Video: Barmhartige Samaritaan op M1 doodgery

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Man, glo in sy 50’s, is Saterdag op die M1-snelweg naby Marlboro-afrit in Gauteng dood toe hy stilgehou het om ʼn ander motoris te help wie se motor onklaar geraak het.

“Paramedici was omstreeks 16:00 op die toneel,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man se liggaam het in ʼn sloot langs die snelweg gelê.”

Volgens Meiring het die man wie se motor onklaar geraak het, verduidelik dat ʼn voertuig in die linkerkantste baan verbygekom en die helper getref het. Die man is só hard getref dat hy oor die voertuig geslinger het en in die sloot beland het.

“Paramedici het KPR op die beseerde man probeer toepas, maar hy het geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het hy bygevoeg.

Volgens Meiring het nog ʼn motoris, met sy gesin in die motor, stilgehou om te help oomblikke voor die ongeluk gebeur het.

Almal op die toneel was baie geskok.

“Volgens omstanders het die voertuig wat die man getref het net bly ry. Die voorval is aan die polisie oorhandig.”

Een persoon se paneelbordkamera het die voorval afgeneem. Die video volg onderaan die foto.
Klik hier om die foto van die skermskote in ʼn groter formaat te sien.

Foto's: Skermskote uit die video, saamgestel deur ER24

Foto’s: Skermskote uit die video, saamgestel deur ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

Het die een nou regtig gedink hy gaan net wegkom?? Daar is ALTYD iemand wat iets gesien, of in die geval afgeneem het. Wat se soort “mens” ry iemand dood en ry net ewe aan??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.