[Video] Bekendes staan saam teen plaasmoorde

Bekendes staan saam teen plaasmoorde

Talle plaaslike bekendes soos Karen Zoid, Steve Hofmeyr en Bok van Blerk het hul vandeesweek tot sosiale media gewend om uit te vaar teen plaasmoorde.

Meeste van dié bekendes het gereageer op ʼn hartroerende video van ʼn boer, wat intussen as Chris Loubser geïdentifiseer is, wat Woensdag soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Loubser, wat die video gemaak het nadat Joubert Conradie (47) Dinsdag ná ʼn aanval op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl gesterf het, vertel onder meer hoe Conradie se dood hom én die gemeenskap as ʼn geheel geruk het.

Loubser het ook in die video versoek dat mense wat die video kyk, Maandag swart aantrek ter ondersteuning van die land se boere. Hy sê die swart kleredrag is ʼn teken van respek teenoor die boere wat al hul lewens in plaasmoorde verloor het.

“My hart gaan uit na hierdie man al ken ek hom nie persoonlik nie,” het Karen Zoid op Facebook geskryf. “Ek sal saam met hom swart dra Maandag. Dankie vir jou nederige en hartroerende beroep, meneer. Ek hoor jou.”

Die sanger Kurt Darren het ook dié video gedeel en aanhangers aangepor om sy inisiatief te ondersteun. “Hierdie man praat uit sy hart uit, [die video is] roerend. Ondersteun [hom] groot asseblief,” het hy op sosiale media geskryf.

ʼn Twitter-inskrywing van die professionele gholfspeler Ernie Els wat plaasmoorde veroordeel, het sedert Woensdagaand meer as 1 800 “likes” ontlok.

“Die wêreld moet kennis neem van die voortdurende plaasaanvalle wat in Suid-Afrika gebeur. Mense word elke dag vermoor,” het Els getwiet.

Bekendes soos Toks van der Linde, Gerrie Pretorius en Bok van Blerk het dié inskrywing ook op hul sosialemediablaaie gedeel. “Die plaasmoorde moet stop,” het Van der Linde geskryf. “Suid-Afrika – kom ons staan saam, asseblief.”

Die sangeres Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze, het ook aanhangers gevra om dié boer se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde te ondersteun. “Ek ondersteun ook dié inisiatief ten volle. My Twitter-tjommas, kyk asseblief die video, deel dit en ondersteun.”

Die akteur en komediant Radio Raps, oftewel Rikus de Beer, het Donderdagoggend ʼn video op Facebook gedeel waarin hy ook sy hart teen plaasmoorde uitstort. Die komediant sê hy het dié video spesiaal in Engels vervaardig met die doel dat die buiteland dié krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika raaksien en dalk moontlik kan ingryp.

“Selfs ek kan sien wat aangaan met die plaasaanvalle en die wreedaardige moorde van boere en werkers op plase in Suid-Afrika. Dis nie reg nie. Ek doen dié video in Engels omdat ek wil hê mense van ander lande moet dit raaksien en ons help. Wat aangaan, is sommer twak. Ons kan nie na ons politici gaan nie – ek haat politiek, want dit gaan oor leuens om stemme te kry en om duur motors te ry. Dis nie die antwoord nie. Ons kort hulp van ander lande. Ons kort hulp van Amerika, van Brittanje en die hele Europa. Mense moor links en regs en dit gaan nie oor ʼn tekort aan kos nie – as jy honger is, moor jy nie. Mense moor nie vir geld nie, hulle moor omdat hulle wil moor.”

Talle bekendes, onder wie Victor Matfield en Eddie “Kwagga” Boucher, het ondersteuners gevra om eerskomende Maandag swart te dra. “Ek is ʼn boer. ʼn Vriend. ʼn Man. ʼn Pa. ʼn Mens. ʼn Spanmaat. Ek is Suid-Afrikaans. Kom ons staan saam teen plaasmoorde, asseblief,” het hy laat hoor.

