[Video] Bejaarde erg mishandel: ‘Verpleegster’ hoor haar lot

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die voormalige verpleegster wat daarvan aangekla is dat sy ʼn 84-jarige kankerpasiënt in ʼn versorgingsoord in Oos-Londen aangerand en mishandel het, het gister weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Ncediswa Mkenkcele is skuldig bevind op vyf aanklagte van aanranding. Sy is tans uit op borgtog en het nie ʼn werk nie.

Die mishandeling van Hope Shepherd, ʼn inwoner van die Lily Kirchmann-tehuis, het aan die lig gekom toe haar kinders beeldmateriaal van ’n versteekte kamera aan die polisie oorhandig het. Die aanranding het van minstens einde Desember 2014 tot Februarie 2015 plaasgevind. Mkenkcele het kort daarna bedank voordat sy in hegtenis geneem is.

Shepherd is ná die voorval na ʼn ander versorgingsoord verskuif. Sy is in Desember 2015 dood. Volgens Deanne Guild, een van Shepherd se dogters, glo die familie dat haar ma se dood aan die aanrandings toegeskryf kan word.

“Ons hoop regtig sy word swaar gestraf. Dit is so hartseer dat kwesbare mense uitgebuit word. Dit is waarom ons so hard geveg het hiervoor – om ʼn voorbeeld te stel en te wys dié soort gedrag is onaanvaarbaar.”

Shepherd se kinders het onraad vermoed aangesien hulle ma heeltyd blou kneusplekke gehad het wat nie verduidelik kon word nie. Shepherd het keelkanker gehad en haar larinks is verwyder. Sy het deur ʼn gat in haar keel asemgehaal en was nie in staat om te praat of te skryf nie. Die kinders het toe ʼn kamera in hul ma se kamer versteek en later op die beeldmateriaal gesien hoe hul ma mishandel word. Van die beeldmateriaal het gewys hoe
Shepherd onder meer met ʼn reukweerder-blikkie teen die kop geslaan word, waarna die reukweerder in haar gesig en ook in die gat in haar lugpyp gespuit word.

“My ma is nie net geklap nie. Die vrou het die hel uit haar uit geslaan en geskop. My ma het ʼn heupvervanging gehad en sy is op haar heup geskop. Die vrou het die gordyne toegetrek en die deur toegemaak en my ma dan pap geslaan. My ma was ʼn omgee-mens en wou altyd ander help.”

Tydens een van die voorvalle is Shepherd vir minstens 17 minute onophoudelik aangerand. Sy was in ʼn rolstoel en is by een geleentheid vir nagenoeg drie uur aan haar rolstoel aan die bed vasgemaak.

“Dit is ongelooflik skokkend. En dit gebeur regoor die wêreld. My ma het dit nie uitgelok nie en was nie aggressief nie. Ek kan nie glo ons leef in ʼn samelewing waar dit amper aanvaarbaar is nie. Kinders, bejaardes, geestesongesteldes en siek mense word uitgebuit.

Mkenkcele word op 30 Maart gevonnis. Guild het gesê die familie sal soos voorheen weer in die hof wees.

Waarskuwing: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

110 Kommentare

Hannes Oosthuizen ·

Sagte teiken net soos al die ander broers en susters van ons gemeenskap wat vermoor of aangerand word.

Landi Maree ·

Sy hoort ni in di samelewing
Kyk hoe lank hou dit al asn n nou eers word iets daaraan gedoen.
Dis skokend ek laat my ni vertel di inrigting was ni bewus hiervan ni

Jaja Leca ·

My hart bloei vir die tannie.
Sulke aanranders moet lewenslank tronk toe.

Jorsie ·

Dis skokkend om die minste te sê. Dis wat gebeur as mense in poste geplaas word om net ‘n salaris te verdien, en nie omrede dit ‘n “roeping” is nie. Ek hoop hierdie Tannie kan in vrede rus en dat die versorger (sy kan nie eens dit genoem word nie) die straf kry wat haar toekom. Sy moet onthou: eendag gaan sy ook oud wees en tien teen een dalk dieselfde behandeling kry.

