Video: ‘ANC is erger as apartheidsregering’

Jackson Mthembu (Skermskoot uit eNuus-video)

Jackson Mthembu (Skermskoot uit eNuus-video)

ANC-hoofsweep Jackson Mthembu sê dié party se hoofleiers is deesdae erger as die apartheidsregering. Mthembu het in ‘n verrassende wending in die openbaar aangedui dat die ANC se topleiers moet bedank, pres. Jacob Zuma inkluis. Hy sê voorts dat dat die vervolging van minister Pravin Gordhan die laaste strooi was en dat die party ‘n nuwe era moet betree.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

Anc erken nou al self hulle is n groot mislukking …net jammer van die skade wat reeds aangerig is …gaan jare neem om te herstel indien ooit met die dom skelm mense wat geen waardes het nie.

Wiehan ·

Ek het so n tyd terug n stuk oor Jackson in Rapport gelees. Hy het in die onderhoud baie eerlik voorgekom. Ek het maar langtand daaraan geet maar moet nou erken-Hy is reguit, eerlik en nie bang vir die waarheid nie. Hoop nog kan so eerlik met hulfself wees. STERKTE JACKSON

Rynhardt ·

Jackson Mthembu, Anc is erger as apartheidsregering?? Jackson jy gaan nou uiters ongewild raak by die Anc! Vanaand op SABC2nuus het hul gese dat Anc nou wet gaan inbring teen haatspraak! So in daai opsig is jy heeltemal reg.Ek glo ook dat die tweede Anc, die DA dasi wet gaan ondersteun, want hy ondersteun jul Anc se vryheidsmanifes en regstellende aksie teen blankes!!

Petro ·

Iemand wat die waarheid praat…kom gerus oor na die blou span ?

Corne ·

Hoop om van nog “Jacksons” te hoor…….dit word nou warm vir die ANC…..

Jan ·

Ek het baie respek vir iemand wat die waarheid ken en dit bekendmaak en nie onder n mat invee soos wat vir meer as 20 jaar gedoen is nie. Dit getuig van integriteit. Ek hoop net die dag breek aan waar die konsep van verantwoordbaarheid sterk gaan deurkom.

Johannes Meintjes ·

Dis maar net dieselfde internasionale borge agter die marionette regerings in Afrika. Resultate van swak regering en massiewe plundering van nasionale bates bly dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.