Die Groot Onbyt-aanbieder Johrné van Huyssteen het ook foto’s op sosiale media gedeel van hoe boere in Europa opruk om bewusmaking te bewerkstellig. “Mag ons nooit gewoond raak aan moord nie – ons bloei,” het hy gesê.

Steve Hofmeyr, wat al lank ʼn kampvegter teen plaasmoorde is, het ook gesê hy voorspel selfs nóg ʼn toename in plaasmoorde indien Suid-Afrikaners nie nou inspring nie. “Die hemel weet waardeur my mense getoets word as Christene, as families, as ouers, as studente en kinders. Die boere is die bl****m in. Ek is ook. Lankal. Dit gaan nie vir altyd so kan aangaan nie. Ek is ook Maandag in swart. Ek is Woensdae in wit ook. Ek wys graag my solidariteit met ons mense, boere en slagoffers oor die algemeen.”

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het Donderdag gesê Suid-Afrika is geruk deur 12 plaasaanvalle in die laaste ses dae.

Roets het Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê daar was sedert 1 Januarie 2017 minstens 341 plaasaanvalle waartydens 70 mense vermoor is. Dit beteken daar is in 2017 tot dusver reeds soveel moorde tydens plaasaanvalle gepleeg as die totale aantal plaasmoorde gedurende 2016.

In 2011 is 96 plaasaanvalle en 48 plaasmoorde aangeteken. Dit het in 2012 aansienlik gestyg na 174 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde. In 2016 is 357 plaasaanvalle en 70 plaasmoorde aangeteken.

“AfriForum ondersteun dié inisiatief heelhartig en moedig ons lede en alle gemeenskappe aan om eerskomende Maandag swart aan te trek. Dit is belangrik dat die publiek op ’n sigbare wyse standpunt inneem en hierdie aksie is ’n geleentheid om presies dít te doen,” het Roets gesê.

Posted by Radioraps on Wednesday, October 25, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

MERAAI ·

Ek werk in die bank en gaan definitief nie my uniform Maandag aan trek nie,ek gaan SWART aantrek!

Kobus Smit ·

Interessant. Slegs blanke bekendes. Waar is die anderskleuriges

A ·

Moenie krap waar dit nie juk nie ou Kobus. Jy tart nou die noodlot met inside jobs. Los ons net so, ons sal ok wees. Indien jy hulle mis, jy sal daar oor kom.

Johan Neuteman ·

Stem saam oor die protes, en die oproepe om dinge te doen wat saamstaan oor die saak vertoon. Stem saam die moorde, en laat ons dit bysê, die barbaarse wreedheid daarvan, moet gestuit word.

Maar hiermee ook ‘n oproep tot verootmoediging voor die God van hemel en aarde, voor wie ons as volk en as nasie weer diep moet buig en ons skuld bely hoedat ons Sy wet oortree. Die gebed en smeking is goed, maar dit moet met verootmoediging saamgaan, En bereidheid om self te veg.

tokkie ·

Is die dra van swart nie verskuif na volgende Maandag 6 November omrede Maandag haloween dag is en hulle wil dit nie verbind met satanisme. Vra net

Tiaan ·

Tokkie, Halloween is Dinsdag die 31st nie Maandag die 30ste nie, ons dra nie swart om Halloween te vier nie

NIEN ·

Christene behoort nie aan Haloween te glo nie – Ons dra Maandag SWART!

MG ·

Tokkie, ek hoop jy is reg en dat mense sal kennis neem daarvan. Ek wil ook graag deel wees van hierdie aksie, maar ek voel glad nie gemaklik om eerskomende Maandag swart te dra nie. Ek glo nie baie mense weet dat dit Maandag Halloween is nie. Kan MM dalk uitvind of die datum wel verskuif het na Maandag, 6 Nov?

Anoniem ·

Nee, Halloween is die 31ste.
Gaan beslis swart dra maandag – hw is elk geval nie groot in SA nie, maar almal sal verstaan waarom ons swart dra in SA op maandag – dis wyd geadverteer

Passievol ·

Die boer wat die versoek begin het het gevra vir Maandag. Hy was baie emosioneel en het waarskynlik nie daarby stilgestaan dat dit Halloween tyd is nie.
Ek glo egter ons God en Here weet wat die intensie van die versoek was en ken die gesindheid waarmee elkeen die swartklere dra so ek trek swart aan twv die boere.