Elmarie Hager ·

Ek hoop en bertrou dat sy lewenslank agter tralies sal deurbring. Sulke mense hoort nie in die samelewing nie. As sy dít aan n vreemde mens doen, wat doen sy nie als aan dié wat sy ken, soos haar kinders ens nie??

Steve Bunton ·

Dit is suiwer rassehaat in die ergste vorm. Dan is dit hulle wat baie gou die rassehaat van die blankes oordeel! Die meerderheid blankes het ja gestem met die referendum vir die afskaffing van apartheid, maar die is al lankal vergete en nie vir hulle ‘n faktor nie.

Attie ·

Ek het met kinderbeskerming gewerk maar die beskerming van bejaardes en diere, enige lewe is ewe belangrik. Daar is nie ‘n prys op ‘n lewe nie. Daai vrou het dit geniet om daai ouma so aan te rand want sy het magtig gevoel. Ek het gesien hoe bang my ouma vir die verpleegpersoneel in ‘n baie bekende privaat hospitaal in Pretoria was. Haar van haar onwaardigheid ontneem. Sterkte aan die familie.

Michelle ·

Ek kan dit nie glo nie ek en my suster sien om na ons 88 jarige ouma en ek sien dan hoe hulpeloos is ouma soms kan sy nie eers haar eie koppie koffie vas hou nie, dan wil ek huil want sy was n baie statige mens in haar jonger dae. Dis hoekom solank as wat ek lewe ek nooit vir ouma in n versorgings oord sal sit nie. Ek weet ander families is nie so gelukkig nie want almal werk en daar is niemand om na ma of pa om te sien. My hart gaan uit na die familie, want dis n groot voorreg as n mens nog n ouma het.

AmY ·

Ongelukkig mag mens jou nie dieselfde met haar (die verpleegster) doen nie. Want sy het mos ‘menseregte’, né.

Willie ·

Ons almal het regte, maar daai (Sodanige Verpleegster) en talle ander verpleegsters het nie die reg om reg in eie hande te vat nie, dit is hoekom sy (Die Verpleegster) besluit het om te bedank omdat sy uitgevang is hoe sy bejaarde mense aanrand, sy moet maar die gevlge dra en ek hoop ook sy word hard gestraf en dat sy nooit weer n werk sal kry nie.

Maureen ·

Ek het in my hele lewe nie so iets verwag van n versorger nie. Dat hul lui is en nie liefdevol optree nie is n feit maar hel dit aan n oumensie doen. Maar ek sien die liewe oumens het n hou of twee ook ingekry in al haar swakheid. Kyl net hoe le die versorger en wag dat die tannie opstaan. Word sy betaal om te le in n stoel met wat lyk soos beddgoed op. God slaap nie vrou. Jy sal antwoord gee en jou straf kry.

Topster ·

Die blankes in die land sal nou moet standpunt in neem ons sal ons eie skole hospitale en af tree oorde bou en net blankes gebruik om dit te bedryf .Dit is skokkend bring daai verpesting vir my.Stuur daai video clip die wereld in dat almal kan sien wat gaan in ons land aan

wdp ·

Begin die plekke met BEE structure boikot, daar is hoeveel blankes wat sonder werk sit en selfs niee eers kan kelners wees nie agv alles moet swart wees.

Klip in die bos ·

Ja asb stuur die video dat die res van die wêreld kan sien hoe gaan dit hier. Die ou tannie word fisies aangerand,maar die ou in die kis nie en sy video maak wêreld wyd opslae. Hierdie regerering is verdraai

Erna ·

Ek sal nooit in so plek gaan bly as ek oud is nie want dis presies die houding wat hulle het teenoor ons wittes. Dis uit en uit rassisties georienteerd. Sou een van hulle ooit n passie kan he vir enige wit mens? Kind baba volwassene of bejaarde? Ons loop met oogklappe aan.

Sad ·

Die trane loop uit my oë uit terwyl ek die video kyk. Kon nie eens kla kyk nie. Dit is verskriklik hartseer.

