
Die bakkie is erg beskadig na die trekkerband ontplof het (Foto: Reaction Uinit South Africa, Facebook)
ʼn Bakkie is erg beskadig toe ʼn trekkerband wat daarop gelaai was by ʼn vulstasie in Verulam in KwaZulu-Natal ontplof het.
Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê ʼn lid van Rusa was besig met ʼn patrollie in die gebied toe hy skielik ʼn ontploffing gehoor het. Hy het ondersoek gaan instel en vasgestel dat die ontploffing uit die vulstasie se rigting gekom het.
“’n Trekkerband, wat agterop ʼn Ford-bakkie se bak gelaai was, het ontplof terwyl ʼn man besig was om dit met lug te vul,” vertel Balram.
Die bakkie se bak is erg beskadig en die agterruit het aan skerwe gespat.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
- Die band (Foto: Reaction Unit South Africa, Facebook)
- De bakkie se bak is erg beskadig (Foto: Reaction Unit South Africa, Facebook)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Ek wonder wat het geword van die ou wat op die band gesit het?
Arme Bakkie
Hiertjou….maar so Trekkerband kan gevaarlik wees.
Al gehoor van n staalhok vir bande ook op n voertuig en nie net in die werkswinkel nie. Baie belangrik vir sulke groot bande. Wonder of dit dalk nie te veel lug ingevoer is nie. Ou laai om lekker te klets en nie op te let nie.
Ok maar lekker stupid…..