Video: Beesvrektes nie weens ‘politieke motiewe’

‘n Skermgreep uit die video wat die talle gevrekte beeste wys.

ʼn Video van ʼn klomp gevrekte beeste wat op sosiale media rondgestuur word met die boodskap dat die meer as 1 000 diere Maandag vergiftig is, hou volgens die KwaZulu-Natalse landbouorganisasie Kwanalu nié met enige politieke motief verband nie.

Die boodskap lui dat die beeste vergiftig is “om die grond te kry”.

Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, het gesê die video, wat die vrektes van ʼn groot getal beeste by ʼn voerkraal in Dundee wys en die voorval aan politieke motiewe toeskryf, is foutief.

“Ons verstaan dat die voerkraal ʼn ernstige probleem ondervind en dat toetse op die voer gedoen word wat glo gelei het tot ʼn groot getal vrektes.

“Ons glo nie dat enige vuilspel vermoed word nie en meen dat die video versprei word om die boerderygemeenskap te destabiliseer.

“Ons doen ʼn beroep op sosialemediagebruikers om inligting eers te bevestig en dit nie blindelings aan te stuur nie,” het La Marque gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lourance ·

Wel, hul moor die boere uit vir grond, so hoekom nie die vee ook nie.

ChrisE ·

Ons moet oppas dat ons nie irrasioneel begin optree nie. Ek het dieselfde video ontvang. My eerste emosie was woede. Ek tel toe tot tien en lewer kommentaar aan die persoon wat dit vir my gestuur het dat dit vir my onaanvaarbaar is. Gesien in die lig dat dit ‘n voerkraal geval is laat die vraag by my onstaan wat meng die mense om die vee mee te voer? Die slim mense sal dit seker hetfig ontken dat die middels (hormone of wat ook al) skadeloos is vir die mens. Die vraag bly egter wat is in die veevoer wat so effek op die diere het dat hulle vrek agv ‘n “foutjie” in die berekening. Laat mens wonder.

Rudolph van Wyk ·

Voerkrale is doodskampe vir onskuldige diere. ‘n Mens sou dink dat ‘n volk wat Kitchener se konsentrasiekamp beleid en Hitler se ‘finale oplossing’ oorleef het met groter deurnis na sy mede skepsels sal omsien. Kitchener en Hitler is gedryf deur ‘n politieke motief, ons genadelose optrede word suiwer gedryf deur ‘n paar minute se smaak

Hartseer ·

Maak nie saak wat die lam storie hier agter is nie, feit bly staan, die diere sterf waarskynlik ‘n pynlike dood. Dit is onnodig en onaanvaarbaar. Iemand moet swaar gestraf word hier. Dit is wat gebeur as mens jou nie by jou vaardigheid en beroep hou nie.

Jan ·

Snert sie voer kan nie een dag ok wees en die volgende dag al die beeste skielik laat sterf nie…

piet piet ·

Ek dink as dit die voer was sou ander beeste ook gevrek het en nie net die nie,plase word afgebrand hoekom nie ook diere vergiftig nie maar doen maar eers toetse.

Derek ·

Staaaadig nou oor die klippe,mense!
Ken vir David persoonlik en moltatek en ander veeartse het monsters kom neem vir ontleding en geen vuilspel word vermoed

Dawid ·

WAG eers vir amptelike uitslae VOOR die bobbejaan agter die berg gehaal word!

BAIE STERKTE aan die boer vani vee, dis n verskriklike groot verlies

akram ·

Ek moet saam stem dat die voerkrale doodskampe is. Dit werk so, van die plaas na die kraal na die braai of pot. Baie geniet n sappige T been. Dis n groot verlies vir die voerkraal en ek hoop die probleem word vinning opgelos.

Rudolph van Wyk ·

Ja akram, dit is die toppunt van ons selfsugtigheid wanneer ‘n paar minute se smaak vir ons belangriker is as die lewe van ‘n onskuldige dier.

Ellen ·

Ag nee, hoekom vergiftigde gee.. Dit is wreed. Diere is nie vra vir dit nie. Shame. Kos geld baie verloor aan bees. Vreeslik hartseer. Neeman giftige gee nie. Moet polisie ondersoek word. Dankie.

Willie ·

Kyk met die droogte, waar is die staats hulp???Waar?? Maar ons belasting geld work miljarde gegee vir die ontwikkeling van swart boere???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.