[Video] Angus Buchan reël nasionale biddag

angus-1Die evangelis Angus Buchan sê ʼn nasionale biddag word binnekort gehou.

“Ons gaan op 22 April ʼn nasionale dag van gebed hou en doen ʼn beroep op alle mense van regoor die land, van Tzaneen tot in die Kaap en van Upington tot in Durban, om bymekaar te kom – een miljoen van ons.”

Volgens Buchan sal die biddag om 14:00 op ʼn plaas in die Bloemfontein-omgewing gehou word. “Ek sal binnekort die plaas se naam gee. Ek glo regtig dit is ons laaste kans om weer normaliteit terug te bring na Suid-Afrika. Kanselleer al jou afsprake en vergaderings en maak seker dat jy dié dag hier is. Ek was nog nooit so opgewonde in my lewe nie,” het hy gesê.

“Ons is moeg daarvoor dat mense reg in eie hande neem. Ons gaan die Here vra om geregtigheid, vrede en hoop vir ons geliefde Suid-Afrika te bewerkstellig.”

Maroela Media het vroeër berig Buchan het Vrydag ʼn videoboodskap op sy Facebook-blad gelaai, waarin hy sê hy sal vandag bekend maak wat die Here vir hom gesê het oor die pad vorentoe.

Buchan het Maandagmiddag nog ʼn video geplaas, waarin hy besonderhede oor die biddag bekend gemaak het.

Sy ‘Sacred Assembly’-byeenkoms wat in November by FNB-stadion in Soweto plaasgevind het, word intussen vanaand om 19:00 op die Trinity Broadcasting Network (TBN) uitgesaai (kanaal 343 op DStv).

Oom Angus gee 'n datum. Gaan jy daar wees?

Posted by Milan Bye on Monday, February 27, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

oumie ·

Angus as jy dink jy is opgewonde dan moet jy nou die ouma se smile sien ons het n leier soos jy nodig om ons na GOD te lei ons smag na hulp en kan dit nie alleen doen nie ja ons bid alleen in ons kamers met toe deure maar dink net as ons almal onder God se hemel kan bid ek hou duimvas almal wat kan moet ASB daar wees en ek hoop dit kan op TV OK wees dat ek dit ook kan bywoon Amen Angus mag dit n baie suksesvolle dag wees en elke voor en na dag

Johannes ·

Die Here is ons ENIGSTE redding uit die gemors waar in ons land is. Al wat kan en sal werk is wanneer ALLE kinders van die Almagtige God saam stem in gebed en smeking. En die kinders van God sal insien en in stem om saam te kom, NIE in kerk verband nie, maar slegs in die naam van ons Here Jesus om Sy genade te smeek, vergifnes vir ons sondes te pleit en DAN eers sal Hy ons lei en ons verlos van die boosheid!!! Jammer as julle ouens dit nie kan insien nie! Angus is maar net iemand wat ons ALMAL bymekaar bring!

weesWys ·

Dit gaan nie oor oom Angus nie, Vriende. As jy reken dat ons hier te doen het met ‘n man wat sy eie beuel wil blaas om God se arm te draai, het jy dit baie ver mis. Dit gaan daaroor dat die skrif duidelik aan die muur is vir Suid-Afrika, dag na dag in helder, vars bloed geskryf. Dit gaan daaroor dat iemand die wysheid het om te besef dat daar slegs een genade is, en dit is om eendragtig te roep na die God van hemel en aarde. Dit gaan daaroor dat ons moet besef dat ons enigste ware beskerming die skuilplek van die Almagtige is. Ek sal die Datans en Abirams aanraai om onder die huidige omstandighede liewer te swyg.

vermeende ·

Juses se aan sy Apostels, gaan heen en maak disiepels van alle nasies!

Vir bid maak ek tyd maar wat van die arm mense onder ons wat nie die geleentheid kan bywoon nie maar graag sou wou?

PJ Kruger ·

Baie dankie Angus, ek glo in jou gebed en glo dis die regte ding om te doen in die tyd waarin ons leef. ONS KAN NIE MEER VERDER ALLEEN NIE. GOD HELP ONS!!! Ek doen ook voorbiding vir jou. Ek verwys na hiebo dat daar gelukkig geen taal in God se Beeld nie. Ek as kind van die Allerhoogste weet hier binne my dat jy n geroepende is om ons hierdeur te lei. Ek dank God dat Hy iemand soos jy op ons (Afrikaners) se pad gebring het. So baie het al tot bekeering gekom deur jou optrede en bemoediging. Krag en sterkte word vir jou toegebid vir die 22 April.

