
‘n Skermgreep uit die video.
ʼn Video van ʼn polisiebeampte wat kwansuis weier om ʼn boer by te staan wat ʼn klag van betreding aanhangig wil maak, het sosiale media aan die gons.
Die boer, wat anoniem wil bly, het aan Maroela Media gesê die voorval het Maandag omstreeks 12:00 by die Vaalwater-polisiestasie plaasgevind.
“Ek het ingestap by die stasie; hy was die enigste beampte daar. Ek het hom gevra: ‘Can you please help me, I want to open a case of trespassing?’ Die man het net gesê: ‘I’m not going to help you.’ Hy het omgedraai en geloop,” het die boer gesê.
Hy wou die klag aanhangig gaan maak het nadat hy glo sewe mense sonder toestemming op sy plaas gewaar het. “Ek was regtig nie lelik met hom of enigiets nie. Ek wíl hê die polisie moet my help, plaasmoorde is ʼn werklikheid,” het die boer gesê.
Die man vertel hy het na buite gegaan, ʼn rukkie gewag en toe weer ingegaan, “gewapen” met sy selfoon. “Dít wat op die video plaasvind, is wat gebeur het. Hy het net geweier om my te help.”
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is bewus van die video wat die ronde op sosiale media doen.
“Ons het reeds met interne ondersoeke begin om vas te stel presies wat gebeur het. Die voorval het glo in Vaalwater plaasgevind.”
Mojapelo het bygevoeg die polisie is baie ernstig oor dienslewering. “Ons sal nie huiwer om stappe te doen teen enige lede wat versuim om aan dié beginsels te voldoen nie.”
Kyk die video hier:
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
42 Kommentare
“Ons sal nie huiwer om stappe te neem teen enige lede wat versuim om aan die beginsels te voldoen nie”. Op die video kan gesien word dat die konstabel weier om te assisteer maar geen melding van stappe teen hom geneem al noe???
So paar jaar gelede was die Botha familie op Vaalwater geruk deur ‘n aanval en moord. Ek kan jou nou wet hierdie meneer het ook hulle klagte “af gefluit”…
Nou wil die hooggeleerdes ons vertel hier is n gematigde meerderheid in die helhool. Pleks dat hul, hul agterkwarte uit die gemakstoele lig waarvandaan hul die afleidings dokumenteer en kom voel hoe leef mens hier waar die tyre die teer slaan.
Swak, om die minste te sê.
Wat het ons min vanpolisiesport te sê oor sy manne wat so parraat is. O sorry hy kyk seker boks op tv
Hier in Port Elizabeth word mens ook geïgnoreer as jy mense wat dronk in die middel van die pad inmekaar sak en ure in die pad lė. Eers wanneer ‘n wit mens die swart mens dood ry dan sal daar ‘n saak van rasisme oopgemaak word.