LB S ·

Erna, wel ek hoop jy het goed voorsiening vir jouself gemaak hoor, daar is baie mense wat nie beter kan bekostig nie en dus nie ‘n keuse het nie. Meeste van vandag se kinders weet ook nie hoe om so ou mens te versorg in hierdie gejaagde en duur lewe nie.

raadop ·

dis absoluut verskriklik. hierdie vrou is weerloos teen so n lummel v n verpleegster- as mens haar n verpleegster kan noem. straf haar sy verdien niks beter nie. die hoof van die tehuis moet ook ondervra word. gaan hulle dan nie elke dag kyk hoe dit met die inwoners gaan nie. skokkend!!! dankie Maroela media dat julle dit met ons deel.ons waardeer julle!!! innige simpatie met die familie van die ou dame.

Hoekom ·

Vertel my hoekom sit sy nie in die tronk soos die twee mans wat ‘n man net in ‘n kis gesit het, glad nie so aangerand het nie? Wanneer gaan ons ook ‘n bohaai maak en seker maak sy word gearresteer en in die tronk gegooi nie!!!!!!!!!!!! Asb Afriforum en Solidariteit help ons ook om sulke mense agter tralies te kry.

daarom ·

kin ek sê jou hoekom. 1. hier sit jy en sjree. het jy die video op jou fb en twitter gedeel. nee. jy is te lafhartig. dan sal akmak sien dis JY. stop julle slaogattigheid. as so iets gebeur wil almak cut in God se hands laat. want as Hy hulle straf hoef JY en kie mos niks te doen nie. weet jy wat lappop? God help net diegene wat hom /haarself help. ek het die videogreep op fb gedeel. het jy?

Leon herridge ·

Wees verseker sy sal los kom.Die instansie moet eindelik gesluit word.hoe doen hulle keuring van hul personeel en moes self kamera s in kamers geplaas het om die mense dag en nag monitor

Vra maar net ·

Vader laat sy gestraf word. Dit is nie die enigste ouma, of oupa wat sy so verniel. Dank die Vader ek het die voorreg om self na my sielike ma om te Sien. Vader help die ou mensie s in hulle nood. Laat hulle met respek en liefde behandel word.

Suzy ·

Dit is verskriklik erg om te sien hoe die tannie verniel is . Ek hoop sy wat dit gedoen het word swaar gestraf . !!!!Mag die Here my help dat ek nooit eendag in n ouetehuis of n versorging oord beland om so geslaan te word nie . Voor dit gebeur moet die Here my liewer kom haal .
Arme tannie my hart is seer om dit te sien al leef sy nie meer nie .

polly ·

Suzy dink gou hieroor…… as haar kinders wat sooo Lief was vir haar, haar meer gereeld besoek het, dan was haar lyding soveel korter. maar due kamera was skelpies geinstalleer en daarmee was hulle plig as afgehandel gesien.

Henk ·

Hallo DA,hoekom so stil?of is jul dalk besig om n optog tereel na die hof verigtinge?

Jollie ·

Te besig om poppe rond te swaai op stokke en videos met manne met klippe wat om ‘n hoek staan en wag vir die doodskismanne te post.

Albatros ·

DA kan gaan vlieg. Die laaste wat mens van hulle gehoor het was toe die Pta burgermeester n stoep gevee het. Nog nooit weer n woord nie. Taxi’s ry soos hulle wil. E-tol staan nog…

Maar wag nou vir n kans om te ‘protest’ teen rasisme. Dan is hulle heelvoor — saam die EFF.

Mvs ·

“Hoekom” stem saam hoekom sy nie in tronk soos dai 2 manne. Want rassiste geld net vir di wittes. Dai lotte mag maak wat hul wil !! Almal wat n bohaai kan maak doen dit asb!

Francois ·

Geen DA sirkus oor rasisme nie? Geen ander Partye nie? As dit nou n wit verpleegster was wat n swart ouma so aangerand het dan was dit groot nuus … en die rasse kaart sou orals vir politieke gewin gespeel word. Die is om die minste te se aanranding. Maar dis beslis ook n haatmisdaad. Maar dat mens dit nou waag om so iets te se dan word ons gebrandmerk as rassiste.

geskok ·

“Verpleegster”???? Vrou uit die hel uit! Ek hoop sy kry baie meer terug as wat sy uitgedeel het!!

Nadia ·

Asseblief gee die vrou vir my. Sy sal in haar lewe nooit weer iemand seer maak nie. Hoe durf sy.
My bloed kook hier waar ek sit.

