[Video] Bejaarde helder oordag in oprit beroof

Die slagoffer tydens haar besoek in die hospitaal. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn bejaarde vrou verlede week helder oordag in die oprit na haar huis in Johannesburg beroof is.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die rooftog is intussen wyd op sosiale media versprei.

Kapt. Jean Olckers, woordvoerder van die Edenvale-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval het Woensdag in Eastleigh plaasgevind.

In die video kan gesien word hoe die 86-jarige slagoffer langs die pad staan en wag. ʼn Motor hou langs haar stil waarna dit lyk of die vrou aanwysings gee. Drie mans spring dan uit die motor, ruk haar handsak van haar arm af, gooi haar op die grond en ruk dan ook haar juweliersware van haar vingers en arm af. Hulle klim dan in die motor en ry weg.

“Ek was gister [Maandag] by die slagoffer gewees. Sy is nog geskok, maar verder sterk sy goed aan,” het Olckers gesê.

Die Edenvale-polisie ondersoek ʼn saak van roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Olckers het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Skakel die polisiestasie by 011 553 8600 of Crime Stop by 08600 10111.

Die slagoffer se seun het aan die Bedfordview and Edenvale News gesê sy ma is ná die aanval na ʼn hospitaal geneem en is intussen ontslaan. Die vrou het vir hom gewag sodat hy haar na haar dokter kon neem toe die verdagtes toegeslaan het. Sy het aanvanklik by haar bure gewag en na buite gegaan toe sy ʼn voertuig gehoor naderkom het en aangeneem het dit was haar seun.

WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ronel ·

Dit gaan nie ophou nie!!!! Die polisie is net so korup, so wie is daar om ons te help.

boerseun ·

Ai tannie. Ek bid vir tannie. Wens hul wou my so vat. Sou verseker met n pak in die hof gestaan het.sterkte

Veronica ·

Almagtige GOD, waar sal ons hulp vandaan kom?
NET VAN U ALLEEN . . .

Uvonka ·

Is dit nog enigsins menslik moontlik om die haatdraend te wees nie?

Freud ·

En almal wat so haat hier op die forum? Het julle ook gesien dat die eerste persoon uit die voertuig ‘n blanke man is?

Anti-Freud ·

Freud, kyk weer – dis speling van die lig wat jy sien!

Helen ·

Ek sien dat die blou kar het agteruit gery toe die wit kar weg jaag? Het hy hulle dalk gevolg? Of werk hy saam hulle?

MarieM ·

Helen, die motor wat so vinning agteruit gejaag het was haar seun, wat toe teen die motor met die boewe in se ligte vas gejaag het om die voertuig te merk. Hy het toe omgedraai om sy moeder so gou moontlik by die hospitaal te kry.

Genieve ·

wie het die video opname gedoen??? Kon hulle nie die polisie in kennis gestel het nie.

Mathilda` ·

Dit is op kring televisie opgeneem. Niemand staan daar met ‘n kamera nie.

Ilse ·

Tannie my hart breek vir jou. Hoop jy is ok & mag die wiel draai!!
Bid vir tannie! xxx

MarieM ·

Ek stem Leeu, dit is dan opgeneem en wyd versprei. Hoop hulle kry elkeen meer as 14 jaar tronk straf – dit is nou as hulle gevind gaan word!!!!!!

Ilse ·

Hoekom gaan hulle net vir die ouer mensies wat nie kan terug balei. Hulle het nie die guts om ons jonges te vat want hy weet hy gaan nie die dag van more sien. Sussies as jy my vra.

Trots Afrikaans ·

Ek voel in my hart wat ek nie mag skryf nie. My bloed kook. My hande jik. Maar ek slaan my oë op na die Hemel. Ek buig my knie en lig my hande op na U.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Botterblommetjie ·

Ek het ‘n vriendin was van Neuw zeeland kom kuier in SA. Sy is vreesbevange en wil nie saans uitgaan nie. Net helder oordag. Hartseer!!! Sy vertel daar is nou misdaad by hulle ook, iemand het by die kerk ingebreek. Ek dit aan haar genoem dit ‘n sagte “teiken”… ongelukkig by ons is ons almal “sagte teikens” en dit gaan nie eens oorvertel word as iemand die kerk beroof nie… As sy vreesbevange is, wat moet ons sê wat elke dag moet voorleef asof niks gebeur nie…

Nods ·

Daar’s orals misdaad, ons het misdaad in NZ. SA se misdaad is uiters geweldadig en groei als uit haat uit. Ek is nou al 13jaar hier, en sal nie my voete weer in SA sit nie, ek sal ook nooit iemand aanraai om ooit soentoe te gaan nie. Wie wil nou betaal om gemoor, gerob of verkrag te word. SA moet weer geissuleer word.