Elana ·

Nee dit is nie, ons trek dit mos nie aan vir Holloween nie maar vir die BOERE wat wreedaardig vermoor word !

Kom ons ondersteun die boer se inisiatief !

ne ·

Kom Suid Afrikaners. Ons kan saam staan en saam bid. Innige simpatie aan die familie en vriende van die plaas moorde. Daar moet ondersoek ingestel word wie sit agter die moorde. Ek dink daar word geld aan die moordenaars betaal – en nog ‘n wins gemaak as hulle kan steel!
Net Jesus kan ons help…..

sonja coetzee ·

IS HARTVERSKEREND MAG ONS N IEDERE EN N ELK SAAM STAAN VIR MAANDAG MY HART BLOEI VIR ELKEEN SE GELIEFDES WAT SO VERMOOR IS!!DIT MAAK MENS REGTIG BAIE BANG!!! WANT JY WEET NIE OF JY OP N VOLGENDE NUUS BERIG HOOR OF DAAR WEER EEN WAS NIE.

Lee ·

Sal defnitief swart dra. Ons moet maar planne maak en kyk hoe ons ons boere kan beskerm want die useless Regering gaan dit nie doen nie. Wonder of hulle ooit bewus is waar hulle kos vandaan kom. Defnitief nie uit die supermark nie. Kan alle Suid-Afrikaners nie maandeliks bydra tot ‘n Kommando of iets in daai lyn soos vroeër jare dan kan hulle al ons boere beskerm. Daar moet DRINGEND plan gemaak word.

o ·

Ek hoop met my hele hart dat ons iets kan doen om hierdie tragedie stop te sit. Maandag dra ek beslis swart.

Jordaan ·

Waar is die DA mense wat so by die doodskisverhoor betoog het? Ook die ander politieke partye, alhoewel ek nie regtig verwag die ANC of EFF sal iets doen teen hulle voetsoldate nie.

Gatvol ·

Ook gatvol, vir moord roof, en vir wit suid Afrikaners watnie kan saam staan nie, voel elke dag die giergheid, nyd, selfsug, lieg en bedrieg, elkeen vir homself en bokker die hardwerkende 1 wat probeer n be staan maaj

Lee ·

@ TOKKIE
sover my kennis strek is Halloween op die 31 ste en nie op Maandag nie.
Dra gerus en ASB jou swart – dis nie satanisties in hierdie geval nie.

Nakkie ·

Het ons nie al swart gedra nie? Wat het dit vermag? Het ons nie al video’s gesien op facebook van elke jan rap se opinie nie? Wat het dit bereik? Ek sê nie ons moet toi toi nie of moord pleeg nie. Maar wat as al die boere net besluit hulle doen wat die taxi bestuurders of die trokdrywers doen en Maandag hul trekkers op elke hoofweg stop? Bring die land op sy kniee en skryf vir elke internasionale koerant. Stuur foto’s, maak dit nuus in die hele wye wêreld. Kom aan mense, ons sit en bekla ons lot op Facebook?? Wat het dit al ooit gedoen? Daai aap wat ander dag so nuus gemaak het deur kamma vir Steve uit Nieu-Seeland te hou, waar is jou dik stem nou? Tumi, waar is jy en jou trawante?

Pierre ·

Nakkie, ek reken jy slaan die spyker op die kop. Dit sal veel meer doeltreffend wees as die Boere ( lees Wit en Swart ) saamstaan en met hul trekkers en trokke die land tot stilstand bring.
Dan sal ons die aandag van die buitelandse media op ons probleem vestig. Ons Boere is immers verantwoordelik vir die voedsel vir al die inwoners van ons land…
Vra vir Steve n.a.v. sy nuwe video vir wenke…

Lee ·

@ TOKKIE

volgens my kennis is dit op Dinsdag 31se Halloween dag.

