Video: Bakkie wat wegjaag sleep voetganger

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Waarskuwing: Die video is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Ma van ʼn vier maande oue baba is Dinsdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval etlike meter ver in Johannesburg se middestad gesleep is.

Nkosi Gumbe, ʼn ooggetuie wat in ʼn winkel werk naby die plek waar die voorval op die hoek van Bree- en Gerard Sekotostraat in Newtown plaasgevind het, het Donderdag aan Maroela Media gesê die bestuurder van die bakkie, glo in sy laat 30’s, was voor die voorval in ʼn winkel in die omgewing. Hy het omstreeks 13:50 die winkel verlaat en in ʼn wit Toyota Hilux, met ʼn swart enjinkap, geklim. “Hy het in trurat uit die parkering gery toe hy ʼn ou blou Mazda gestamp het,” het Gumbe gesê.

Die bestuurder van die bakkie. Foto: Verskaf

Die bestuurder van die bakkie. Foto: Verskaf

“Die bestuurder van die Mazda het uitgeklim en op die bestuurder van die bakkie geskreeu, waarna die bestuurder van die bakkie weggejaag het.” Die bakkie het die vrou getref terwyl sy besig was om Gerard Sekoto-straat by ʼn kruising oor te steek. Sy is sowat 15 meter ver gesleep voordat sy onder die voertuig uitgekom het, waarna die bestuurder na bewering van die toneel weggejaag het.

Die vrou het sigbare beserings opgedoen. Haar arm was gebreek en sy het skaafwonde aan haar arms en bene opgedoen. “Sy het met ons gepraat en was bekommerd oor haar vier maande oue baba wat by die huis was. Sy het net vir God gebid om haar lewe te spaar vir haar baba se onthalwe.”

ʼn Ambulans het haar na die Charlotte Ma­xeke-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Haar toestand kon nie teen Donderdag bevestig word nie.

Die sleepvoorval is op kringtelevisiebeeldmateriaal vasgelê. Die polisie was Donderdag by winkels in die omgewing om beeldmateriaal na te gaan en verklarings af te neem.

Gumbe het gesê die bestuurder van die bakkie het nie besope voorgekom nie en die voorval hou nie verband met die diefstal van ʼn motor of ʼn rooftog nie.

Sr.supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van Johannesburgse metropolisie, het aan Maroela Media bevestig dat die metropolisie die beweerde tref-en-trap-voorval geregistreer het en die saak na die polisie oorgeplaas het vir verdere ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Die publiek word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te bel as hulle ʼn bakkie sien wat die beskrywing pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Verstom ·

Die polisie versoek dat die publiek moet laat weet as hulle n bakkie sien wat by die beskrywing pas?? RERIG? Die nommerplaat van die voertuig is tog duidelik sigbaar. Dit behoort besonder maklik te wees om hierdie buffel op te spoor en te vervolg.

Lance ·

Die nommerplaat is dan duidelik sigbaar …gaan na die adress en vang die man …of is alles nou weer vervals …

Regtig! ·

Kan ek jou oogarts se nommer kry – wil my oe laat toets want ek kan nie die nommerplaat sien nie!

Alien ·

FC 12 something something GP, dit behoort genoeg te wees nog met die make and model by?

Ella ·

Ja nee kyk, die wonderlike polisiediens van ons…. Soos daar gese is, daar is die nommerplaat, hoe moeilik kan dit wees!!! Maar nee, die publiek moet nou weer help.

Kiepie ·

Ek weet nie waar sien julle die nommerplaat “duidelik sigbaar” op die video nie. Sigbaar miskien maar beslis nie leesbaar nie. Miskien kyk julle teveel speurverhale want dit is ook nie so maklik soos wat dit lyk om die beeld digitaal te verskerp nie. Maar nou ja, die klaers en morrers sal maar seker altyd met ons wees.

Regtig! ·

Ja nee Kiepie, ek stem saam. Daar is altyd mense wat beter weet. Wonder hoekom word hul nie privaat speurders nie!

