[Video] Angus Buchan: ‘Staan op SA’

 

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die evangelis Angus Buchan sê Christene in Suid-Afrika moet begin opstaan en saamstaan.

Hy het in ʼn videoboodskap op sy Facebook-blad, in reaksie op ‘n video van ʼn boer op sosiale media, waarin die man onder meer sê “as my Pa die reën vir ons land kan stuur, kan my Pa die geweld in die land stop”. Hy het ook genoem hy “wag” nou vir Buchan.

“Ek doen ʼn beroep op julle, swart, wit, bruin of Indiër, ons moet almal saamstaan en opstaan as Christene in Suid-Afrika. Ek verwys spesifiek na die verskriklike moorde op ons mense die afgelope ruk. Nie net wit boere nie, maar swart boere ook. Die Here roep ons en sê vir ons om ʼn lyn te trek en vir die duiwel te sê tot hier toe en nie verder nie,” het Buchan gesê.

“Ek is bekommerd oor die verkragting en mishandeling van ons vroue en kinders. Niemand sê iets hieroor nie,” het Buchan gesê. “Ons moet opstaan, boere, huisvroue, werkers, oumas, jongmense, almal en vertrou op die Here vir ʼn wonderwerk, ons moet skouer aan die wiel sit en ʼn hartsverandering ondergaan. As ons dit nie doen nie, gaan ons die nagevolge daarvan beleef.”

Buchan het in die video gesê hy sal Maandag bekend maak wat die Here vir hom gesê het oor die pad vorentoe.

Sy ‘Sacred Assembly’-byeenkoms, wat in November by die FNB-stadion in Soweto gehou is, word intussen vanaand om 19:00 op die Trinity Broadcasting Network (TBN) uitgesaai (kanaal 343 op DStv).

Buchan het vroeër aan Maroela Media gesê mense moenie die land verlaat te midde van al die land se uitdagings nie. “Ek het die geleentheid gehad om ver te reis en ek kan julle verseker die gras is nie altyd groener aan die anderkant nie. Daar is nog baie om voor op te staan en te veg in Suid-Afrika. Die duiwel probeer tans sy bes om ons te verskrik met leuens, maar onthou die teenoorgestelde van vrees is geloof. God het my en jou nog nooit in die steek gelaat nie.”

https://www.facebook.com/UncleAngus/videos/10155160011828856/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Will i am ·

Weet ons God is groot. Hy sal vir ons antwoorde op die regte tyd gee. Staan vas in geloof

Johannes ·

Net ‘n eerlike vraag: Nerens in God se Woord word gese dat die toekoms vir Christene makliker gaan word nie. Inteendeel, ons word uitdruklik gewaarsku dat die wereld en sy regeerders Christene en die Christelike geloof al hoe meer gaan onderdruk en vervolg. Dit geld vir Suid Afrika ook – ons het reeds ‘n regering wat Christus ontken en daarop uit is om ons as Christene te vervolg. Hoe stem die Bybelse boodskap (of waarskuwing) ooreen met Angus se boodskap van toekomstige vrede, vreugde, herlewing en oplewing in Suid Afrika?

Magda ·

Net GOD kan ons RED – en ek stem 100% saam met Angus – Ons moet op ons kniee gaan en GOD vra om ons te help – ALMAL SAAM – HY KAN EN SAL – AMEN

Annoniem ·

En so groei sy sakke steeds met kampies en videos en boeke omdat sommige dink die man is die “Gestuurde” ….ek wonder wie hom eintlik gestuur het ? Jip, dan luister duisende na sy “natuurlike” voorspellings, vals profeet inderdaad.

Genieve ·

Dis net die Here wat hierdie land kan red,maar dan moet ons gehoorsaam wees.Teveel Christene ook te besig met ongeregtigheid,maar die Here sal daaraan ook n einde bring.Ek weet die Here is magtig en kragtig,wie kan met hom vergelyk word.

Seeklong ·

Grootste saamtrek by Bloemfontein 22 April om saam met oom Angus te bid oor die moorde ens.