REGVERDIG ·

My hart is stukkend vir die boere……… en al die ander mense wat so vermoor word. Here wees ons genadig en gee ons krag en n ge-opende verstand sodat ons n oplossing kan vind vir hierdie sinnelose moored
Ek is ook Maandag is Swart.

REGVERDIG ·

Ek dra ook Maandag swart
Wil graag weet hoekom my boodskap nie geplaas word nie????

William Atkinson ·

Vra NET
Hoekom reel die bekendes soos Steve nie n Dag dat ons Wittes ook opmars na Polisie se kantore en ook Bande en padtekens en karre en Trokke aan die brand steek en ook winkels plunder nie………TEEN PLAASMOORDE….Al wat die bekende moet reel is n staking wettig sonder geweld……O GITS DIT HET HANDE UITGERUK TOE is die organiseerder se verskoning

Geen-bekende ·

Al die ‘bekendes’ sê ons moet ‘saamstaan’ teen plaasmoorde – saamstaan gaan nie help nie julle, saambid gaan wel. Staan op julle kniee !!! wat kan ons in elk geval anders doen? ons gewere gryp en begin skiet? dis in geval jou geweer nie reeds gesteel is nie – en hierdie ouens kom in ‘pakke’ soos wolwe – wat kan 1 boer, sy vrou en sy gesin doen? Hulle is hulpeloos. Ek bid dat God SY engele sal opdrag gee om ons boere te beskerm. As die ‘magte’ so aankom, dat hulle die ‘army’ sal sien wat voor die hekke staan.

charmaine ·

Ek is in swart maandag. Hulle teink ons blankes, ons boere

boerin ·

Ons staan alleen dit is waarom ons nie van die ander politieke partye hoor nie – hulle voer ‘n veer.
Komaan toeskouers van Die Curry Cup Final – wys julle plakate Saterdag asb!!!! Niemand kan julle stop nie!! Dit gaan wereldwyd vertoon word – en dit is wat ons nodig het. Gebruik julle plakate as ‘n stem van ‘n boer of kind of vrou wat in ‘n plaasaanval gesterf het – en daar is baie.
Wys rugraat en doen dit – wys ons KAN saamstaan. ‘n Stadion kan nie hegtenis geneem word nie. DSTV kan nie die uitsending stop nie – want die intekenare het betaal. So dit sal gebeeldsend moet word!!!!!!!

DTM ·

@boerin – ondersteun dit ook ten volle. Mense wys julle plakate saterdag op TV – dis die internasionale blootstelling wat ons nodig het!

charmaine ·

Net weer n bewys hulle dink nie, kom ons vermoor die boer wat elke week/maand vir ons kos en salaris gee? Ja goeie idee en dan volgende week ly jy honger. Dit wys net die mentatliteit van die nasie. So as ek nou die 15de my salaris gekry het die 16de dan gaan ek nou my baas vermoor???HUH? Nee want ek wil weer vir die volgende 16jaar n salaris verdien en my huis betaal my kar kos eet. Maar ja! Swart sal dit wees Maandag.

Marius ·

Hi Maroela hoekom werk julle whattsapp funksie nie het baie familie in ander lande wil video versprei?

zoom zoom ·

Ons kort ‘n genl fe la Rey om oms te help. Nie die DA nie want hulle is nie wat hulle beloftes was toe daar gestem moes word.

Eish ·

Bog, elke dorp kan sy eie optog reël vir landswye trefkrag. Ons is leierloos wat die hele spul het ons op die einde in die steek gelaat. Wees sommer self leier daar rondom jou maters.

adriana ·

Dra plakate by die Curry Cup Final!!!! Die hele stadion!!!!!!

Wil ook weet ·

Het ook boodskap gekry dat dit geskuif is na die volgende Maandag as gevolg van haloween.

marianne ·

ONS STAAN ALMAL SAAM TEEN PLAAS MOORDE, PLAAS AANVALLE, AANRANDINGS EN VERKRAGTINGS, ONS BOERE, VRIENDE EN FAMILIES WORD GEMARTEL EN VERTRAP… DRA MAANDAG SWART.