Ja-Neh ·

Ja net soos jy Kiepie jy praat tegnies van jouself,en dit is duidelik of is jy nou die speurder?

tamboti ·

Amper ry die “VERMEENDE” wat geen gesag vir wet en orde het nie, die arme vroutjie in haar DOODSKIS in. Maar nee dit sal mos nou nie rassism wees nie – dis gewone misdaad.
As ek hom kry sal daar groot rassisme wees!
EK HOOP SY HERSTEL GOU!

Griet ·

ek is net dankbaar die bestuurder is nie wit nie, want dan was daar probleme…

Raymond ·

AiAiAi!!” Dit is tragies wil voorkom of hy nie n bestuurslisensie het nie (vervalste een dalk)

Buitestander ·

Daar is tegnieke om die registrasie plaat te vergoot en te kan lees as mens regtig wil.
Nr. Plaat is maar seker vervals en nie bruikbaar nie.
Geniet dit.e speurwerk.

Anoniem ·

Is die registrasie nommer nie: FC12FB GP (dis wat ek sien)

Gerhard ·

ek het die nr “gesnip” en vergroot en dit is wat ek sien FC 12 FB GP…so maklik soos dit

Santjie stoof ·

In die kol anoniem….
So duidelik soos daglig.
Waarvoor soek hulle??

Anoniem2 ·

Die nommerplaat is duidelik sigbaar op die skermskoot wat bo aan die berig is

mosselbos ·

As almal kla gestry het oor die nommerplaat….kan ons asb meer simpatie he vir die arme vrou wat so aaklige ondervinding moes deurmaak. Is da n manier wat mens kan bydrae? Ek is.bereid om dit te.doen. Of is sy nou weer nie wit genoeg om simpatie/ondersteuning te ontvang

Jan Spanner ·

Ek stem Santjie stoof, daai nommer is duidelik sigbaar

Ja ja ·

Wat wed ek julle hy gaan absoluut niks oorkom nie. Selfs al neem hulle hom in hegtenis behoort hy die volgende dag weer terug agter die bakkie se stuurwiel te wees om nog iemand om te ry. Hy ry in ‘n bakkie, nie ‘n doodskis nie.

Anel ·

My komentaar gaan seker nou weer verwyder word. Soos dit vir my lyk is hierdie weer ‘n geval van swart op wit! As dit anders om was wasr daar nou weer groot skaalse onluste. Ek soy van hietdie regering verwag om die vrou se mediese koste te dra. ‘n Misdadiger word na ‘n privaat kliniek geneem maar hierdie wit slagoffer na ‘n openbare hospitaal. Sou sy die baba verloor moet die regering van moord asn gekla word aan gedien niemand van hulle nog ‘n woord gerep het nie.

Griet ·

Ek is 99% seker die bestuurder en die slagoffer was swart. Niks met kleur te doen nie.

Anel ·

Asseblief Maroela. Hier is op die oomblik dubbele standaarde. Ons blankes word vermoor en dan is dit misdaad. Maar as ‘n blanke skeef kyk vir hierdie ander nasie is dit rasisme en ‘n misdaad.

Wow ·

Daarsy “Regtig!” en “Kiepie”. Niemand het JOU, “Regtig!” persoonlik beledig nie, waarom doen jy dit? Jy kort baie duidelik n nuwe oogarts en bril. Laat ek ook maar beledigend raak teenoor jou. Die taal wat jy praat is die taal wat ek moet gebruik om jou te laat verstaan. Niemand sien hulself as privaatspeurders en poog ook nie om te probeer “beter weet” nie. Just stating the obvious! Dis juis uit simpatie teenoor die arme vrou en om die buffel op te spoor dat die nommerplaat genoem word…… En ons hoop hy word gevang en vervolg.