Nico ·

MM hou ons asseblief op hoogte met die verloop van die strafsaak.

Alida ·

Dit gaan oral so. Hulle martel die arme ou mense. Soos ek by een matrone by ‘n versorgingsoord gehoor het mag hulle nie blankes aanstel nie. Dit is ‘n gruwelike skande om op so’n wyse werk te skep ten koste van ons ou mense. Sy moet tronk toe gaan en klaar.

J ·

Dit skreeu rassisme. Was dit omgekeer was dit op SAUK nuus en elke radio stasie sou n ophef gemaak het. Die versorgings oord moet ook verantwoordelik gehou word vir hulle personeel.

Elize ·

Ek stem absoluut saam met j en sy kry borgtog seker R200 maar mense wat iemand se ge oekrns seer gemaak het kry nie eers borgtog dis so so siek

Rikku ·

As ek maar net kon tik wat ek dink, sal sy die boodskap duidelik kry.
Sy behoort swaar gestraf te word en moet vir goed verwyder word uit die samelewing.
Om so klein weerlose, terminale persoon so aan te rand mat haar groot lyf en hande.
Daar is ‘n Spesiale Plek in die Hel wat wag op haar.

Alida ·

Ek hoop van harte daardie video word vir die landdros gespeel voor hy haar vonnis. Vieslike vrou.

Jean ·

WAAR WAS DIE TOESIGHOUERS IN DIE VERSORGINGSOORD OF SPEEL MADAM JUDGE AND JURY? Ongelukkig net soos by kleuterskole en skole waar hierdie boelies ander mense aanrand en skop en tekere gaan, is daar nie die nodige TOESIGHOUDING nie, hoe op aarde bedryf jy ‘n versorgingsoord en laat toe dat dit met een van jou inwoners gebeur oor so ‘n lang periode en maak dan of jy niks weet nie? NEEWAT die bestuur is net so SLEG soos die aanrander, kla hulle sommer ook aan en sit ‘n civil suit teen hulle in .. GEE DIE NAAM van die OORD dat die mense wegkom daar!!

Johann ·

Ek moet eerder nie komentaar lewer nie…want ek sal dinge se wat maar eerder moet bly…

Andre ·

My komentaar van vrooer is ook verwyder… Weet darm regig nie of ek net ‘n saak sal kan aangee nie… Ek voel hoe draai my maag van woede as ek dit sien en weet dat daar ministers ens is wat dit aanhits en daarvoor sit en lag en heelwaarskynlik ‘n paar ‘high fives’ uit deel… Flip weet alleen.

Blik_sem ·

Dan vra hulle hoekom mens rassisties is?! Ek sou daai ding ernstig aangerand het!

Alida ·

Al die nuus kanale moet hierdie video wys op TV soos ons na die doodskis gemors moes kyk.

Manie ·

Hou op sê die wittes moet begin iets doen. Doen self iets al is dit net om jou tyd te gebruik om met n plakkaat voor die hof te gaan staan wat sulke gedrag afkeur. Moet ook nie wag vir die DA want hulle soek net die dom witmense sê stemme soos die ou NP. Hulle gaan niks vir jou doen met hulle politieke oogmerke

lettie ·

Ek stem saam dat dit n blatante rassistiese aanval is op n hulpelose bejaarde vrou. Sy moet vir poging tot moord aangekla word deur van die blikkie sproei in die tannie se gat in keel te spuit. maar die ou tannie is nou oorlede. Sterkte aan die familie en ja mag die versorger in die hel brand!

Oja ·

Maak n sterk voorbeeld van haar.en hoop sy mag nie met mense of Diere werk vir die res van haar Lewe nie.

Fritz ·

Hoe stop ons dit wat met ons witmense besig is om te gebeur in die land???????

Alida ·

Maroela Media ek vra mooi. Stuur asb hierdie video na al die nuus kanale vir die land en die wereld om te sien. Spesifiek SABC 2 !!!!!!!!!!!!

Willem. ·

SABC wys net vir Zuma en 7de Laan ! Gelukkig is die sg versorger sonder werk .maar ongelukkig loop die nou vry rond ,haar velkleur gee haar mos mense regte !