DAN KOM DIE SKOK VAN ‘n KAAPSE KOERANT – KANSELLEER MASNDAG WANT IS HALLOWEEN EN SATANISTE DRA DIE KOMENDE WEEK SWART.

WAT NOU ??? Ek se kom Afrikaner volk vat nou hande – STEVE HOFMEYR CAMPAIN AL JARE …

GENOEG IS GENOEG ONS BID 12:00 SATERDAG SAAM, ONS STAAN AS EEN VOLK SAAM. ONS MOET, ONS KAN EN ONS GAAN.

Stephen Namibia ·

Stem saam met jou Kobus Smit. Opvallend dat slegs blanke bekendes hulle uitspreek oor die moorde. Betoog met plakkate en swart by die Currie Beker finaal waar dit deur die wereld daarbuite gesien word.!!

Rina Kotze ·

Ons kan maar swart dra Maandag, want ons rou!

halloween is 31 Oktober, Dinsdag.
Nie dat ek die bose dag vier nie.

Dankie vir almal wat bid en aanhou bid vir ons boere!

Sterkte en simpatie vir hulle, veral die Conradies wat ‘n Pa, man en steunpilaar verloor het.
Sterkte vir almal wat onlangs geliefdes afgestaan het aan die dood op so geweldadige manier. Ons familie is ‘n hele paar jaar gelede ook daardeur.

Mag God jul self troos, want ek het nie woorde nie.

God slaap nie en Hy sal straf, die wat onsinnig moor!

Ouma ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons mense wat woédend en séér is oor hierdie moorde op boere en hulle werkers, ‘n ordéntlike aksie loods. Alles moet tot stilstand kom; Die buiteland moet in rep en roer wees hieroor. Want hierdie moorde gaan nie by die boere stop nie! Dit sal uitkring. Ons sien dit reeds. Ons is moég vir elke dag se koerante waar jy net moord en doodslag lees. Ons is moég om onveilig te voel en bekommerd te wees oor ons kinders en kleinkinders se toekoms. En wee die dag as daar hongersnood in hierdie land kom. Dan sal daar vir kòs gemoor word en nie vir grond nie. Want al kry hulle grond, sal dit braak bly lê. Ek dink ons weet wie agter hierdie moorde sit. Dit is daardie mannetjie en sy beweging wat onlangs op die radar verskyn het en nie wegsteek hoe hy witmense haat nie.

Lou ·

Die mense wat se dit is verskuif saai verwarring en kelder die inisiatief. Ons gaan defenitief Maandag voort.

Boetman ·

Kobus Smit, die anderkleuriges glimlag vir elke blanke moord. Die haat tussen rasse word aangevuur deur die lafhartige anderskleurige leiers. Die einde is naby vir die draai van die ander wang. Ek waarsku hierdie lafhartiges, julle dink julle ken ons, maar julle ken ons nie

Boer ·

Ek is ook klaar met ander wang draai….hulle onderskat ons…..

Hanlie ·

Ons weet die bewusmaking en swart kleredrag is nie die oplossing nie, die terugkeer na YHWH se wette, insettinge, verordeninge en feeste is. Vloeke van Deut: 28 tref ons nou, tensy ons terugkeer na ons belofte aan Yahweh soos in Deut: 26:16-19. Ophou om heidense feeste te vier soos “Kersfees” ens. Ons volk is mislei deur die
“kerk” en dis tyd vir ontwaking! Ons redding kom nie en sal nooit van buiteland af kom nie.

Ouma ·

Ons MAG van ons kant ook iets doen om te wys hoe ons voel. In die Bybelse tyd het hulle as op hulle koppe gegooi en bedelaarsklere aangetrek om hul smart en angs te kenne te gee. Maandag moet ‘n dag van verootmoediging en smeking wees, en ons MAG maar swart dra om te wys hoe ons voel.

