Video: Bejaardes brei vir behoeftige kinders

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Bejaardes in Pretoria kom die afgelope maand byeen om serpe en komberse vir behoeftige kinders landwyd te brei. Die inisiatief is deel van die Winterhoop-projek.

Lees meer oor Winterhoop

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Desire Lombard ·

Wou ek ook se… maar ons sal moet ligloop want as Piet en San kry en Jan en Koos kry nie dan is dit weer op die voorblad oor hoe rassisties ons is.

cobusp ·

Duplicate comment detected; it looks as though you’ve already said that!…………………..maroela hoekom as mens jou kommentaar per ongeluk 2 keer stuur kom die bg boodskap op in ENGELS????? Kan ek n vertaling stuur dan plaas julle dit in afrikaans…….dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Cobusp

Dankie vir die aanbod! Daar is ongelukkig sommige dele van die program, waarop Maroela Media gebou is, wat ons nie kan verander nie – ons kan dus ongelukkig nie daardie Engelse teks in Afrikaans publiseer nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lance ·

Ek wonder nogal waneer ons mede landsburges ook iets gaan doen vir ander mense ….ek sien of hoor nooit van dit nie ….kom altyd van eenkant

Desire Lombard ·

Jip staan altyd bakhand, maar niks word ooit teruggegee nie.

vrede ·

Pragtig dames wil julle nie bed kouse patroon ook he nie .
vir die wat nie warm skoene het nie

Skaam julle! ·

GEEN mens behoort koud te kry nie, maak nie saak watter kleur nie. Skaam die wat nou weer “issues” hieroor het. Niemand VRA om gebore te word nog minder om swaar te kry – dit kanmet enigeen gebeur: “There, but for the grace of God, go I”. Gaan kyk gerus op hul webblad en sien dat hul geen onderskeid maak nie want dit is waaroor naasteliefde gaan – om enigeen wat swaarkry te help! Respek aan al die dames wat hul tyd nuttig gebruik eerder as om te kerm en kla of te oordeel!

A ·

Moet jy dit nie ‘n issue v kleur maak nie. Daar is net so ‘n groot behoefte onder ons eie mense maar soos gewoonlik staan haal agter in die ry.

Kiepie ·

Sê ek ook, Skaam julle!! En A het jy die vorige kommentare gelees? “Ons EIE behoeftiges”, “vervaardig vir blankes deur blankes”, “wanneer gaan ons medelandsburgers ook iets doen” ens. Hoe kan jy sê hulle maak dit nie ‘n kleur issue nie. Julle mense is die rede waarom ek nie meer kerk toe gaan nie. Want julle sit daar met julle vroom gesiggies en luister na julle skaapwarter se interpetasie van naaste liefde en diensbaarheid en as julle daar uitstap is julle gewetens gesus en gaan julle voort met julle eiegeregrige, selfgesentreerde bestaan. As jy mooi kyk sê jou bybel nie “hou eers ‘n helse bespreking om te bepaal wie jou naaste is en wees dan voorwaardelik lief vir hom” nie, jou bybel sê “wees lief vir jou naaste soos jouself”. Dit sê “as jy dink dit sal tot jou voordeel wees, help dan die behoeftiges, maar beperk dit tot jou eie ras” nie, dit sê “die wat na die wediwee en die weeskind omsien, hulle is die ware koningkryk van God”. Die Here het gesê, “laat ALMAL wat honger en dors het na My toe kom en Ek sal hulle versorg”, wie is jy om te sê “ja maar net as jy dieselfde kleur as ek is mede-landsburger”?

anne ·

Ag ou kiepie jy dit die pot mis. Moet ons met die vroom gesiggies nie as verskoning gebruik om uit die kerk weg te bly nie. Hoekom altyd die kerk by sekere gesprekke wil insleep. Ek help my naastes eerste, lw my mense . Doen daarmee wat jy wil. En o ja, ek voel glad nie skaam nie. Soos ek reeds genoem het daar is regtig ook ‘n groot behoefte onder ons mense en ons staan nou agter in die lyn.

Nics ·

Kiepie, hulle moet almal weer die Gelykenis van die barmhartige Samaritaan gaan lees. Mens wonder ook wat hulle sodanig vir “hul eie” mense doen. Steur jul nie aan die spul negatiewes nie, hulle voel op een of ander vredraaide manier beter oor hulself as hul iets snedigs kwytraak.

Desire Lombard ·

Die staat doen niks vir ONS mense nie, niemand doen iets vir ONS mense nie. ONS mense leef soos diere, en ek dink daar is niks fout daarmee om eers ONS eie volk( wat die staat nie n blou duit voor omgee nie) eers na te kyk en dan, die res van die mense.

alida ·

Baie mooi maar waar is die komberse van verlede jaar. Word dit opgepas deur die mense wat dit ontvang? Vra maar net.

Nics ·

Desire lombard – nou doen dan maar jy vir “ONS” mense, hierdie tannies doen vir almal – bravo aan hulle. Moenie mense aanvat as hulle almal wil help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.