regte manier en dis wat Afriforum doen.

alida ·

Winston en Boervrou ek en ek glo baie lesers verwerp julle kommentaar met die minagting wat die verdien !!! Agriforum hou so aan asb tenminste is julle nie bang om die spul gemors aan te vat nie.

Cornelius du Rand ·

My insette word ook nooit geplaas nie. Ek dink dat FW de Klerk en sy trawante wat ons in hierdie chaos gedompel het se maatjies steeds die media beheer insluitende maroela media. Dit is hoekom die waarhede gesensor word. Sodra jy mense tot verantwoording bring vir hulle besluite word jy gestop omdat hulle nooit wil erken dat hulle besluite ons lewens in chaos gedompel het nie. Het ons vergeet die ANC en Nasionale party is dan nou een. Wanneer gaan ons hierdie mense tot verantwoording begin roep vir die feit dat hulle ons land, taal en kultuur vernietig het, dat ons tans vreemdelinge is in ons eie land.

Bach ·

Ek glo nie dis dieselfde Steve wat ons almal ken nie. Hy sal darem seker vir Afriforum steun en nie so negatief wees nie. Of wat praat ek alles?

Eddie ·

Dit is n saak wat baie blanke mense in die krop steek. Ja is reg ons moet iemand he wat vir ons kan opstaan maar wat gaan dit help as ons nie eers saam kan staan nie. Ek lees elkeen se komentaar en sien dat helfde van ONS baie clueless is wat regtig besig is om te gebeur in ons land. Om eerlik te wees wat kan die VN doen omtrent die rassisme wat in ons land heers tans. Net mooi niks nie. Hulle kan maar n paar op die tone trap of oor die vingers slaan. As daar rassisme is sal dit daar bly tot en met daar weer n burger oorlog uitbreuk en die ranglys weer bepaal kan word. Ek is jammer as ek negatief klink maar feite bly feite. Ons as blankes sal eers op ons agterpote moet staan en saam staan voor daar iets verander sal word. Ons as blankes hoop elke dag die problem sal vanself verdwyn maar word wakker en sien dat dit nie gaan gebeur nie. Ons moet dit maak gebeur en nie ons hoop op alles en almal plaas wat maar net kan praat en niks verder doen nie.

Loeis ·

Dink net hoe sal dit wees as die VN sanksies teen spesifieke lede van die regering instel wat hulle verhoed om (op ons belasting geld) die wereld vol te vlieg!!!

vermeende ·

Hierdie is ‘n moedige poging maar ek verwag niks groots nie.
Niemand sal erken dat hy ‘n swak besluit geneem het nie en sal eerder die besluit regverdig met die verskoning dat dit deel is van ‘n veel groter plan.
Al die VN lande het die knie voor Mandela en die ANC gebuig.
Om teen die regering op te tree sal ‘n skuld erkenning wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.