Elisabeth ·

Ek hoop die vonnis is swaar want onder geen omstandigheid moet ‘n persoon hulle waardigheid verloor en nog minder sielkundige mishandeling beleef. Skokkend.

M Schilbach ·

As sy verwyder word uit die samelewing bly daar nog miljoene oor. Manne kan julle nie asseblief opstaan en vir hulle teruggee wat hulle aan ons doen nie. Ons vroue sal agter julle staan!!!

Judean Jansen van Vuuren ·

Nee, ek weet nie wat om te sê nie, my hart is te seer:( Ek kan my nie in dink waardeur die Oumatjie moes gaa nie. Dit is so hartseer, ek hoop sy word uit die samelewing gehaal en besef wat sy gedoen het was verkeerd en nie aanvaarbaar nie, mag die Here haar vergewe

Gilla ·

Dis ‘n absolute rassistiese voorval. As die ras nou andersom was…wel ons almal weet hoe die storie dan sou verloop het.

Oom Jan ·

Dis so hartseer om sulke brutaliteit teen ons oues van dae te sien! Hierdie tipe (on)mense moet vir ewig uit die gemeenskap verwyder word! Hang hierdie video aan die groot klok! Dankie Maroela, julle neem standpunt in! Dit gaan nie net oor “wit en swart” nie – dis ‘n oumens, en maak nie saak in watter geestestoestand hulle mag wees nie, respek is wat hulle toekom in ALLE kulture! Almal word oud!

Christelle ·

dit breek my hart. dis verskriklik. hoop sy kry wat sy verdien!! arme Tannie.

toy ·

N Verpleegster wat so iets doen moet linne gaan tel en nooit ooit in haar lewe weer mense versorg ni.

Adam Boshoff ·

Hoe de hel kan sy borgtog kry Waar is die geliefde DA se saamtrek en betoging voor die hof in die geval

Engelbek ·

Die mense wat die meeste kla, doen dikwels self die minste.

AL ·

Goeie idee! Die doodskis video het internasionaal opslae gemaak, hoekom nie hierdie video nie!

Elize C ·

Ek weet die aanvanklike koste is baie hoog, terwyl die ‘ouetehuise/versorgings-oorde’ afhanklik is van verblyfkoste van die inwoners en dalk ‘n liefdadigheids-geldjie hier en daar, maar dalk moet hulle oorweeg om kamera’s in alle vertrekke te installeer. Dit sal die inwoners se familie gemoedsrus gee om te weet hulle mag enige tyd vra om na die opnames te kyk, en dit sal ‘n “versorger” twee keer laat dink voor hulle ‘n inwoner fisies/verbaal/ emosioneel afknou. Voorgenome “versorgers” moet sommer tydens hul aanstelling al attent gemaak word daarop dat daar oral kamera’s is, wat enige tyd tot enige inwoner se naasbestaandes se beskikking is om na te kyk. Dan moet die oord-bestuurders/eienaars self ook “spot-checking” doen. Dit is ekstra werk, maar ‘n oord wat wil trots wees op sy fasiliteit, en daarmee saam “word of mouth” goeie resensie na buite deur naasbestaandes wil kry, sal tyd inruim om dit te doen.

Estelle ·

Ek is nou so ontsteld oor die vrou wat die tannie so onmenslik behandel. Hoe sal sy voel as so iets aan haar of haar ma gedoen word. Dit is nie die eerste geval waarvan ek weet nie. Sy is nie die naam verpleegster werd nie en moet vir altyd uit die beroep geskors word. Al is dit ontstellend is dit goed dat ons van hierdie dinge te hore kom sodat die aanrandings gestop kan word en indien sy aansoek doen vir n ander werk die werkgewers kan sien hoe n tipe mens sy is. Geregtigheid moet geskied.

Esta venter ·

Dit is erger as wat daardie twee gedoen het met die kis. Wat se beskerming het die arme tannie gehad. Waar is die vroueliga en al die ander partye nou? Mag sy lewenslank kry asb of no erger!!

