Video: Baasbrein agter perlemoenstropery ‘het hart van goud’

Van links is Julian Brown, Eugene Victor en Brandon Turner in die hooggeregshof in Port Elizabeth (Foto: Raahil Sain/African News Agency/ANA)

Julian Brown, die baasbrein agter ʼn perlemoenstroopsindikaat, het Woensdag emosioneel geraak toe hy in die hooggeregshof in Port Elizabeth geroep is om ter versagting van sy vonnis te getuig.

Brown is vroeër skuldig bevind aan rampokkery en oortreding van die Wet op Marienehulpbronne. Hy het aan die hof gesê hy is bereid om die armoedige Walmer-township op te gradeer as deel van sy straf om sodoende die gemeenskap te help.

Nicola Hutton (34), Brown se suster, is ook geroep om te getuig. Sy het aan die hof gesê Brown het deur sy boumaatskappy talle werkgeleenthede geskep vir sukkelende gemeenskappe. Sy het vertel van ʼn voorval toe Brown glo ʼn bejaarde man gered het toe sy voertuig deur woedende betogers aan die brand gesteek is.

“My broer het ʼn hart van goud. Hy het huise gebou vir mense wat geen heenkome gehad het nie en het ʼn Malawiese werknemer huis toe gestuur omdat hy sy familie vir vyf jaar nie gesien het nie,” het sy gesê.

Sy het aangevoer Brown sal ʼn groter bate wees buite die tronk as agter tralies en het die hof gesmeek om haar broer genadig te wees. Sy het ook versoek dat die hof Brown se lewensmaat en hul tweejarige dogtertjie wat van hom afhanklik is in ag neem.

Toe staatsaanklaer Martin le Roux egter vir Hutton kruisondervra, het sy verdedigend geraak en beweer sy weet niks van Brown se betrokkenheid by onwettige perlemoenhandel nie en dra geen kennis van sy bates nie.

Le Roux het Hutton se bewering dat sy en haar broer ʼn baie hegte verhouding het bevraagteken en daarop gewys dat sy dan geen kennis dra van sy sake nie. “Ek het ʼn goeie werk, ek is getroud, ek weet regtig nie veel van sy lewe of persoonlike sake nie,” het sy geantwoord.

Adv. Terry Price, vir die verdediging, het die hof gevra om nie sy kliënt tronkstraf op te lê nie en gesê daar is geen bewyse dat Brown finansieel voordeel getrek het uit die bedrywighede nie. “Nie ʼn enkele perlemoen is in Brown se besit gevind nie en daar is geen bewyse dat hy ʼn motor, huis of aandele besit het nie,” het Price gesê.

Die staat het op sy beurt beklemtoon dat Brown nooit aangekla is van die onwettige besit van perlemoen nie en dat die waarde van die perlemoen irrelevant is. “Dit is nie nodig om te bewys hoeveel geld hy gemaak het nie. Of dit nou R10 miljoen is of R100 miljoen is, die punt is hy het georganiseerde misdaad gepleeg,” het Le Roux gesê.

Le Roux het die hof herinner dat Brown vervolg en skuldig bevind is vir rampokkery – die gebruik van marienehulpbronne om ʼn onderneming te skep deur onwettige bedrywighede. “Georganiseerde misdaad in die wêreld genereer ʼn groter inkomste as die hele Afrika. Dit is ʼn baie ernstige oortreding.”

Le Roux het nie die hof versoek om Brown ʼn spesifieke vonnis op te lê nie, maar het die hof daarop gewys dat rampokkery ʼn maksimumvonnis van lewenslange tronkstraf of ʼn boete van R100 miljoen dra.

Brown was aan die hoof van ʼn onderneming saam met Eugene “Boesman” Victor en Brandon Turner. Die onderneming het perlemoen gedroog, gesout, verpak, gevries en verwerk vir verkope buite Suid-Afrika.

Victor is skuldig bevind op aanklag van swendelary, oortreding van die Wet op Marienehulpbronne, dat hy ʼn valse lisensie vertoon het, vervalsing, bestuur sonder ʼn rybewys en die besit van perlemoen. Turner is skuldig bevind op aanklag van swendelary en die oortreding van die Wet op Marienehulpbronne.

Die vonnisuitspraak sal na verwagting op 1 Maart gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Abalone Capone ·

‘n Krimineel met ‘n hart van goud….’n moderne Robin Hood wat marine lewe plunder en dan aanbied om ‘n township op te gradeer om straf vry te spring. Ek het nou wragtig alles gehoor. Het die mensdom mal geword?

George ·

Maar tot op hede was hy die baasbrein agter perlemoenstropery. Kry vir jou.

humor ·

Hy kan n hart van goud he, maar in hierdie goed georganiseerde misdaad is hy steeds n krimineel. Sal goed wees as agter die kap van die byl kan kom oor hoe die proses van stropery aan die kus verloop het.

Pvt ·

My neef ook in die bedryf.. met geld ja het hulle groot harte.
Baie maklik om geld weg te gee waarvoor jy nie gewerk het nie.
Het hy belasting betaal? Glo nie.
Die is ‘n siekte en al hoe hulle leer is laaaaank gaan sit.
Sal hulle nog goeie harte he met gewone salaris?

