Video: Ambulanse met petrolbom bestook

Die owerhede ná die voorval in Mountain View. (Foto: Verskaf)

Twee ambulanse van die Best Care- en Ambu-Link-nooddienste is Vrydagaand in die noorde van Pretoria met ’n petrolbom bestook.

Xander Loubser, woordvoerder en paramedikus van die Best Care-nooddiens, sê twee verdagtes het die ambulanse omstreeks 20:36 buite die nooddienste se kantoor in Bergsig met ’n petrolbom bestook.

Beeldmateriaal van die voorval toon hoe ’n petrolbom oor die heining na die ambulanse geslinger word voordat die verdagtes weghardloop.

Niemand is in die voorval beseer nie hoewel albei ambulanse beskadig is.

Volgens Loubser bestaan die moontlikheid dat die nooddienste deur ’n ander nooddiens geteiken word.

Die nooddienste gaan ’n beloning uittreik vir enigeen met inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming lei. Inligting kan by Xander Loubser by 082 308 8259 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Wat ‘n land! En is nie Boland Bank wat ons moet bedank nie!

Sandra ·

Dit is betreurenswaardig. Daar is geen respek vir enige iets meer in ons lieflike land nie. Kan nie wonder waar dit alles gaan eindig nie. Wanneer alles afgebrand is?

Peetjie ·

Kan mense so onverskillig wees …more het húlle n ambulans nodig… Kan ook weer nie die son sien skyn oor ander nie

SomeOne ·

dis nie onverskillig nie, dis moedswillig, laag en gemeen, brandstigters sal wel hul dag kry

Roedolf Johannes ·

Dieselfde as Taxi bestuurder geen respek vir hulle self en ander mense se lewens nie

Roedolf Johannes ·

Duimpie af jy is seker n Taxi bestuurder of het taxiś op die pad

AmY ·

Hier by ons ‘onregeerbare’ kompleks gooi die kinders al klippe na ons wanneer ons probeer om orde te skep.
Môre gooi hulle seker ‘n petrolbom deur ons venster.
Die beheerraad staan arms gevou en kyk na alles wat gebeur.

Vlooitjie ·

Ek verstaan nie die doel van “thumbs down” by deesdae se kommentare nie. Soms blyk dit iemand het niks beter om te doen nie. Dis nog een ding as jy nie saamstem met iemand oor iets valid nie maar party duimpies af is net petty.

Deon ·

As jy per ongeluk die thumbs down druk, dan kan jy nie omruil nie, gelukkig het ek dit darem nog net eenkeer oorgekom

anko ·

Indien dit so aangaan sal ossewaens en perdekarre ingespan moet word om pasiënte te vervoer. Wonder wie dan gaan kla oor dienste. Behoede my

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.