Video: Beampte ‘fluit net’ toe boer saak wil aangee

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Video van ʼn polisiebeampte wat kwansuis weier om ʼn boer by te staan wat ʼn klag van betreding aanhangig wil maak, het sosiale media aan die gons.

Die boer, wat anoniem wil bly, het aan Maroela Media gesê die voorval het Maandag omstreeks 12:00 by die Vaalwater-polisiestasie plaasgevind.

“Ek het ingestap by die stasie; hy was die enigste beampte daar. Ek het hom gevra: ‘Can you please help me, I want to open a case of trespassing?’ Die man het net gesê: ‘I’m not going to help you.’ Hy het omgedraai en geloop,” het die boer gesê.

Hy wou die klag aanhangig gaan maak het nadat hy glo sewe mense sonder toestemming op sy plaas gewaar het. “Ek was regtig nie lelik met hom of enigiets nie. Ek wíl hê die polisie moet my help, plaasmoorde is ʼn werklikheid,” het die boer gesê.

Die man vertel hy het na buite gegaan, ʼn rukkie gewag en toe weer ingegaan, “gewapen” met sy selfoon. “Dít wat op die video plaasvind, is wat gebeur het. Hy het net geweier om my te help.”

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is bewus van die video wat die ronde op sosiale media doen.

“Ons het reeds met interne ondersoeke begin om vas te stel presies wat gebeur het. Die voorval het glo in Vaalwater plaasgevind.”

Mojapelo het bygevoeg die polisie is baie ernstig oor dienslewering. “Ons sal nie huiwer om stappe te doen teen enige lede wat versuim om aan dié beginsels te voldoen nie.”

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Just saying ·

“Ons sal nie huiwer om stappe te neem teen enige lede wat versuim om aan die beginsels te voldoen nie”. Op die video kan gesien word dat die konstabel weier om te assisteer maar geen melding van stappe teen hom geneem al noe???

Willem ·

So paar jaar gelede was die Botha familie op Vaalwater geruk deur ‘n aanval en moord. Ek kan jou nou wet hierdie meneer het ook hulle klagte “af gefluit”…

Pieter Jooste ·

Stop paying taxes. The sooner Citizens realize this the better. Money is King. This is not going to stop. Give yourselves the power. Stand united. The state has to protect its people. If they dont, why pay them money?

Chrisjan ·

Pieter Jooste,tel me how i can stop my employer from deducting tax from my salary.You obviously arent employed.

Eish ·

Nou wil die hooggeleerdes ons vertel hier is n gematigde meerderheid in die helhool. Pleks dat hul, hul agterkwarte uit die gemakstoele lig waarvandaan hul die afleidings dokumenteer en kom voel hoe leef mens hier waar die tyre die teer slaan.
Swak, om die minste te sê.

zoom zoom ·

Wat het ons min vanpolisiesport te sê oor sy manne wat so parraat is. O sorry hy kyk seker boks op tv

Eben ·

Hier in Port Elizabeth word mens ook geïgnoreer as jy mense wat dronk in die middel van die pad inmekaar sak en ure in die pad lė. Eers wanneer ‘n wit mens die swart mens dood ry dan sal daar ‘n saak van rasisme oopgemaak word.

Gisela van Reenen ·

Hy moet seker leer vir sy konstabel eksamen en kan nie gesteur word nie..

Vermeende ·

Vir die wat weet sal dit nie so erg wees nie.

Word tog net wakker, hy is nie die enigste SAPD lid wat so voel oor blankes nie, hy is maar net een van die min wat sy gevoel wys!

Helene. Smuts ·

verwat sy gesig verbloem op net nuut kan jy hom sien

Jd ·

Die beampte gaan absolut niks oorkom. Inteendeel sal hy dalk bevorder word. Dit is so belaglik

Johan Bester ·

Kom by n ploisiestasie in NK 6h30 in oggend om ID te laat sertifiseer.Meneer kom met bottel bier sit dit op lessenaar maak dit oop sê dit is nie wat ons dink nie.Dit is toe al half uitgedrink.Hy help ons toe baie mooi en gaan ander vertrek met sy dienspistool reg voor ons op die lessenaar.Nog in siviele klere ook.Nie in my dae in die polisie nie.

Jionetha ·

Daar gaan niks van kom ni ons regering is soos n ballon vol beloftes wat as hy bars net n groot gemors veroorsaak ons land is n plek om voor skaam te kry dis n vernedering om in SA te bly

pieterdp ·

Kan daar n saak teen die SAP lid gemaak word vir dwasboom van die reg????

HPV ·

Jare gelede het ‘n blinde man vir my gesê, daar is niks so erg as ‘n siende blinde en horende dowe mens nie. Daar sit so mens, siende blind en horende doof!