Dell ·

Hoekom net op eerskomende maandag swart dra, dra ELKE maandag swart vir ons mense. Dra swart met elke sport byeenkoms. Dra swart wanneer nog ‘n boer vermoor word. Laat ons wys, weer en weer, hoe moeg ons is vir die moorde. Maar moet nie vergeet om die kerke sondae vol te maak en dit by elke geleentheid ‘n gebedsaak te maak nie.

Elma ·

Ons is n Christen-volk…. glo nie aan halloween nie!! Hou op verwarring saai en dra nou eerskomende Maandag jou swart asb!! God ken ons harte, Hy weet waardeur ons gaan. Hy sal ons red soos Hy nog altyd het vanaf die tyd van Israel af, maar dis ons plig om op te staan en iets te doen!!

N Lourens Reitz ·

Dankie Elma en 31 Oktober is vir my Hervormingsdag. Martin Luther het die 93 stellings aan Wittenberg se deur gaan vas spyker los gemaak van Rooms Katolieke en nou PROTESTANT niks van halloween

Nou eers? ·

Vir jare al smeek ons hier in die Noorde dat iemand iets omtrent plaasmoorde moet doen. Die statistieke sal jou asem wegslaan. Een boer word naby Stellenbosch vermoor en skielik is die hele land in rep en roer. Is jou lewe slegs iets werd indien jy in die Wes-Kaap woon?

Vonkprop ·

Saamstaan gaan nie help nie. Ons moet saam DOEN. Kan ek asseblief vra dat organisasies soos Afriforum ens. aan ‘n wettige aksieplan/oplossing werk en dit versprei onder ons wat wil help. Kom ons sit koppe bymekaar. Ek is in die stad maar van my familie is in die platteland en my neef boer so ek wil graag help. Ek het al selfs gevoel om alles hier te los en die boere te probeer help maar een mens is ‘n druppel in die emmer. Die probleem is ons moet binne in die wet bly want in hierdie land het die krimineel meer regte as die persoon wat homself, sy gesin en besittings wil beskerm so doen ons iets sal hulle enigiets doen om ons skuldig te maak soos telke male al bewys is. Mag die Here ons genadig wees.

Amelita ·

Ek voel ook swart hemde dra, petisies opstel gaan niks doen aan die moorde. Hierdie barbaarse mense moet sien dat ons paraat is. Nie sit en saggies iets doen deur n swart hemp aan tetrek. Ek glo ons moet ons mense op plase veral begin te help. Leer ken jou mense wat om jou op plase bly. Kyk of hul veilig is, help hulle as dit oumense is. Wees paraat. En moet nie ons seer wys. Hulle weet dit is n gevoelige punt vir ons en gaan aanhou.
My hart gaan uit aan elke familie lid wat iemand verloor het maar ek glo hulle sal dat ons eerder ons tyd geld en energie spandeer aan die boere wat nog op plase is om hulle te help beveilig.
Hier reeds mense wat die swart hemp uitbuit deur dit nou weer orals op sosiale media teverkoop.
Ons moet iets daadwerkliks doen
Bid alleen gaan ons wragtig nie help en ek glo ons Hemelse vader sal dit ook nie van ons verwag om net te sit.

Deloris ·

Ons staan reeds saam….. maar ons moet ons self ‘visible’ maak soos die taxi organisasie, iets doen… konfooie uit alle oorde na verskiilende plekke in provinsies om Fikile en regering bewus te maak, maar ongelukkig meeste verstaan of lees nie afrikaans ons taal nie.

SP ·

Rian Malan beskryf die verlede hede en toekoms prefek in sy lied; Bloekomboom. Luister gerus die song op Youtube.

Cara ·

Ek wonder net waarom almal so bang is vir “Halloween’? Asb, wil jy die swart maandag dra of nie? Of dit nou maandag is en of dit op n ander dag is, die rede vir dit is ter ondersteuning vir die einde van plaas moorde. En hoekom nou nie die Maandag nie. Moenie so klein gelowig wees nie…… Se ook maar net. Ek dra swart maandag…..wie gaan my keer? Nie eers die sataniste nie.

