Video: Agt busse brand uit in PE

Altesaam agt busse het Woensdag teen 21:00 by die Algoabus-depot in Motherwell in die stad uitgebrand (Foto: Skermskoot)

Betogings in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap woed vir ’n derde dag voort en betogers weier volstrek om die aftog te blaas. Groot skade is aan infrastruktuur in Gqeberha aanrig en ʼn plaaslike kliniek is bestorm.

Altesaam agt busse het Woensdag teen 21:00 by die Algoabus-depot in Motherwell in die stad uitgebrand. Dié voorval hou vermoedelik verband met die betogings wat al heel week in dié stad woed. Betogers is glo vies omdat hulle nie die nodige Covid-19-Ters-betalings ontvang het nie, wat hulle beweer aan hulle verskuldig is. Die taxi-operateurs sê hulle het ook ʼn groot finansiële knou tydens die pandemie gekry.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, sê ’n veiligheidswag het gesien dat een van die busse brand, waarna die vlamme na die res van die busse versprei het. Altesaam tien busse was langs mekaar geparkeer. Agt van die busse het heeltemal uitgebrand en twee kon gered word.

“Die polisie ondersoek tans die voorval om vas te stel hoe die brand ontstaan het. Daar was geen ooggetuies ten tyde van die voorval nie,” sê Beetge.

Volgens Beetge beloop die skade sowat R12 miljoen.

Talle paaie in en rondom die stad was Woensdag weer vir verkeer gesluit omdat betogers dit versper het (Foto: Port Elizabeth Traffic Update, Facebook)

Die polisie ondersoek ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging en niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig die optogte, wat deur taxi-operateurs gelei is, het Dinsdag vroegoggend in Gqeberha begin woed en paaie is versper.

Betogers het gisteraand ook op die Motherwell NU8-kliniek toegesak en pasiënte en personeel geïntimideer en gewelddadig uit die kliniek gejaag.

Betogers het ‘n Uber-taxi omgekeer (Foto: Port Elizabeth Traffic Update, Facebook)

Volgens Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het die departement die nodige berading vir die personeel, wat deur die betogings getraumatiseerd is, gereël.

“Die departement is bekommend dat gesondheidswerkers uit vrees vir die betogings van die werk gaan wegbly en só pasiënte van die nodige gesondheidsorg ontneem,” sê Kupelo.

Kupelo sê die departement is ook bekommerd oor die veilige vervoer van Covid-19-entstowwe weens die betogings.

Chaos heers in Furgeson-weg in Gqeberha (Foto: Port Elizabeth Traffic Update, Facebook)

Talle paaie in en rondom die stad was Woensdag weer vir verkeer gesluit omdat betogers dit versper het.

’n Paar taxi’s het ook vanoggend (Donderdag) by die landdroshof in Motherwell opgedaag waar die sewe verdagtes wat vroeër die week vir die beskadiging van infrastruktuur in hegtenis geneem is, verskyn het. Kupelo sê die saak gaan moontlik uitgestel word.

Beetge sê oor die algemeen is dinge vandag stiller, maar die polisie hou die situasie fyn dop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Perdeby ·

Moet niks herstel of herbou nie laat hulle sonder dit klaar kom sovel as die kliniek. Weet nie hoe die brande ontstaan het nie. Beslis nie uit die lug geval nie. Iemand het dit aan die brand gesteek! Hulle het ‘n paar jaar gelede die kliniek in Bronkhostspruit afgebrand en hulle het net gese julle kry nie ‘n nuwe een nie, nou moet hulle maar Pta toe met ‘n taxi.

Mrs H ·

En gelde wat hulle wil he en juis oor protes, moet nou juis gehou word vir skade…

Samuel ·

Ek stem volkome saam. Môre is hulle kwaad omdat die busse wat hulle aan die brand gesteek het, nie opdaag nie.

Botterblommetjie ·

Dit is wanneer my hart sing oor naamveranderings… want die name pas beter by die toestand van die land… dit noem ek nie meer my land nie. – wel ‘n bywoner

Johanna ·

D D. More brand hulle weer die munisipaliteit af omdat daar nie busse is nie. ????

Johan ·

Die taxi-operateurs kla dat hulle ‘n finasieële knou gekry het a.g.v. die Covid situasie. Na die hel met hulle, hulle betaal geen inkomstebelasting nie, en nou brand hulle nogal busse om voordeel daaruit te kry.

marius ·

As hulle wil herbou moet die belastingbetalers invaar en alles afbrand . Punt

Willem ·

Ook maar niks gehelp die naam is verander nie, niks het verander nie

Marianna ·

Port Elizabeth se naam is verander. Nou kom die aanpassing by die nuwe naam. Binnekort gaan dit lyk soos ‘n krotbuurt.

popsa ·

En daar is niemand beskikbaar om wet en orde toe te pas nie? …of lus nie? …of in staat nie? …of toegelaat nie? …want dit maak nie juis saak nie?

Onnie ·

Môre betoog hulle weer omdat daar nie genoeg busses is nie!

JohanR ·

Hau! Mariam hoekon is daar geen busse vanmore nie? Ek moet by die werk kom.

Piet parys ·

Hoe stupid kan hulle wees . Stem vir n korrupte regering en dan is hulle aandadidig daaraan deur die land verder in die afgrond in te dryf deur alles te vernietig

Corne ·

Hulle is besig om hierdie mooi land van ons tot op die afgrond af te breek en ANC draai net weg asof niks gebeur het nie.

Nico ·

Hierdie mense het van dat hulle oor geneem het net afgebreek, het ook niks gebou nie, hier kraai vandalisme koning. Hulle moet self alles herbou. Hulle gebruik vandalisme om te kry waarna hulle soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.