[Video] ANC kap terug oor Zille se verskoning

Helen Zille en Mmusi Maimane van die DA tydens die mediakonferensie (13 Junie 2017). Foto: Getrude Makhafola/ANA

Die ANC het Dinsdag uitgevaar oor die “sogenaamde politieke skikking” wat die DA met Helen Zille oor haar omstrede twiets rakende kolonialisme bereik het en gesê dit kom neer op ʼn “suiwer verdediging van wit oorheersing en voorreg”.

Zille, Wes-Kaapse premier en voormalige leier van die DA, het Dinsdag aan Suid-Afrikaners om verskoning gevra vir die twiets waarin sy sekere aspekte van kolonialisme as voordelig voorgehou het. Zille het tydens ʼn gesamentlike mediakonferensie met Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê sy besef dat haar twiets die “wonde van die geskiedenis” oopgekrap het. “Ek besef in besonder dat my optrede onsensitief was teenoor Suid-Afrikaners wat onder kolonialistiese onderdrukking gely het. Hiervoor is ek opreg jammer.”

Maimane het gesê Zille het ingestem dit is in die beste belang van die party om haar posisie op al die besluitnemende strukture van die DA te ontruim, insluitende die federale uitvoerende kommissie en die federale en provinsiale rade. Sy sal egter aanbly as Wes-Kaapse premier tot 2019.

Die ANC was egter nie te vinde vir die skikking óf Zille se verskoning nie. “Dit is ʼn beginsellose, skynheilige en betekenislose gebaar wat gebied word in die hoop dat die publiek dit sal glo. Dit ontmasker weer eens die ware karakter van die DA as ʼn rassistiese party, wat bestaan uit ʼn onveranderde spul rassiste sonder berou wat gelei word deur ʼn opsigter-leier sonder enige werklike mag,” het die regerende party in ʼn verklaring gesê.

Die ANC het verder gesê Zille is nie die eerste DA-leier wat “bid vir die terugkeer van apartheid, kolonialisme en ander stelsels wat die swart meerderheid in die land onderdruk” nie. Hulle het ook Dianne Kohler-Barnard en Chris Roberts as voorstaanders van apartheid bestempel wat “ontbloot is vir hul minagting van die land se versoening- en nasiebou-projek”.

Die ANC het die DA daarvan beskuldig dat hy geen behoefte het om rassisme in die party uit te roei nie. “Terwyl die party gereeld heen en weer oor die land reis om swart stemme te werf, is hulle nie gewillig om hulself te speen van hul tradisionele wit en konserwatiewe basis nie.” Die ANC meen verder daar is niks wat Maimane kan doen aan die situasie nie omdat “hy nie in beheer is nie en die DA se borge sal onttrek as Zille uit haar pos verwyder word”.

Die party het volgehou Zille is nie bevoeg om as premier van die Wes-Kaap aan te bly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Loeis ·

Zille het verskoning gevra vir goed wat die eenvoudige waarheid is. Dit is lafhartig.

Dit is ook twak wat die ANC vertel dat sy “bid vir die terugkeer van apartheid”. Zille en die DA se voorgangers het gewerk vir hierdie sisteem waarin die ANC regeer. Hulle verskil min of meer niks, en is nie ons stemme waardig nie.

JG ·

Ek weet van n ander skepsel wat nie bevoeg is om as PRESIDENT van die land aan te bly nie…

PJ ·

Die ANC sal nou na enige ding gryp om die aandag af te trek van hulle stelery en korrupsie. Ongelukkig het dame Zille hulle net op die verkeerde tyd ammo gegee. Sy is ‘n waardige dame wat om verskoning gevra het. As die verdomde ANC maar net so wil optree teen hulle eie makkers wat baie erger dinge kwytraak en doen.

Simon ·

Sy was dom om dit te sé.
Zuma sè elke dag domme dingen en mag toch president bly.
Gooi hul altwee uit

Frik Kruger ·

As dit by rassime kom staan die ANC voor in die ry. Ek weet tot vandag toe nie wat Helen Zille gese het wat so aanstootlik is nie. Senior ANC lede het baie meer gese en dit is gelate aanvaar. Wanneer gaan hierdie strydbyl begrawe word

Gatvol ·

Hulle is meesters om die waarheid snaaks te praat. Persoonlik dink ek ons, moet ons nie na hulle standaard laat verlaag nie.

Mielie ·

Ja toemaar ANC. Julle nr 1 het ook om verskoning gevra en hy is nogsteeds daar en nou meer korrup as ooit. Julle verroer nie n vinger? oor die Gupta leaks waaraan sy familie en korrupte ministers verbind word nie. Moet Zille dit gee sy het die ronde gewen. Sy ken haar party se beleid en dieselfde met die aarbeidswette. Sy is defnitief nie stupid as dit daarby kom nie. Sy was reeds skuldig bevind voor sy aangekla was. Ander mense maak rassistiese opmerkings en kom niks oor nie. Toe trek sy die beste een op hulle….kleur. was dit nie vir haar kleur nie dan sou hulle nie teen haar opgetree het nie. Ons almal weet dis waar. Die DA het haar, haar stemme en die donasies wat saam met haar kom nodig. Veral in die WP maar ook in ander metros. Hulle het te veel gehad om te verloor. Ek glo sy gaan n ander party stig en dis nog iets wat hulle in ag moes neem?

