Video: Anneli van Rooyen besoek skool wat Afrikaans laat lewe

Anneli van Rooyen kuier by die skool.

Anneli van Rooyen kuier by die skool.

Anneli van Rooyen, die beminde Afrikaanse sangeres, het Donderdag by Laerskool Arcadia in Pretoria gaan kuier om te hoor hoe veeltalige leerlinge aan dié skool haar gewilde treffer, Ek Lewe, sing.

Sakkie Kotze, voorsitter van die Centurion-ATKV en lid van die vereniging se direksie, het gesê Anneli is erelid van ATKV Centurion Sangersforum en was deur al die jare al by baie van hul projekte, soos dié besoek aan die skool, betrokke.

Die ATKV het tydens die geleentheid ook erkenning gegee aan Allie van Niekerk, die adjunkhoof wat die afgelope agt jaar lank Afrikaans daar onderrig.

“Leerders aan Laerskool Arcadia leer Afrikaans as tweede taal met dieselfde passie as waarmee hul entoesiastiese Afrikaanse taalonderwyser dit aan hulle leer en by hulle tuisbring,” het Kotze gesê.

“Die kinders hardloop elke dag al singende in Afrikaans na Mnr. van Niekerk se klas.”

Laerskool Arcadia is ‘n veeltalige skool en die leerlinge in die skool praat verskillende moedertale. Nege van die elf landstale word verteenwoordig en selfs internasionale tale soos Spaans en Russies.

Al die leerders in graad 4, 5 ,6 en 7 neem Afrikaans as addisionele taal.
Gepaste en toepaslike Afrikaanse liedjies en gedigte word met die lewensoriënteringsvak geïntegreer om lewenswaardes aan die leerders oor te dra. “In die liedjie, Ek Lewe, word lewenswaardes soos liefde, geluk, vreugde, vriendskap, vrede en die rede vir ons bestaan en ons hierwees baie suksesvol as lesinhoud gebruik,” het Kotze bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oupa Baard ·

Dankie!
Die GROOT vraag is natuurlik of sy weer iets gaan opneem. Sy sal seker sukkel op ‘n verhoog omdat die druk op haar gesig so groot sal wees, maar sy kan seker weer oor ‘n tydperk ‘n CD of twee opneem?

Oupa Baard ·

Dankie!
Die GROOT vraag is natuurlik of sy weer iets gaan opneem. Sy sal seker sukkel op ‘n verhoog omdat die druk op haar gesig so groot sal wees, maar sy kan seker weer oor ‘n tydperk ‘n CD of twee opneem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.