Celeste ·

Uit artikel blyk dit darem of vrou buite gevaar is, wat wel opvallend was, was hoe die nie blankes haar te hulp gesnel het plus haar goedjies opgetel het……

Danie ·

Sal seker nie verder van die storie hoor of die ondersoek nie….wit is mos die slagoffer…so what….gee julle `n brief die ding gaan net dood loop……

Raymond ·

Bly maar kalm hy sal gevang en verhoor word dit verseker ek julle

Chris ·

Baie jammer oor die “wit” vrou wat deur die “swart” man raakgery is. Hierdie is egter nie ‘n rasistiese voorval nie. Bykans al die “swart” mense in die omtrek, snel die “wit” vrou te hulp, tel haar goed op en vat dit vir haar. Rasisme kan net ophou as ons ophou fokus op “kleur” en onderskeid begin tref tussen “goed” en “sleg”, onge-ag die kleur en dan saamwerk om die “sleg” tot verantwoording te roep.

PJ ·

Jy is so reg Chris…kyk selfs die taxi bestuurder spring uit en gaan help. Dit moet ons bietjie hoop gee?
Hoop hulle vang die verskoning vir ‘n man wat haar so genadeloos omry en sluit hom toe!!

Karina ·

Wat my bekommerd maak is feit dat sy se, sy is bekommerd oor haar 4 maande oue baba by die huis. Hopelik was die baba nie alleen gelos nie en sy gou uitgeglip het erens heen nie. Wat gebeur het met haar is erg ontstellend en verskriklik!!! Hoop sy herstel gou….

Hanri ·

@Anel, sy is nie swanger nie, sy het n 4 maande oue babatjie by die huis….

Albert ·

Nerens in die berig staan daar dat die polisie nie weet wie die eienaar/bestuurder van die voertuig is nie. Hul vra net dat sou iemand weet waar die voertuig is hul die SAP moet kontak. Hul het heel moontlik n address maar dit beteking nie die persoon bly meer daar. Komaan mense jy hoef nie n genie te wees om bietjie verder te dink

maraai ·

Ai mense die kleur maak nie saak nie. Die vrou is raak gery deur n man wat duidelik nie pad reels ken nie en geen respek het vir voetgangers nie… Ek hoop regtig die vrou is ok en sal gou herstel… dink aan die famielie…

Ali ·

Is dit nou nie tiepies nie. SAPS. Wow awsome beskerm Suid Africa maar vra publiek moet hulle werk doen sodat hulle nog minder kan doen. Ek hoop regtig hul vang die bestuurder en gee hom max straf. Maaaaaar oooooo nee ganie werk nie
Tronke het mos tv in en privaat spyseniers maak mos kos vir hulle.

..

Asjas ·

Wat my onderkry is daardie woordjie “beweerde” “beweerde tref-en-trap”. Ek het die video gesien, dit HET gebeur, of verstaan ek betekenis van “beweerde” verkeerd?
Ek hoop hulle vang die maniak en sluit hom toe vir baie jare. Ek vreet my hoed op as hy lesensie het!
Die arme vrou moet hom ook dagvaar vir alles wat hy het sodat hy nooit weer agter ‘n stuurwiel kan inklim nie, hy moet vir die res van sy lewe loop waar hy wil wees.

Johannes Meintjes ·

Tref en trap ongelukke is meestal traumaties. Wat my as belastingligtige en wetsgehoorsame burger in die Nuwe SA egter meer en meer op grondvlak opval is ‘n groeiende frustrasie in padgebruikers en voetgangers. Elkeen skyn daarop uit te wees om oor ‘n stopstraat, rooi verkeerslig, padsperstreep of versperring te jaag, of die spoeddperk te ortree of op iemand te gil/vinger of handgebare tekens te wys. Is dit nog ‘n simptoom van ons drukkoker samelewing waar die gebrek aan goie en oortuigende regering vanuit kerk en staat asook swak besigheid of swak gehalte van goedere almal gedurig hoog die josie in hou?

My tweesent bydrae ·

Die probleem is nie frustrasie nie . Wat ek ondervind is selfsugtigheid en swak wetstoepassing .

w Botha ·

Dis nou die soveelste keer dat ek nie Maroela Media se video’s kan speel nie ?

Sune van Heerden ·

Dagsê W Botha

Jammer vir die ongerief! Probeer asseblief om die artikel direk in jou webblaaier (bv. Chrome, Firefox, Internet Explorer) oop te maak. Laat weet ons asseblief by [email protected] indien die probleem voortduur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.