Apie ·

En hoe kry n mens n slang (satan) op sy kniee? Ons weet mos wie hierdie kaders is. Vra, en vir jou sal gegee word. Ek bid saam.

vytjie ·

JESUS KAN NIE AARDE TOE KOM OM AAN ELKEEN SE DEUR TE KLOP EN HOM OF HAAR TE WAARSKU NIE DUS IS DAAR MENSE SOOS ANGUS BUCHAN WAT MENSE DIE BOODSKAP OORDRA. NOAG WAS 500 JAAR OUD TOE GOD DIE OPDRAG GEE OM `N ARK TE BOU NOG HET DIE MENS NIE GEGLO NIE MAAR TOE DIE VLOED DAAR IS TOE WORD DAAR AAN NOAG SE DEUR GEHAMMER . DIT WAS TE LAAT. OOM ANGUS U IS IN OPDRAG VAN DIE HERE. AMEN

Bloues ·

Net n regstelling. Ek sê nie Angus is n vals proefeet nie, ek verwys na andere. Ek hou BAIE van Angus.
Sue jy is reg, so as ek bid vir n rooi Ford sal ek n rooi Ford kry. En as ek bid by my ma se sterfbed, sal sy gesond word want volgens jou is dit hoe jy die Bybel interpreeer. Jammer, dit gebeur nie so nie, ALLES is in SY hande en die besluitneming lê by HOM en Hom alleen. My gebede is smekinge waarop Hy positief of negatief sal reageer. So volgens jou sal GEEN ware Christen arm wees nie, want jy kan net bid en sal kry?
Jesus het gebid en gavra dat die lewensbeker by hom moet verbygaan, en dit het nie!! So nie eens Jesus kan bid en dit sal gebeur nie.

Dis van sulke valse gelowe waarvan ek praat.

Rezne ·

Traditional has robbed God’s Word of its power. Jesus lived the example of HOW to walk in the world. He was radical. He spoke TO trees, TO fevers, TO dead people, TO storms, TO leperosy. He did NOT speak TO GOD about the tree, fever, storm etc. He did NOT leave it up to God to do anything about it. If these things were the will of God, then Jesus had NO RIGHT to change the condition of any of them. The 72 disciples did the SAME things that Jesus did. Many are doing the SAME things today. They are not false prophets or follow false teachings. They are copying Jesus. If your beliefs do not follow Jesus, then please examine them to ensure that they are based on Scripture and not tradition. Of His last words were – ALL authority has been given to me – therefore YOU go (with the same authority) and do greater things than I… The prayer of FAITH is the only prayer that is heard by God – NOT the wishy washy, “if it is your will” prayers – you have to know what the Will of God is before you pray with results. Jesus prayed for ANOTHER WAY TO REDEEM the world – He was not praying to be taken off the mission. Whatever does NOT line up with Scripture is FALSE TEACHING. We need to check our beliefs against the Scriptures – not what we have been taught. God Bless

Angeline ·

As die beker by Jesus verby gegaan het, SOU MY EN JOU SONDE nie kon vergewe word nie.
Dis juis die rede wat Jesus SY lewe op geoffer het vir elkeen van ons. Die woord van God leer ons dat God Sy Enigste Seun gegee het, om vir ons te sterf…Jesus se bloed het gevloei en ons is gewas deur Sy bloed. NIKS KAN DEUR SY BLOED BEWEEG NIE. Het Hy nie gesterf vir ons nie, sou elkeen in die hel brand…….dink hieroor na. Blessing vir elkeen wat glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. AMEN EN AMEN

Debbie ·

Danki Sue. Stem saam met jou. Dankie vir mense soos Oom Angus en span. Wie is hulle om te “judge”. Glo nie hulle was al by een van Oom Angus se byeenkomste nie. Oom Angus en span hou aan met die goeie werk wat julle doen. Het meer mense soos Oom Angus hulle nodig. Amen

N Lourens Reitz ·

Sue dankie vir daardie kommentaar.
Jy het dit baie duidelik gestel.God se Woord is waar.Leer die Skrif ken bestudeer dit daagliks en kom in ñ verhouding tot ons Hemelse Vader en jou en my gees sal saam getuig daarvoor of daarteen Rom.8:16 Dit is hoe jy dit bepaal of iets vals is of nie.