Sê maar net ·

Dankie dat jy dit so sien PVT. Ons weet van mense in die omgewing wat ook doenig is met perlemoen. Gooi geld rond asof dit uit die mode gaan. Hulle kan maklik geld uitdeel, maar wanneer hulle rekeninge betaal of die ‘regte’ ding moet doen, is dit maar ‘n ander storie. Hulle doen al hierdie ‘goeie dade’ omdat hulle ‘skuldig’ voel oor hulle maklik en skelm geld verdien. Dit is definitief ‘n siekte, hulle lag vir die polisie, hulle koggel hulle uit. Ek wens daar kan ‘n stop aan dit kom, maar dit sal nooit ophou nie, die netwerk is net te groot. En hulle gee nie om om vir ‘n tyd in die tronk te sit nie, want hulle kom wel uit en doen dit maar net weer. Die besighede wat hulle het, is ook net ‘n skyn, sodat mense dink hulle doen iets anders.

Barries ·

So maw, die Zuptas het ‘n hart van platinum, of dubbel platinum? Want hulle het baie meer plunder-geld spandeer onder die vaandel van “upliftment”. …bygese, deesdae het my eie waardes en etiese normes ook seker verval,of in lyn gekom, want eks nou nie meer seker of hy skelm is en/of hy dan nou ‘n entrepreneur is met ‘n oog vir ‘n “gap” nie?

Snowball ·

Suid Afrikaanse seelewe word verwoes deur gewetenlose kriminele – vanaf die dwelmverslaafdes wat perlemoen duik, tot by die sg besigheidsmanne wat dit skuif, verby die omgekoopte amptenare tot in die Ooste waar die aanvraag vandaan kom, is ‘n hele netwerk kriminele. Hulle moet eenvoudig so ‘n hewige straf oplê, vir enige een betrokke (soos 30jaar ononderhandelbaar), dat dit absoluut ‘n afskrikmiddel word. SA se kuslyn word onherstelbaar verkrag deur hierdie tipe.

brens ·

Ek kon nog nooit verstaan hoekom diamante…perlemoens etc…wat deel vd aarde is wat aan almal behoort onwettig is nie?

M ·

Bren ek stem 100 % saam. Maar mense soos die illuminati moet hulle inkonste beskerm. Ons het ons eie ryk mense in SA wat hulle diamante beskerm. Die res vd mensdom moet krepeer van elende

Poot ·

@brens
Waaragtag!!!!! Ek kan nie glo jy maak so stelling nie.

Petro ·

Jy het darem nie nou gedink nie. As alles free for all was… Wat sal oorbly?

@Brens ·

Absoluut! Kom ons leef asof daar nie ‘n môre is nie, dan is daar binnekort NIKS oor om te bewaar vir die nageslag nie.

lisa ·

julle kan vreeslik oordeel. ek ken Julian. hy is regtig n goeie man. altyd behulpsaam. kyk mooi na sy mense. hyt sy foute gemaak en sy les geleer. hy verdien n kans om reg te maak daarvoor. en hy is reg, dit sal hom beter doen om buite die trunk as binne te wees. hy maak tenminste reg waar hy verbrokkel het. hou julle slegte kommentaar vir julself.

lisa ·

Julian is n goeie man, ken hom. hyt sy foute gehad nes enige mens, en hy maak dit darem reg. julle wat so oordeel, ek hoop julle het ook nie geraamtes in die kas wat kan uitklim nie..

lisa ·

ek hou duim vas vir jou Julian dat alles goed verloop. jy het inderdaad n goeie hart.

Sê maar net ·

Lisa, jy ken duidelik net sy goeie kant. Hy het nie foute gehad nie, hy het dit nogsteeds. Ons almal het foute, maar wraggies, om met wetteloosheid te speel en te dink dis reg moet daar iewers groot fout wees. Sy geraamtes het nog nie eens begin uitklim nie, glo my, daar sal nog baie in wees. Hierdie bedryf is nie speletjies nie.

E.K stem saam met Skroef ·

Skroef – stem 100% saam met jou. Brens en M – om hulpbronne te plunder wat ander van ‘n inkomste beroof en lukraak te veroorsaak dat ons marine bedryf ingevaa kom sowel as om die balans in die natuur te versteur is krimineel en klaar. Hoe verstaan julle DIT nie? Klink of die ou nou krokodiltrane huil en skielik wil “help” om uit die bollie te kom. Elke krimineel kan dan nou maar in die vervolg aan die hof voorstel wat hul strawwe moet wees. Ek pleeg ‘n moord, maar ek sal by die DBV gaan hondehokke skoonmaak, wnat “ek het ‘n hart van goud”…asseblief!

lh ·

Die hof behoort beslag te lê op die vuilgeld wat jy aan Walmer wil bestee! jy het dit onwettig verkry. Sover dit sy ‘afhanklike’ lewensmaat aangaan, gaan soek vir jou ‘n job ou girl! ek is al 60 en werk elke dag van my lewe. . .

christa ·

wil hy nou kom versagting vra na hy die land help verwoes het? Geen versagting. om township op te grader sal nie die skade herstel nie. Swaar straf sal hom tot besinning bring

At Dippenaar ·

Ag asseblief. ‘n Hart van goud en daar word in die hof gesmeek? Al Capone is ook aan rampokkery skuldig bevind en het in Alcatraz van sy troontjie geval. Brown dis jou beurt – die tronkdeure wuif.

christa ·

hulle plunder vir jare met die wete dis teen die wet, en voel vere vir ander, maar as hulle gevang word is hulle so jammer en dan is hulle so onskuldig. Hulle weet goed om dit so skelm moontlik te doen en in die geheim maar as gevang word is hulle die onskuld self. Sy houvrou moet maar gaan werk want sy was mos bewus van wat aangaan. Sy moes as medepligtig aan gekla wees

Terra ·

Ek het ook ‘n hart van goud, mag ek dan met diamante smokkel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.