Dries ·

Lewer hulle ( ANC ) ook nog kommentaar terwyl hulle toelaat dat Zuma die land vernietig en hulle doen niks Wonder wat noem mens dit ???????

Stingel ·

Ja Dries,hulle (ANC) het nou baie te sê, maar hul woorde is egter min oor al hul skandale. Al wat ek weet is dat hul ‘honeymoon’nou oor is.

Dirk ·

Kinderagtig. Hierdie debat hoort tuis in ‘n laerskool tussen laerskool leerlinge. Is daar nie belangriker sake wat ons land en sy mense tot voordeel sal strek, indien redenasies op ‘n vlak van hoër inteligensie word nie?

Cherokee ·

Jy’s natuurlik reg Dirk, maar dit is die DA onthou. Verstaanbaar dus.

Adam ·

Dankie Dirk, dat daar nog mense is soos jy wat hulle nie kan assosieer met sulke infantiele gedrag nie. Die ANC moet tog net nie rassisme-klippe gooi nie, want die ANC het onomwonde bewys gedurende veral die post Mandela era dat hulle die grootste aanstigters van die rassisme- vuur is. Voeg daarby kader-ontplooiing, ‘n enorme verdraagsaamheid vir korrupsie, ‘n totale wanbegrip van hoe om die land se geldsake te bestuur ens, ens en ons kry die antwoord hoekom Fitch, Moody’s en Standard and Poors ons alreeds as semi-melaats beskou.

Rupert Ashford ·

Adam dit het nie post jou groot held begin nie. Hy was self al sterk daarmee besig maar dit het al hoe erger geword na sy tyd.

Adam ·

Rupert, kan jy my asb reghelp en wys waarop jy jou afleidng baseer dat Mandela my held was? Aannames is die moeder van alle ,,,,,,,,,,,,,

John ·

Lekker vrot tamatie-politiek… pas by ons rommelhoopstatus. En nou gaan die brommers ook nog opdaag om die stank na 2019 aan te karwei… En arme Moesie het so hard gehoop sy vrome geskree in parlement sal goeie spoke wakker maak wat die ou impi’s sal laat verkrummel. Tja, die lewe in Afrika is maar wreed…

Annette Stander ·

Die ANC is die grootste klomp rassistiese gespuis!!! Hulle is die laaste wat die DA kan beskuldig.

Johanna Botha ·

We kan die anc praat met hulle leier wat 783 beskuldigibgs van korrupsie het EN wat die land tot JUNK dedryf het en ook die land onder ons uitverkoop het aan die guptas ! Gaan die anc jammer se vir dit ?

schalk ·

Ek sal nie verskoning vra vir die waarheid nie!!! As dit nie vir die wit man was nie het die hele afrika nog onder bome gebly en in stertrieme hier rond gehol! Wie het huise, paaie, geld, elektrieseteit, lopende water ens…..na Afrika gebring??? As Zuma iemand wil skild gee oor hy al die goed steel…kan hy seker die wittes blameer…want as dit nie vir die wittes was nie sou die goed als nie hier gewees het om te “steel” nie.

As hulle so lank voor die wittes in die land was…hoekom het hul nie daaaai tyd al begin bou aan die land nie??? Wonder maar net!!

Vryheid ·

ANC -En dit kom van die mees magsugtigste, korrupte en patetieste regering in die geskiedenis van RSA.

Fires ·

Enige mens kan sien dat Zille die verskoning onder dwang gedoen het, sy het die DA nou meer stemme gekos as toe sy haar twiet verdedig het

Magda ·

AG ANC – plaas julle eerder voor julle eie deur vee – hoeveel korrupsie en bedrog sake is nie teen lede van die ANC al gemaak nie – ONS al enige uitslae gehoor of het enige iemand van julle al onverskoning gevra vir al ONS Belasting geld wat weg is – NEE so bly eerder stil of volg Helen Zille se voorbeeld en erken dat jy verkeerd was – (Al dink ons nie sy was nie)

pieter ·

EK WAS NOG NOOIT SKAAM VIR MY WITVEL NIE EN SAL OOK NIE VERSKONING VRA DAARVOOR NIE.EK IS JAMMER HELEN MAAR EK DINK JY MOES NIE GESWIG HET NIE EN JOU INTERGITEIT BEHOU HET.

broos ·

ek dink die DA moet die ANC ‘n deal maak – fire vir zumpie en ons fire vir Zille…..

Steve Stephansen ·

Hahaha, en dis die ANC wat sulke snert kwytraak. Of is dit nou Mal-Emma wat die pos van Zille wil oorneem? Ai, wonder of die spul nog dink mense glo wat hulle sê? Dis die komminste regering wat die wêreld seker nog gesien het….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.