Video: ANC, EFF reeds haaks in parlement

‘n Skermskoot uit die video.

Die parlement het nog nie eens amptelik geopen nie en EFF- en ANC-LP’s was reeds in ʼn onderonsie betrokke tydens ʼn induksiesessie.

ʼn Video van die onderonsie is wyd op sosiale media gedeel. Die onderonsie het glo gevolg nadat EFF-LP’s die ANC sleggesê het.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het intussen gesê die voorval sal ondersoek word om ʼn herhaling daarvan in die toekoms te probeer vermy. Sy het die LP’s se gedrag veroordeel.

Modise was nie voorsitter van die spesifieke sessie nie maar was teenwoordig en het die LP’s tot orde probeer roep.

Alle parlementslede is vandeesweek besig met ʼn induksieprogram oor presies hoe die instelling funksioneer wat nou hul werkomgewing is. Die induksie maak vandag klaar waarna gewone middagsittings van die parlement Dinsdag sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

43 Kommentare

jongste oudste gewildste
NuweSA

Aawww, shame ne….. sodat dit nie in die toekoms weer gebeur nie? Jammer maar is daar sekere hoeveelheid kere wat hierdie soort van goed mag gebeur voordat hulle stappe neem?

Wie weet

Dis n grap

Arno Scheepers

Absolute SKANDE.
DIT is cyril se nalatenskap

Lia

Hahahaha………….en die sirkus het begin……of eerder net vervolg………..mooi man!!! Neuk als en sommer mekaar ook op.

JP

????????????????????