LB ·

Ek let aan my eie gedrag op dat ek baie meer onvriendelik raak. Niemand sal weer vir my pad vra, werk vra of kos en water bedel nie…as hulle jou aandag benodig beteken dit jy is alreeds geteiken en dat jy moet vinnig dink en beweeg om nie ook ‘n slagoffer te word nie. Ek is baie jammer vir daardie dame, sy sal ook nie weer wees soos sy wat sy tot en met daardie aanval nie. Goed en opreg om aangeval en beroof te word!!!!

Duitser ·

Die mense doen aan jou wat jy hulle toelaat ons moet begin om betrokke te raak en ons mense beskerm

Eduard Ras ·

Freud. Pasop ou grote.
Tannie…. Hulle dag sal kom. Jammer om dit te sien… Wens ek kon help

I am Sam ·

… en al wat hierdie bannelingsvolk kan uitroep: ‘Vrede! Liefde! Vergifnis!’ Terwyl ons Verlosser getuig: ‘Hoe haastig is Ek om vuur op die aarde te werp’. Soos Sodom en Gomorra gaan hierdie land nog word, want hierdie volk se sonde het ‘n skeidsmuur tussen hom en sy God geword. Watter sonde? Ek wens ons volk wil dít besef … verbondsverbreking. Hy het belowe: ‘Ék sal vir jou ‘N (een) God wees en as jy vir My ‘N (een) volk sal wees, sal Ek julle seën in die land wat Ek aan julle gee om in besit te neem.’ Soos Jeremia wil ek huil: ‘Ag, was my oë maar waterstrome, dan sou ek dag en nag beween die verbreking van die dogter van my volk.’ Wat bly oor van die kosbare wingerd op ‘n heuwel, wat Hy versorg het, toegespan het? Haar heinings is verbreek en al wat oorbly is ‘n skermpie in ‘n komkommertuin, die na-oes aan die takke. Genadiglik staan die belofte vas: ‘Solank as die see in beroering is, sal die oorblyfsel van My volk voor My bestaan.’ Smal is die weg, min bewandel dit. Soek dit, vind dit … nie in die kerklike leer en dogma van ons tyd nie, maar op jou knieë in die Woord van God.

Anel ·

Vieslike vieslike goed!!! God sê mens moet lief wees vir jou naaste maar al wat ek voel is haat as ek hierdie sien teen ‘n oumens wat haarself nie kan beskerm nie. Mag die wiel draai vir almal wat so onmenslik optree!!!

Elizabeth ·

Ai, dis erg as kinders en bejaardes – die mees weerloses – daagliks so verniel en vermoor word . . . oor alle kleurgrense heen. Die eerste ou wat uitspring en haar die langste beroof IS ‘n blanke seun . . . wreedheid en misdaad ken geen grense nie :-( Arme tannie . . .

Uvonka ·

Freud, ek weet eintlik hoekom ek my tyd mors deur te reageer nie maar nouja. Toe ek my kommentaar geskryf het, het ek nog nie eers na die video gekyk nie. Daar is geensins enige verwysing gemaak na ‘n spesifieke person of ras ens. In my oe is enigeiemand wat moor, roof, verkrag ‘n misdadiger maar meer so die wat weerlose ou mense aanval. Daarom my vraag!

DD ·

Freud…..ek sien geen blanke man in die video nie. Is ek dalk kleurblind????

Karin ·

Elke vrou, jonk en oud en veral Blankes moet hulleself bewapen. As jou lewe gedreig word, het jy die volste reg om jouself te verdedig. My hart sink skoon vir die arme ou dame, sy kon geen geveg opsit nie. Gewetenlose kriminelse voel zero vir mense, ek’s oortuig hulle sal tot hulle eie Ouma beroof en verkrag. SA het verseker die Doodstraf weer nodig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.