Video: Aggressiewe toeskouers rand vrouewag aan ná nederlaag

‘n Skermskoot uit die video.

’n Video van ’n vroueveiligheidswag wat deur Kaizer Chiefs-ondersteuners aangerand word ná Kaizer Chiefs se nederlaag teen Free State Stars het sosialemediagebruikers warm onder die kraag.

Die voorval het Saterdagaand in die Moses Mabhida-stadion in Durban plaasgevind ná die wedstryd in die Nedbank Cup-toernooi. Free State Stars het Kaizer Chiefs met 2-0 geklop.

Foto’s van ’n gebreekte kamera en brand wat plek-plek gestig is, word ook op sosiale media rondgestuur.

Free State Stars-spelers moes ook inderhaas die veld verlaat ná hordes aggressiewe toeskouers op hulle neergesak het.

Steve Komphela, afrigter van Kaizer Chiefs, het onmiddellik ná die wedstryd as spanafrigter bedank.

In die video kan gesien word hoe ’n groot groep ondersteuners die wag met onder meer stoele en ander voorwerpe aanrand, asook skop en slaan.

Die groep bars uiteen wanneer polisie en nooddiensbeamptes die vrou te hulp snel.

Intussen het Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, bevestig die gerugte is onwaar dat die wag wat tydens die voorval beseer is een van hul werknemers is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 33 jaar oud, is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

“Die toeskouers het die veld bestorm. Hulle het ’n vuur begin en voorwerpe op die veld gegooi. Die polisie moes skokgranate gebruik om hulle uiteen te jaag.”

Gwala het bygevoeg die polisie het inligting ontvang dat sommige mense tydens die voorval beseer is.

Die twee verdagtes sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

hoe sê ·

Let op pragtige demoon -strasie van waarmee mens in SA te doen het

lewies ·

Was daar kameras wat naby-skote kon skiet. Om gesigloses te probeer identifiseer? Hierdie is media sensasie.

Lynette ·

Lewies. Ja, daar is n baie duidelike fesifskoot v d een aanvaller wat die geweldadigste was – hy het haar met al sy krag in paar keer direk in die gesig en op haar kop geskop – geen mens kan iemand SO skop sonder die BEDOELING om te moor nie. Hy het nie haar LYF geteiken nie, maar haar gesig en kop!

Gert ·

Die “staat” gaan weer hierdié moordenaars beskerm…met belastingbetaler se geld.

Marinda ·

Dis erg. Hierdie arme vrou, wat sy moes deurmaak? Dis baie traumaties.

Hierdie mans moet dieselfde behandeling kry. Eks jammer, maar dis absoluut skokkend.

Kwaad vir hulle span, maar moet hulle frustrasie op ñ vrou uit haal. Sies man. En vir wat? ñ “Ball game?”

Afrikaanse Knaap ·

Dis swak. Ek hoop elke man wat daar betrokke was kry ‘n straf.

Johann ·

Soort van sprekend van wat die “massas” van vol is, en die oomblik wat dinge druk, dan kom die selfsug en barbaarsheid uit. Maar hey… wat het ons tog te se oor SA se stand van geweld? Blykbaar beleef die ANC KADERS n ander realiteit!

Oom Kalahari ·

Moet alles altyd gepaard gaan met geweld en skade as dinge nie na die gepeupel se sin loop nie. Waarom hierdie tipe van barbaarse optrede?
Waar is die nodige respek vir ‘n vrou en eiendom. Daar moet werklik streng opgetree word teen sulke mense wat ontwrigting en aanhitsing tot geweld saai, skade aanrig en eiendom vernietig. Dit is net sport en met uitslag na ‘n wenner of verloorder waar die beste span as wenner aan einde van die dag gaan uittree en aanvaar moet word. Alles is so onnodig.

Petro ·

Dis absoluut walglik en barbaars. Watse tipe gemors verskoning vir ‘n man skop ‘n vrou so?

Sputnik ·

Byna ongelooflik – tot mens weer besef waar ons, ons bevind! Wat kon ‘n wag nou aan hulle gedoen het om só behandel te word – dalk vir die opposisie geskree, wat sekerlik haar volste reg is? Eish! Dit laat mens verslae. Geen wonder sommige mense emigreer en ander droom van selfbeskikking nie.

Daan ·

Dit is hoe dit gaan in sa en almal is te bang om te sê wie en hoekom ??

Johanna Botha ·

Het so iets al by die rugby of krieket gebeur ? Barbaars !

Melt Olckers ·

Met Khompela as afrigter sou die Chiefs ook teen ‘n Laerskool span verloor het.

T ·

Dis soos die taxi drywers wat die voetgangers intemedeer van die sy paaidjie af selfde ding geen respek eers vir mekaar nie … sad .. but true die arme vrou hoe kan hulle so onmenslik teen haar wees …

Piet Pompies ·

Sokker plunderaars kom wêreldwyd voor, in Europa word winkels geplunder, voertuie aan die brand gesteek, gevegte onder mense. Dit is nie uniek net aan SA nie.

