Die video is onlangs op YouTube gelaai en word wyd op ander sosialemedia-platforms versprei. Die voorval het glo op 23 Oktober in die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe plaasgevind.
Volgens die persoon wat die video op YouTube gelaai het, het ʼn motoris teen ʼn hoë spoed deur die park gery en die klein olifant getref. Die olifantjie se bene en rug is glo gebreek en hy is glo later doodgeskiet. Gebruikers van sosiale media het woedend reageer op die video en geëis dat die persoon wat die motor bestuur het voor stok gebring moet word.
Maroela Media het intussen kontak gemaak met Zimbabwe se Parke-en-Wildlewebestuursowerheid (Zimparks) wat verantwoordelik is vir die bestuur van die land se nasionale parke. Caroline Washaya-Moyo, woordvoerder van Zimparks, was nie onmiddellik bewus van die voorval nie maar het gesê hulle sal ondersoek instel en terugvoer gee.
WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.
Stem saam, die bestuurder moenie wegkom met dit nie, jy weet mos as jy binne ‘n park ry waar diere is moet jy ten alle tye stadig ry. Hoe moet daai arme klein olifantjie se ma nie voel nie, wonder of hierdie bestuurder ‘n kind ook sal raak ry.
Dit is afgryslik d/d bestuurder moet ten alle koste veer volg word
Soo hartseer kan u jouself probeer indink die pyn waarin d/d baba verkeerd het toe die trop hom wou ophelp. Dit is baie duidelik watt hier gebeur het, die motor het teen n te hoe spoed op die trop afgekom en tussen hulle ingejaag en die baba ernstig vermink. Geen mens sal sommer tussen olifante met kalwers injaag, jy soek mos moeilikheid. Hierdie bestuurder moet tot verantwoording ge roep word
“WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.”
Iemand wat nie hierdeur ontsteld is nie, het nie ‘n hart nie. :-(
Ek stem Patat. Daardie hartseer geskree en die pogings om die ou dingetjie op te tel is verskriklik!
Dis afgryslik dat iemand n dier so kan laat ly.die bestuurder wat dit veroorsaak het moet baaaaaie swaar gestraf word en nooit weer by enige wildpark toegelaat word nie.die bestuurder het nie n hart nie en ek wonder of hy/sy nie maar aan diereliefhebbers uitgelewer moet word nie, hulle sal hom/haar goed laat les opse
Daardie diere toon meer menswaardigheid as plaasaanvallers, molesteerders en verkragters…
Dit verstom my altyd dat sulke mense in die natuur beweeg. Hulle het nie die waardering en liefde daarvoor nie, wat die persoon se optrede duidelik illustreer. Maar ‘n 4 x 4 gee mense mos regte.
Maak my so hartseer, dit was so onnodig. Die trop grootvoete het so bekommerd reageer.
Dit is so hartseer kry skoon ‘n knop in my keel, bestuurder moet boet.
Dit is afgryslik, die mamma wat huil en roep en die klein olifantjie wat die oortjies swaai en probeer opstaan. Onmenslik! die jaagduiwels is gewoonlik die personeel in die park en wat sake doen in die park. Ek dink elke mens kan leer by die dier hoe om bymekaar te staan. Ek hoop uit my hart hulle vang die boef en doen aan hom wat hy aan die ou dingetjie gedoen het.