Cherise ·

Dit maak my sommer siek. Ek kan net nie verstaan hoekom sy mag uitkom op borg nie sy het daardie tannie bitter seer gemaak die manne met die doodskis het nie eers die man seer gemaak nie. Oeg SA is ‘n lekker plek vir sommige mense

martie ·

Ek dink maar net van die twee ouens wat een van hul in n doodskis gedruk het hoelank sit hul Al. die een loop rond so Gaan dit aan en aan in SA. Kyk hoe staan hul voor hof in middelburg en waar staan iemand saam die familie teen haar

E.K. - ek sê net! ·

Dis baie moeilik om vir Alzhiemer pasiënte te sorg maar as dit enigsins moontlik is, bou ‘n kamertjie by jul huis of huisie as daar plek is en betaal vir versorgers. Ek vertrou GEEN van die tehuise met hierdie tipe pasiënt, want hul kan nie vir jou vertel wat met hul gebeur nie. Dis op die ou einde dalk goedkoper om so-iets te doen en te kan sien wat met jou ma/pa gebeur. Toe hierdie destyds op Carte Blanche vertoon was het dit daelank by my gespook. Die arme, arme vrou.

Adriana ·

Ek wil weet wat die Vryheidsfront Plus hiervan sê en watter aksie hulle ingestel het?

tinah ·

gaan so in feitlik alle ouetehuise,,,,,,,,,,,,,,,,,, kinders en families besef dit nie, asb kyk selfffffffffff na julle oues, my ma blyyyyy by my, sy gaan nerens, ek vertrou hulle nie, ek raak ook gefrustreerd, maar ek sal haar nie verniel of laat swaarkry nie, nooit. sy maar daai ogies daar by my toemaak,

Theresa ·

So ‘n lummel van ‘n martelaar! Sou graag Fokus hieroor wil hoor. EN hierdie is die tipe misdadiger wat toegesluit moet word – lewenslank – geen borgtog nie. Die wanbalans tussen die kis-storie en hierdie is ongelooflik. Is die kis nog iewers tekry?!! Versprei die video so wyd as wat menslik moontlik is. Sies. as die wreedaard Afrikaans kan lees en Maroela volg, hoop ek sy besef hoe haatlik haar optrede is. Maar ek twyfel of sy enige gevoel vir ander in daardie liggaam vestig. Skandalige gedrag is ongelukkig baie algemeen waar oumense opgepas word.

Johanna Botha ·

Geen gevoel vir lewe ….sy gaan ook oud word ! Wat n skande , die dame is oud en weerloos en afhanklik en nou word sy SO behandel …SKANDELIK ! !

pieter ·

Hoop hulle sluit haar toe en gooi die sleutel in die diepste see. Barbaarse optrede.

Rita ·

Kyk maar om jou rond in hospitale en oral. Feitlik geen wit susters nie. Want hulle word nie gekeur nie. Om in so ‘n pos te wees, gee mag aan die persoon. En kyk hoe word dit misbruik. Ek hoop presies dieselfde gebeur met haar as sy oud en kranklik is. Kinders, sorg self vir julle ouers. Hulle het jou immers versorg en groot gemaak, Kry net hulp om jou te help daarmee.

Lienkie ·

My pa was ook in ‘n “versorgingsoord” alles behalwe “versorging” hy was ook aangerand, toe ons die videos wou sien toe word daar gese hul kan ons nie die video material wys nie aangesien hul problem met die video opname gehad het. Hoe pateties. Hy het wonde opgedoen in die oord en het op die einde in ‘n hospitaal gesterwe nadat hy infeksie in die wonde opgedoen het. Ek sal nooit ooit weer die fout maak om een van my geliefdes in ‘n “versorgings oord” te plaas nie, behalwe as ek 100% seker is dat die mense wat daar werk goed gekwalifiseerd is.

m ·

Wys net wat aangaan in hierdie ‘versorgingsoorde”. Oumense word aangerand en die familie moet derduisende betaal om hulle te laat versorg. Ek hoop n Kommissie van ondersoek word hier aangestel om te kyk wat in hierdie oorde aangaan. Ek is nie so seker hierdie is die enigste geval by daardie oord nie.

