Video: Bejaarde vrou voor huis gekaap

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn 37-jarige man is in hegtenis geneem kort nadat hy ʼn bejaarde vrou verlede week in die oprit na haar huis in Somerset-Wes in die Wes-Kaap gekaap het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het Donderdag by navraag aan Maroela Media gesê die 85-jarige slagoffer is op 29 April omstreeks 15:27 gewelddadig voor haar huis uit haar motor, ʼn wit Fiat Uno, geruk.

Kringtelevisiebeeldmateriaal is van die voorval geneem en deur Crime Watch op sosiale media geplaas. ʼn Mens kan sien hoe die vrou ná die voorval op die grond lê, getraumatiseerd voorkom en sukkel om op te staan. ʼn Man kom kort daarna tot haar redding.

Van Wyk het gesê die verdagte, Marvin George van Eersterivier, het met die vrou se motor in ʼn onbekende rigting in gevlug. “Die voertuig se inligting is versprei en twee speurders wat aan diens was het dit verlate in Macassar opgespoor,” het Van Wyk gesê. “Hulle het besluit om die motor dop te hou en hul vasberadenheid het vrugte gewerp toe die verdagte teruggekeer het en daarmee weggery het.”

Die beamptes het die verdagte tot in die Parow-omgewing agtervolg, waar hy van die pad af getrek en in hegtenis geneem is.

George het Maandag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van kaping. Die saak is tot 11 Mei uitgestel. Hy bly in aanhouding.

https://youtu.be/dHq52RF5SWE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize ·

Ag liewe land, die ou tannie is so weerloos. Ek hoop van harte die Marvin boet behoorlik vir sy dade! Dit is totaal en al ontoelaatbaar!!! Nee man, op haar ouderdom watse letsel gaan die simpel misdadiger op haar los! Tannie ek bid vir jou!

anet ·

Ek sal hom graag ‘n paar klappe en skoppe wil gee. Lafhartige rampokker!!!
Sterkte my Tannie.

Pierre ·

Maar waarom is ons mense nie meer paraat nie? Almal weet reeds teen hierdie tyd dat jy nie
met vreemdes deur jou kar venster kan praat nie. Sy was n “sitting duck”!

Thomas ·

Pierre, ek mag blykbaar nie hier vloek nie. Met klank kan ek kan aan twintig redes dink hoe dit kon gebeur het. So seën jou.

CHRISTA ·

Ek hoop hulle sluit hom in die tronk toe en smyt die sleutels weg!! Gee sommer ‘n paar mede-rampokkers toestemming om hom in sy sel by te kom, dan sal hy vyf keer (never mind 2 keer) dink voordat hy ooit weer so iets aanvang!!!

Sterkte vir jou tannie. Ek hoop en bid dat jy gou oor die skok van hierdie nare ondervinding sal kom!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.