Karel ·

Mense wat gelowig is, elke Sondag kerk toe gaan en ook elke dag bid vir hulp, hoop en liefde en ook ongelowige mense word op barbaarse wyse van hulle lewe beroof deur moordenaars.
Moordenaars vra nie of jy gelowig is of nie,
Almal moet vir hulself opkom en doen na hul goeddenke want bid alleen help nie.

Dirk ·

2 Kor 5:15 (1953 vertaling) “… en Hy het vir almal gesterwe…”. Nie net vir JOU mense in JOU kerk in JOU taal nie Nico. Maar dit wat jy doen, is wat fout is met christene vandag. Miskien moet jy daaraan dink voor jy so uitsluitlik reageer. Staan bietjie voor Jesus en kom ons kyk of jy so braaf sal wees om daai woorde weer te uiter.

Johann ·

Galatians 1:6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,
Galatians 1:7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

Debbie ·

Dankie Oom Angus dat jy nie bang is om die Woord van God te verkondig nie. Ons het meer mense nodig om soos Oom Angus. Oom Angus jy en jou span is in my gebede. Amen

Mou ·

Die kerk is die liggaam van Christus, jy moenie van jou kerk praat met sy leiers en strukture wat op wêreldse fondamente gebou is as jy nie die kerk se oorspronklike funksie en doel verstaan nie. Lees handelige van die begin af in die nuwe testament en leer wie en wat die kerk is. Daar sal jy lees en sien johann jy is nie deel daarvan nie. As ons as n nasie opgeroep word om by God te pleit vir verandering dan gaan ons dit doen. Moenie die groot dag op jou ongeloof geoordeel word nie. Kom ons gaan op ons knee.

Debbie ·

Dankie vir mense soos Oom Angus en span. Hou aan met die goeie werk wat julle doen. Jammer ek kan nie daar wees nie masr saam met julle bid. Sal gaaf wees as hulle dit op tv kan uitsaai. ??

Johannes ·

Net ‘n eerlike vraag: God se Woord stel dit baie duidelik dat die wereld ‘n groot misleiding, afvalligheid en verdukking sal binnegaan. Selfs die kerk sal afvallig word. Sy Woord waarsku gelowiges duidelik dat die wereld en sy regeerders toenemend vyandig en onverdraagsaam sal word teenoor Christene en die Christelike geloof. Alle regerings sal eindelik totaal afvallig van God wees en Hom glad nie meer erken nie. Omstandighede vir ware Christene sal beslis nie makliker word nie, inteendeel ware gelowiges kan erge vervolging in die nabye toekoms verwag.

Hoe stem hierdie waarskuwing uit God se Woord ooreen met Angus se boodskap dat Suid Afrika, nadat ons almal saam hande vat en bid, skielik ‘n herlewing gaan beleef en dat God vrede, voorspoed en vreugde in Suid Afrika gaan meebring?

Susan oosthuizen ·

Dankie vir oom Anges dat hy ons kan bymekaar bring as n nasie en as kinders van God ons moet saam staan saam bid en as n nasie saamkom met God is alles moontlik as God vir ons is wie kan teen ons wees

Hein ·

Baie dankie Maroela Media dat julle meer sulle tipes artikels plaas. Dis uiters nodig dat ons meer sulke opbouende uitdagende boodskappe hoor. Boodskappe waar ons aangespoor word om weer hande te vat en van voor af te kan leer om saam te werk en bid! As ons vir mekaar bid dan wil ons mos nie baklei nie!

Ansi ·

Jesus se koms is naby, daarom is ons land op sy kop. Gebede is nou meer nodig as ooit, en dit is wonderlik om te sien hoe baie mense smag na God. Suid Afrika is besig om op groot skaal en met mening terug te draai na God. Haleluja! Angus dankie dat jy bereid is om ons mense na gebed to te lei.

Belinda ·

Oom Angus danki aan jou en jou span, wat bereid is om di woord aan baie mense oor tedra, Die enigste pad wat Suid Afrika kan loop, is saam met god, sonder hom is daar ni een ni n pad ni, net geweld, bedrog, hartseer, mishandeling. Mag God ons land genees van al di swak hede, en net vreugde onder al ons nasies bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.