Haan ·

Die polisiestasie is n plek waar mens aansoek doen vir jou vuurwapenlisensie. Dit is al

Boet Fasie ·

As jy wit is word jy nie sommer gehelp nie, dit is deel van die taktiek dat mens jou humeur verloor en iets onverskillig se dan kan hulle jou weer “nail ” vir rassisme en haatspraak

Anoniem ·

HULLE id baie ernstig oor dienslewering?haha baie funny.die apartheids polisie was ware polisie.nie hierdie siekeboeg van n polisie diens en weermagdiens nie.

SjN ·

Hulle dink hul doen jou n guns as jy n saak aanmeld, nog n rede vir rommel status

Johannes Meintjes ·

‘n Saak van betreding is die eerste remedie in ‘n potensiaal uitgerekde en baie duur proses om grondgrype en grondbesetting te bekamp. Om vir Jan en San Alleman en vir Koos de Boer hier in die steek te laat toon sekerlik weereens dat die Staat en hulle beveiigingsinstrument, die SAPD, ook hier nie wil presteer soos wat die die belastingbetaler toekom nie! Dit is tog onredelik om te verwag dat elke grondeienaar ten duurste lidmaatskap as politieke foefie by ‘n “menseregte” organisasie moet opneem om duur en uitgerekde hofverrigtinge te kan hanteer. Lyk my almal boelie mos nou ons burgers, boere en grondeienaars, en laat hulle in die steek!

Brandwag ·

Die Polisielid kan aangekla word net op gronde van Batho Pele en die Polisie se Visie.Ek het so ruk terug ook n voorval beleef waar n Polisielid baie arogant was geen respek getoon het nie en daar geen dissipline was.Ek het hom maar net gemerk as een van my vyande en deesdae raak die lys lank.As ek en my mede Burgers die Polisie en die Regering van die dag as jou vyande begin beskou dan moet ons besef daar is groot fout.

Blits ·

As dit die houding is van die flippen polisie teenoor boere dan kan n mens nou wragtig verstaan hoekom hulle net mooi niks doen aan plaasmoorde nie.

DAVID ·

En die Minister van polisie skitter in sy afwesigheid,dit is die diens wat ons as belasting betalers van SAPS kry,en die is nie n geisoleerde geval nie,weereens gaan daar geen stappe teen konstabel geneem word nie,lekker in SA

Sonja ·

Die ergste van alles is, dat die polisie nie wil he die boer moet reg in eie hande gebruik nie, maar wat maak jy indien jy geen hulp van hulle kry nie. Moet jy nou hande gevou sit en wag totdat hulle begin plak of jou vermoor, en dan uit selfverdediging optree. En as jy jouself en besittings beskerm, dan land jy in die tronk op. Ons mense moet besef hulle is verantwoordelik vir hul eie veiligheid en kan nie staatmaak op die regering nie.

Chris Ws ·

Hierdie aangeleendheid hoord direk onder minister Fikile Mbalula se aandag gebring te word.Daai polisieman hoord disipliner aangekla te word want hy versuim sy PLIG.

nossob ·

Dan kom mens op gemeenskap veiligheids vergadering. dan beskuldig die stasie bevelvoerder die boere omdat hul nie sake aanmeld nie? dis hoekom nie.

Boet Fasie ·

Presies wat met Vickie Momberg gebeur het en toe sy haar vererg oor swak dienslewering se sy die verkeerde goed wat haar R 100 000 kos . As die boer sy humeur verloor het moes hy ook seker opgedok het vir die skitterende diens wat hy ontvang het.

PJC ·

Dit is deesdae wenslik om ń getuie of twee saam met jou te hê wanneer jy met die polisie deurmekaar is. As dit moontlik is lê ook alles op video vas dan kan jy dit agterna as getuienis gebruik indien nodig.Ongelukkig werk dinge nou so in ons mooi land.

Boet Fasie ·

JPC – Ongelukkig is dit die nuwe Suid Afrika waar jy jouself moet bewapen met selfoon kamera, dash cam in jou voertuig en kameras om jou huis.

Von ·

Dis mos n duidelike bewys van geen diens deur Polisie nie! Terwyl hul n eed moet aflê na hul uitgebaseer het! Ons land verval in algehele wanorde! Almal skree Vrede Vrede terwyl die hel om ons losbars!

Boet Fasie ·

Nee Drikus jy is verkeerd -: hy gaan bevorder word na Stasiebevelvoerder –

Mick ·

Hoekom so verbaas en kwaad?

Is dit nie presies wat voor gevra was toe die meerderheid destyd vir F.W. bygestaan het om vir wolf te staan en skaapwagter maak nie?

Almal wou mos bloedvergieting voorkom en demokrasie vestig? Die onderdruktes ophef en saam in Utopia handjies vashou en kumbaja sing?

Dis nou te laat vir teem oor saak diens en geweld en moord en korrupsie.

Hierdie is die pad wat ons elke dag vrywillig stap, because we want to have our cake and eat it!

Met die refferendum destyd, toe net blankes kon stem en die gemors of stopsit of aan die gang sit, het net blankes gestem en dit begin.

And now it’s all done, except for the crying.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.