[Video] ‘Bekkige’ boetebessie het land aan gons

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Video van ʼn Johannesburgse verkeersbeampte wat wys hoe sy glo parmantig voor ʼn motoris se selfoonkamera rondloop terwyl sy die gek skeer met hom en beledigings rondgooi, het sosiale media aan die gons.

Volgens Clive Naidoo, die motoris wat die video geneem en op sosiale media gedeel het, is hy Vrydag omstreeks 08:45 naby die kruising van Bram Fischerweg en Jan Smutslaan deur ʼn vrouebeampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) beboet nadat hy glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. Sy het glo aan hom gesê hy het vier oë, met verwysing na sy bril, en dat hy nie eens kon sien hy het deur die rooi verkeerslig gery nie.

Hy het toe die video begin neem.

Naidoo noem dat hy nie met die beampte saamstem nie. Tydens ʼn vlugtige woordewisseling wat volg, noem hy dat sy gou moet maak aangesien hy haastig is, en dat hy haar salaris betaal.

Die video wys hoe die beampte die vorm vir die verkeersboete invul terwyl sy glo die gek skeer met die motoris en die woonbuurt, Bloubosrand, waar hy woon. Die beampte merk ook op dat iPhone-fone mooi beeldmateriaal neem, dat die video “vol” gemaak moet word sodat mense kan sien die JMPD doen sy werk, asook dat sy nog nie op TV of in die media was nie, so haar pa sal trots wees op haar.

Sy maak opmerkings oor swart mense en Indiërs voordat sy van die “salarisbetaler” “skimp” vir ʼn verhoging. Ná sowat agt minute kry Naidoo uiteindelik sy boete en eindig die video.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die video.

“As ʼn motoris ʼn verkeersboete opgelê word, moet die motoris geensins in ʼn argument met die beampte betrokke raak nie. Aanvaar slegs die boete,” het Minnaar gesê. “Die motoris kan later aansoek doen dat die boete gekanselleer word en die nodige redes daarvoor verskaf.”

Minnaar het gesê as ʼn motoris voel ʼn beampte het hom of haar wangedra, kan ʼn klagte teen die beampte by die JMPD se afdeling interne sake aanhangig gemaak word, waarna ʼn ondersoek van stapel gestuur sal word. Die afdeling se nommer is 011 490 1797.

Naidoo het nie op navrae van Maroela Media reageer of hy verdere stappe gaan doen nie, en het intussen die oorspronklike video van Facebook af verwyder.

Toe Maroela Media navraag oor die voorval gedoen het, is dit meer as 21 256 keer op Facebook gedeel en meer as 320 000 keer gekyk.

“Blousbosrand” en “JMPD” is van die woorde wat die meeste in die land op Twitter bespreek is.

[wpvideo KMGEN9qs]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Paul ·

So jy gee nie om as mense onbillik behandel word nie, solank dit net nie wit mense is wat onbillik behandel word nie?

Eduard ·

Nee jy verstaan verkeerd Paul ek sou ook nie stil bly as iemand vir my se hulle betaal my selaris nie en die wet is duidelik as daar n probleem met die boete is daag dit voor die hof.

Fransie ·

What is the moral of the story? Moet nie met ‘n girl sukkel nie. Hy het gekry waarvoor hy gesoek het.

Adoons ·

Ai mnr Naidoo, so totaal onnodig …….sy doen net haar werk. Hoekom so ongeskik met die arme vrou as jy die een is wat die verkeersoortreding begaan het? Haar optrede is bloot menslike reaksie wat mens van iemand in haar posisie kan verwag as sy uitgelok word.

Pleks hulle jou sommer van die pad afgehaal het vir daardie gekraakte windskerm!