Di ·

Daar is defnitief ‘n verskuilde agenda agter al die plaasmoorde. Iemand of ‘n sekere GROEP beplan hierdie noukeurig en doelgerig om al die boere van die plase af te kry!!!!!!!!!!!!! Begin om die BREIN agter hierdie komplot vas te trek

Proxyblue3 ·

I’m in! Only I am going 2 wear black whole week…Don’t celebrate Halloween cause it goes against everything I believe in!!!

La-Naine ·

Ek is baie bekommerd oor ons boere as dit so aangaan waar gaan dit eindig. Betogings en vernietiging van eiendom en goed werk baie goed soos ons in verlede gesien het maar dit is nie in ons Afrikaner bloed om dit op so ‘n manier te doen. Stakings en goed werk ook. Is daar nie ‘n manier wat die boere dalk vir ‘n ruk nie hul produkte aan die regering verkoop nie of so iets. Ek weet nie regtig hoe dit werk maar wat ek wel weet is tref hulle waar dit seermaak. Dis al manier om dalk ‘niemand wakker te laat skrik. Ek wonder maar net!!

Marius ·

Maroela media weet jy wat sal nou nice wees as julle ‘n opsie het om dit te vertaal van Afrikaans na Engels dan kan ons al julle plaas moorde berigte oorsee stuur dat die mense dit kan lees.Al die engelse veral News24 skryf niks oor die plaas moorde want dit is in engels en die mense sal dit dan kan lees oorsee.

Net n voorstel.

Groete

Atta ·

@Hanlie: As jy soos ‘n Jood jou verlossing deur werke wil verdien, is dit reg dat jy al daardie wette onderhou. Onthou net dat jy daarvolgens deur YHWH geoordeel sal word op Sy groot dag. En Sy se slaagsyfer is 100%. As jy egter ‘n Christen is wat deur God se genade gered is deurdat jy in Sy Seun Jesus Christus se verlossingswerk aan die kruis glo, sal dit goed wees om die volgende dele in die Bybel ernstig te begin opvat: 1 Tim. 2:1 tot 4; Rom. 13:1,2 en 1 Pet 2:13 tot 17.

Alida ·

Waar wil jy die brein gaan soek. JZ en Malema basuin dit op TV uit. “Kill the boer”

Nicky ·

My hele familie is boere, my ouers, en hul broers en susters boer regoor die land, van Ventersdorp tot op Tolwe. 9 gesinne in my onmiddelike gesin altesaam. Elke aand as ons gaan slaap smeek ons vir God se hand en genade oor ons gesinne. Dit is vir my vreeslik dat ons so gewoond geraak het aan misdaad, dit is deel van ons bestaan soos asem haal. Dinsdag oggend 2:30 lui die telefoon, ek ken nie die nommer nie….ek is te bang om te antwoord, en raak paniekbevange want ek MOET. Dit is toe die sekuriteitsmaatskappy wat ons laat weet dat iemand deur ons elektriese heining probeer kom het. Hulle het 1 gevang, met ‘n panga en gif, maar die ander is weg…… Sug van verligting, dankie tog, die familie is ok. Wat de HEL????? dankie tog dat dit NET iemand is wat probeer het om in ons erf te kom?? Dit is so allerdaags dat dit mens amper nie eers meer ontstel nie. Ons nasie is al afgestomp, niks skok mens meer nie, en dis asof ons maar net alles gelate begin aanvaar? DIS SKRIKWEKKEND. Iemand wat saam met my werk se boetie is met ‘n bottel gesteek, omdat hy nie geld by hom gehad het nie…… die reaksie in die kantoor….. OOOOO dis vreeslik, is hy ok? het hulle die ou gevang? Nie? Ag julle moet maar vrede maak, hulle sal hom nie vang nie,… SAPS is deel daarvan…. OK oukies…. kom kom, dis tyd vir daai Meeting!