Jacques ·

Mense is ook maar lekker eensydige. Die Bybel sê dat elke een van ons wat in HOM glo, SY woord moet verkondig tot aan die eind hoeke van die aarde. Nou dat oom A bereid is om dit te doen, nou stenig en oordeel julle hom ? Sê nogal baie van julle Christen skap.

vrede ·

Dit is jammer om soveel ongelowiges te sien in n tyd wat ons almal se gebede so nodig het. Ongelukkig is satan ook maar altyd daar en hy leef in die moordenaars en ongelowiges. Ons sal vir julle ook bid om die lig in gebede en in God te sien. Sodat julle ook die Vrede kan ervaar en nie met n swaar skouer – waarop die duiwel homself tuisgemmaak het hoef rond teloop en rond te dra nie want is baie swaar en dit kom sterk deur in julle skrywes.

Susan oosthuizen ·

Ons almal weet wat in die bybel staan as Jesus se beker verby gegaan dan was ons sonde onvergeeflik gewees en Jesus het weer opgestaan vir ons HY gee aan ons wat ons nodig het en soveel meer ons kannie bid vir rykdom in geld ,duur motors ens want ons het dit nie nodig .dankie aan oom angus wat ons wil bymekaar bring ons het dit vandag meer as ooit vantevore nodig in ons lewe ,ons moet nooit vergeet om dankie te se dat Jesus op die krys vir ons gesterf het nie

Tinktinkie ·

Hoekom gaan Angus eers Maandag sê wat d boodskap van God is?
Dalk verstaan ek verkeerd, ek dog hy het reeds gesê wat ons moet doen om SA en onsself te red. Help asb. ek verstaan nie.

Vryskut Joernalis Thomas Smit JHB ·

Ek dink nie ‘n groot debat is nodig om oortuig te wees Suid-Afrika staan voor ‘n kruispad nie. Daar is soveel seerkry en ontnugtering in ons land, trane wat saam met bloed vloei en mense soos Oom Anchus wat die pyn van slagoffers meevoel en antwoorde by God vir ons almal soek, bid sonder ophou is ‘n Bybelse begrip – ons vind troos dat daar ‘n God van liefde is wat omgee, maar ons bid te min; ons neem nie ons plek in geestelike oorlogsvoering oortuigend genoeg in om ‘n impak teen die werk van satan te maak nie. Die vraag is of baie van ons emosioneel en sielkundig so gekwes is dat onsself eers genesing nodig het voor ons by die kinderlike geloof kan uitkom wat werklik glo dat God wil en sal help. Dis asof ons Land reeds boedel oorgegee het. Mense soos Oom Anchus is ‘n spreekbuis van God, dat ons weer moed moet skep, mekaar opbou en aanspoor om innerlik weer op te staan – en besef wie ons entlike vyand is – ons is in ‘n geestelike oorlog en Jesus het reeds die stryd vir ons gewen en ons die gesag gegee oor al die mag van die vyand, as die gelowiges en politici (waaronder ook gelowiges) ophou om blaam te soek en die eerder die tyd gebruik om te bid – God antwoord die gebede van ‘n nederige mens wat saamvoel vir ons land en dit nie verder doodpraat nie. Thomas Smit, JHB

Johann ·

Geloof is ‘n daadsaak, om te bid is om te vra, wanneer daar ‘n nasionale biddag vasgestel word, kry elke kind van God die geleentheid om sy, haar hart vir die Here oop te maak, hierdie tiepe gebedslewe is ver meer verrykend as enige eensydige gebede. Volhard in die geloof en in die gebede

Johann ·

1 Peter 5:10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
1 Peter 5:11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Jakkie Breedt ·

Wil graag daar wees,sal ons weer op die plaas kan kamp.

Santie ·

Dankie Thomas vir jou waar woorde. Oom Angus baie dankie dat oom ons bymekaar gaan kry vir gebed teen die bose magte. Hy sou Maandag gese het waar en wanneer dit gaan plaasvind so hoop dit beantwoord jou vraag Tinktinkie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.