Johannes van Staden ·

Verseker nie die enigste geval nie ….beste is om n video te maak sonder dat die persoon dit weet …dis al hoe mens die booslike mense kan vastrek ….so as jy iets vermoed maak n video in die geheim

Jules ·

EK voel wel elke versorgingseenheid moet ‘n kringtelevisie stelsel installeer .. sodat daar altyd ‘toesig’ oor die mense is .. nie net vir wat met hulle aangevang word nie maar ook om oor die algemeen te kyk of die mense hulle pligte uitvoer, en of die oumense nie val of seerkry nie .. dis tog nie so ‘n duur oefening as jy kyk na die pryse van versorgingsoorde nie? OF beskerm die versorgingsoorde so hulle personeel dat niemand en niks ooit weet wat daar aangaan nie? Dit moet geMONITEER word ..

Fransie Coetzee ·

Sy is uit op borgtog maar die 2 witmans wat die swartman in ‘n kis gesit het word borgtog geweier. Ai die regstelsel van ons ….

Ernest ·

Ek raak al dommer deesdae…..hoe kry hierdie beskuldigde borgtog as die aangerande dood is, maar die “doodskis” beskuldigdes is borgtog geweier terwyl die klaer leef……???? Is die wet so ingewikkeld..?????

Jakes ·

Iemand moet dit waag met my ma of pa, hy/sy sal wens hy/sy is nooit gebore nie

Oumend ·

Almal wys die vinger na ander. Hoeveel van ons gaan besoek die ouetehuise en kuier bietjie by een of meer van die eensame mense? Hoeveel van ons is bereid om self na ons oumense om te sien?

Andre ·

My vrou is op die Kerkraad en die jeug. Hulle maak heel dukwels ‘n besoek aan die rus ‘n bietjie oord in Springs. Die kindertjies deel muffins ens uit. Sal julle se, die glinster in daai arme ou mensies se gesig is iets om ‘n traan in jou oog te sit. En as jy vir party van hulle sit en luister, kom jy agter presies hoe min van hulle se families werklik daar uit kom. Dis hart verskerend…

E ·

Die suster moes uitgestap het en iemand anders geroep het om te gaan afkoel, dit sou die regte ding wees om te doen. Mens moet leer om jou humeur te beteul, veral met kleintjies en grootmense. As dinge te veel raak gaan koel af, goeie hemel dit is barbaarse optrede !!!!
Die suster kan bly wees dit was nie my ma nie, ek sou haar iets aandoen!!!
Ek besef dat daar altyd moeilikke ouer mense is en dis baie, baie moeilik om met hul te werk, maar wie is ek om dit te sê? Daar is nie klank op die video en geen verdere geskiedenis. Nogsteeds gee dit niemand die reg om ń swak oumens só te behandel nie, dit is absoluut onaanvaarbaar.
Barbaarse optrede. Mishandeling, defnitief.

erica ·

my ouers bly by my en ek sal hulle nooit seer maak nie .oumatjie lyk so broos.Here help ons asb want ons kan nie meer nie my hart is seer om te sien hoe die oumatjie verniel word.

Santjie ·

Het nie woorde nie…..skokkend verby
Maar die wiel draai en dalk stadig maar hy draai. Rus in vređe tannie by Jesus se voete

Boland ·

Hoekom is al hierdie geweld teen wit oumense.Kan hulle nie hulle eie portuur aanvat nie.Lafaards.

Annie ·

Weereens .. hoekom het sy borg gekry. Toe n swart man in n kis gesit was sonder aanranding is hulle borg geweier .. nou waar is die regverdigheid. God help me .. as dit moeder was!!!

PMB ·

Annie ek stem saam met jou? Die land se wette geld nie vir die gespuis nie. Hulle kan moor en plunder na willekeur en dan vernoem ons strate na hulle??? Karma waar is jy???

Elisabeth Kruger ·

So so jammer dat ons oumensies so sleg behandel word. Maar ons Vader is in Beheer en geregtigheid sal geskied.

Christo ·

Hukom was die nie op die nuus nie daar word groot ge gaan oor die 2 wit manne wat die swarte in n doodskis ge sit het en die hofsaak word op die sabc nuus uitgesaai met vidio en al maar niks oor die areme outanie nie dit werk nie so nie

Beatrix ·

Ek verpleeg by n’ versorgings-oord en weet julle, ek WIL NIE eers hierdie video kyk nie, want dit gaan my net woedend maak en hewig ontstel. Ek kan net sê, so iets is totaal en al onaanvaarbaar! N’ Versorgings-oord is n’ bejaarde se HUIS en daar moet hulle absoluut veilig voel!