Piet ·

Hoeveel keer het jy al gesien dat hulle n vrou so aanrand ten aanskoue van almal?

Boerseun ·

Jip, en daar is sokker ook die sport van die armer werkerklas.

REGTIG Piet POMPIES?? ·

Dit is DAARDIE HOUDING wat SA gaan laat sink .. dit gebeur oral . so dit is REG AS DIT IN SA gebeur . MOOI PIET POMPIES< jy is al lekker ingeburger in die NUWE SA, onthou om volgende keer ook na sokker te gaan kyk, lyk asof jy weet wat daar aangaan .. GENIET DIT en praat dit gerus goed .. volgens berigte het die dame haar lewe verloor .. so as MOORD ook vir jou goed is "net omdat ander lande dit doen" dan het jy ook jou waardestelsel verloor.

Regtig?? ·

Piet Pompies Ek het al baie Europese sokkergeweld gekyk en NOG NOOIT was daar n insident waar n toeskouet ‘n sekuriteitsbeampte met al sy krag reg in die fesig geskop het, en toe WEER EN WEER met AL SY KRAG teen die kop NADAT sy al bbewusteloos was nie…

Europa ·

Piet Pompies, noem asb. die Europese lande waar sulke dinge gebeur. Ek sal graag hieroor wil oplees en sal ook graag wil hoor hoe hul regstelsel dit hanteer.

PC ·

Ek kan nie sien dat Piet Pompies dit goed praat nie. Hy bring net perspektief. Dit wat gebeur het is baie erg en skokkend. Omdat dit in een land gebeur maak dit nie reg in n ander land nie, maar Sokker boewery in Europa en veral Engeland is net so erg. Die stadions maak plek vir spesifieke ondersteuners om te kan sit. Jy MAG NIE daar sit as jy die ander span ondersteun nie. Sekere uitgange en treine word vir sekere groepe geoormerk. As jy n ondersteuner van n ander span is en jy gebruik daai trein of uitgang kan jy jou lewe verloor. Ons ken almal die voorval toe 96 Liverpool ondersteuners 25 jaar gelede dood getrap is toe hulle nie behoorlike kaartjie beheer en polisie kontrole kon toepas nie. Die Geregtelike doodsondersoek het Engeland langer as 20 jaar geneem om af te handel.

Marius ·

Supersport moet stop om die games uit te saai, die moet tot n stop gebring word. Groot mans terwyl in n groep is, hardloop weg toe mans kom. Lafaarde.

M ·

Ek kan nie verstaan hoekom brande altyd gestig word wanneer hierdie mense nie hulle sin kry nie. Miskien moet ek dit ook begin doen. As ek swak diens in ‘n winkel kry, dan maak ek gou ‘n vuurtjie om my misnoeë te wys.

Neeman ·

AGGRESSIEF, dit is al so TOELAATBAAR in SA dat swartes AGGRESSIEF Mag wees, hulle mag maar aggressief teenoor wittes wees … nou mag hulle maar aggressief teenoor ander SWARTES ook wees en ‘n vrou doodslaan .. want hulle is KWAAD en ONGELUKKIG en daarom AGGRESSIEF . ons land sal nooit regkom terwyl hierdie goed aanvaarbaar is vir die regering en Ministers en almal in die land nie .. MOENIE DIE STADIONS regmaak (met my geld nie) laat dit so staan .soos in die res van AFRIKA, daar gaan nie vir altyd geld wees om die GEMORS wat die massas aanjaag te herstel nie, en as julle dit bly regmaak, bly hulle dit afbreek (want dit kos hulle niks) as julle EEN Stadion net so los .. sal hulle vinnig besef as hulle iets afbrand en afbreek hulle die NUT van daardie stadion of gebou VERBEUR .. hoekom word alles ten koste van die wetsgehoorsame burger en belastingbetaler reggemaak dat mense wat tien teen een nie eers belasting betaal nie DIT KAN VERNIETIG??

Huh?? ·

Lewies. Ja, daar is n baie duidelike fesifskoot v d een aanvaller wat die geweldadigste was – hy het haar met al sy krag in paar keer direk in die gesig en op haar kop geskop – geen mens kan iemand SO skop sonder die BEDOELING om te moor nie. Hy het nie haar LYF geteiken nie, maar haar gesig en kop!

Gert ·

Kenmerkend van mensdom. “MASSAS” nooit tevrede nie. So sal kwaliteit en waardigheid nooit gevestig word nie. By niemand nie. Waarom sal die gekultiveerde dan enige poging aanwend as om net na himself/haarself om te sien.

JM ·

Die geweld kom in al die lande voor waar sokker gespeel word, bv. Argentina, Duitland, Mexiko, en die hele Afrika. Laat die sokker span wie se ondersteuners die skade aangerig het betaal vir die herstel daarvan asook die mediese onkostes van die beseerdes en weier ook om hulle wedstryde in die toekoms uit te saai.

Theresa ·

Goeie plan. Sommer vir als wat afgebreek en vernietig word – laat die skuldige groepe betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.