Gert ·

Tyd om ipv protes alleen ook te begin doen. Voorstel: gee n donasie vir en stig soortgelyke instellings soos HPG wat bestaan uit kundige ouens wat hul lewens daaraan wy om stropers, moordenaars ,verkragters uit te snuffel waar die lafaards skuil. Hul het beroepe prysgegee en werk vrywillig. Vir nou, geen beter aanwending van fondse as om sulke manne te dra nie. Doen dit asb, hulle offer hul bestaan op om n werk te doen wat die Staat nie meer kan doen nie. Hierdie pad is ons enigste uitweg vorentoe. Last ons betyds begin wakker word en hierdie en soortgelyke instsansies help,nou al, nie eers as ons hul nodig het nie.

Tiaan ·

Nicky jy is in die kol!, ek kan net dink waardeur julle elke dag moet gaan, om veilig te voel is ‘n luuksheid in Suid Afrika

Claudia ·

Ek dra swart maandag. Ek is n christen, nie n satanaanbidder nie. Dus, ek het niks met halloween uit te make nie. Ek dra maandag swart vir ons mense.

HN ·

Ek wil ook graag my 5c in gooi oor die swart dra.

Ek verbeel myself jare terug was swart die kleur vir rou? Dit was/is tradisie om swart aan te trek vir ‘n begrafnis uit respek vir die oorledene?
Nou ek het respek vir elke boer wat aangeval is of vermoor is. Nee nie elke boer nie. Elke persoon wat se lewe verander het agv geweld.
Julle wat so geworry is oor die “swart-dra-oor-dit-halloween-is-&-dit-is-vir-die-duiwel” regtig? Julle mindset is nie reg nie. Dit is beslis nie hoekom die man gevra het ons moet swart dra nie. Hy wil julle nie satiniste maak nie. HY VRA DAT JULLE/ONS SAAM MET HOM (DIE BOERE) MOET STAAN & ROU!!

EK GAAN MET T.R.O.T.S MY SWART DRA DIE 30.10.17!!!!

Glenn Oosthuize ·

Dra swart met n wit strik of kruis vasgewerk of vasgespeld. Vroer die week het iemand gevra ons moet n wit lint dra vir die meegevoel oor die plaasmoorde. Dit sal die satan en sy aanbidders wys waarvoor ons staan.Ons is mos n verbondsvolk

jan vd merwe ·

Nee my vriend, net in limpopo nie.. my swaar is oor die kop geslaan en in m dam gegooi
Dit gaan nie oor wie is die belangriste nie. Dit gaan oor genoeg is genoeg.

Cherokee ·

Julle met jul ‘genoeg is genoeg’ stories. Verduidelik wanneer dit ‘genoeg’ was en wat presies daarmee bedoel word want *selfs die eerste keer was een te veel*.

madels ·

Die boere het al opgetrek en die hele stad in Pretoria met hulle trekkers en trokke geblok. Hoekom doen hulle dit nie weer nie??? Ek sal versker my swart hemp dra!! En die mees belangrikste is dat ons op ons kniee is. Luister na Angus Buchan se video.

Mariaan ·

Dit is nog ń desperate poging om die aandag te vestig op al die wrede moorde op boere. Wat gaan dit help?
Die plase is ń oorlogsone en die boere moet te alle tye self gewapen wees.
Die plaaswerkers moet op gereelde basis sessies bywoon waar hulle bewus gemaak word wat is die nagevolge vir hulle as die boer vermoor word. Daar moet ń vergoeding vir hulle wees as hulle enige waardevolle inligting het.
Die regering gaan niks doen nie. Die boere moet sover moontlik pro-aktief wees.

Mia van pta ·

Hoekom worry mense oor watse dag Halloween is?? Hoekom maak dit saak?? Daar is baie mense wat swart klere dra self ek hou van die kleur l swart en ek glo nie hulle word gesien as n satanis nie!! Maandag is ek en my hele gesin in swart!!! Komaan mense hou op worry oor watse dag Halloween is….. :)

Christo ·

Hier in Oos-Londen is daar ook kort kort insedente. Boer vriende van my was so twee maande terug ook beroof deur 10 gewapende mans. Na dit is menigde ander plase deur selfde mense berroof en vermoor. Die plaaslike koerante en media is still oor hierdie goed. wonder of daar nie n politieke agenda agter die moorde is nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.