Beatrix ·

Jules, daarom het ons n’ kamera in elke kamer en die kamers word uitgesaai op n’ tv in die dienskamer. Sodoende kan ons sien wat die inwoners in die kamers doen en so ook die bewegings sien.

Marietta ·

Die regering Moet nou iets doen teen rassehaat teenoor die blankes! Blankes gaan reg in eie hande neem! Dis tyd!

E.K. ·

Mense in PE – ek hoop jul staan met plakkate buite die hof!

Theresa ·

In plaas van ten duurste te betaal en ‘n bejaarde so te laat ly onder ‘n persoon wat absoluut geen duit voel nie, is een van die alternatiewe om bv. gebruik te maak van die Versorgers wat deur Solidariteit opgelei word. Daar is so ‘n kursus en ek is oortuig daarvan dat daar uitstekende resultate so verkry word. En verpligtend ALTYD oral waar ‘n geliefde versorg word – nanny cams. Daar is nie twyfel daaroor nie. Maar ten minste moet mens probeer wegbreek van hierdie wandade. Nou nog ontsteld en moet sê – dit maak my nie bitter nie die maak my bitter woedend (mooi woord slegs ter wille van publikasie gebruik).

Denise ·

SKOKKEND SKOKKEND !!!!!!! En die aanrandings gebeur daagliks !!!!! En ek stem saam met Theresa !!!

Johannes Meintjes ·

Met ondervinding van bejaarde ouers en skoonouers is die vraagstuk rondom die verblyf en versorging van ons oues van dae ‘n toenemende uitdaaging in die Nuwe SA. Ons mense word deesdae ouer en die Nuwe SA is nie versorgingsvriendelik nie. Hierbenewens benut ons nie ons “gryskrag” se kennnis en ondervinding genoeg vir dinkskrums en die vind van oplossings in hierdie tye nie.

My kommentaar ·

Hulpinrigtings en behoorlike monitering is nie onderhandelbaar nie. Die gemeenskap kan dienslewering as naastediens lewer. Die huidige sosiale toestand is onmenslik. Algemene destruktiewe kulturele agteruitgang.

Willie ·

Hoe meer ek die goed lees, raak ek van my kop af, ek het nog nooit in my lewe gehoor dat blanke verpleeg personeel die nie-blanke ouma`s en oupa`s so mishandel nie, jy kom werk nie by so n plek as jy nie mense verhouding in jou het nie, jy is daar om die oumense te help ongeag die ras, die bybel se eer jou vader en jou moeder en jou dae sal verleng word en GOD se die geringste wat jy aan ander doen het jy aan My gedoen, so sy (Die sodanige verpleegster) moet haar bybel gaan lees.???????? Dit is as sy nou een het, want haar dae sal nie verleng word nie.

Cheryl Mostert ·

Ek stem saam met voorvermelde kommentaar (Rita onder andere). Ek en my seun was in ‘n motorongeluk en by Vosloosrus Hospitaal baie swak behandel. My motor is afgeskryf deur die trok wat ons gestamp het. Ons het “gedoughnut” en gerol, dus moontlik ook harsingskudding gehad…? Elke keer wat ek gebraak het, het die verpleegster met my geraas en beskuldig ek is op dwelms, kan jy nou meer. watter belediging… as die inspuiting wat sy my gee nie met my akkodeer nie. Ons bloeddruk was gemeet op die ongelukstoneel en vir die tydperk in die hospitaal net met opname en nie ooit weer nie. Dokter se instruksies wat gegee was is geignoreer. Was ‘n moeite om my in rolstoel rond te stoot. Ons is behandel soos “another nuicance case”. In die tyd en eeu is lewens vir sekeres nie meer belangrik nie, m.a.w. wat beteken die Florence Nightingale eed wat onderneem word….?.

sonja ·

Pragtig vir julle kinders! My hart bloei as ek die video sien! Wie’t gese daar is nie meer rassisme nie! Hoe vernederend vir ons ou mense! Bloed van ons bloed!

Wilmien ·

Waarom het haar kinders haar nie na die eerste voorval daar gaan uithaal nie? Dis hartverskeurend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.