Gewese Verkeersbeampte ·

Die betrokke beampte oortree geheel en al haar hoedanigheid as verkeersbeampten sy moes slegs die boete uitskryf sonder enige opmerkings of kommentaar. Waar is haar naam plaatjie en van waneer af word naelpolitoer gedra saam n uniform dan is dit nog half afgeskilfer ook nog. Dis duidelik sy wou Mnr Naidoo uitlok tot n hewige argument met die doel om hom dan te arresteer

susaar ·

Die arrogante verkeers oortreder het die argument uitgelok. Dit het tyd geword dat hierdie pad misbruikers vasgevat word…al wat ek sien is n chauvinis wat eerste argument uitgelok het en kan dit nie hanteer dat n vrou hom op sy plek sit nie. Hy is ongeskik en haastig en sy pennies wat hy betaal te min vir wets toepassers om behoorlik na hulle gesinne om te sien….sy was skertsent en vriendelik….wie het hy gedink hy is…no one is above the law mr. Almost human !!

Helena ·

Susaar ek stem volkome saam!!! Bestuurders wat rooi verkeersligte ignoreer moet baie swaar beboet word!!

Jollie Jacqueline ·

Arme vrou? Jammer, ek stem nie saam met jou nie. Sy neerhalend en spottend. Natuurlik het jy nie gesien hoe sy hom spot oor hy ‘n bril dra nie. En dan oor waar hy bly. Ek bedoel rerig. Waarheen gaan die land?!?

susaar ·

Die arrogante verkeers oortreder het die argument uitgelok. Dit het tyd geword dat hierdie pad misbruikers vasgevat word…al wat ek sien is n chauvinis wat eerste argument uitgelok het en kan dit nie hanteer dat n vrou hom op sy plek sit nie. Hy is ongeskik en haastig en sy pennies wat hy betaal te min vir wets toepassers om behoorlik na hulle gesinne om te sien….sy was skertsent en vriendelik….wie het hy gedink hy is…no one is above the law mr. Almost human !!

POPPIE ·

die dame het nie haar naamplaatjie (shield) aan nie. dit is n oortreding van die policies en sy behoort aangekla te word.

Gerhard ·

Vir die ouer manne roep die term “boetebessie” beelde van ‘n vietse lyfie in ‘n modieuse noupassende uniform en sykouse op wat van parkeermeter tot parkeermeter loop. Hierdie is nie vir my ‘n boetebessie nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek het met afsku na die video gekyk en alhoewel mnr. Naidoo seker nie moes gemeld het dat hy haar salaris betaal nie, moes sy darem seker nie haar barbarisme en rassisme so openbaar nie. Sy het hom wragtig sleg getart. Ou Wayne Minnaar moet sy werk doen en die verleentheid van n beampte fire

Dave ·

Gerhard Bezuidenhout, Maroela Media behoort jou sommer van die forum af te fire. Jy praat, soos Cecil dit op ‘n baie mooi manier sê, blatant strooi. Dit beteken jy weet nie wat jy praat nie.
Ek is uiters konserwatief en kan nie ‘n vinger lê op iets wat sy verkeerd gesê het. Inderwaarheid het ek so skeef geglimlag wetende dat ek in haar posisie dieselfde sou optree.

Jollie Jacqueline ·

So dis reg om neerhalend en spotterig te wees teenoor ander?

alex ·

Maroela dis seker vir julle korrek as Dave sulke swak opmerkings maak.

Baie swak maroela.

Gaan dit seker verwyder

Coenie ·

Alex, jy laat my dink aan ‘n kleuterskool kind wat heeltyd onnie toe hardloop met stories. Vir wat moet jy nou Maroela Media hierby betrek? Wees eerder bly hulle laat jou toe om nog Nuus te kan ontvang vir niks. As jy wil kots, gaan betaal maar jou 100 Randjies en teken op by beeld of News24.

Ek het ook lekker gelag toe ek die video kyk. Alby partye was verkeerd gewees en het die saak erger gemaak. Ek is seker as Mnr Clive dit beter hanteer het sou hy met ‘n warning daarvan af gekom het, maar ons wil mos nou ‘n terg gees wees en agter ‘n sel kamera weg kruip. Sy het nie goed reageer op die aanmerkings wat heel onvanpas en onwaar was nie, maar ek is seker meeste van ons sou ook so reageer het as ons in so posisie was. Die Rasse aanmerkings is iets waarmee ek glad nie saam stem nie en wens ons land kan leer om verby dit te kyk en almal te aanvaar soos hul is en elkeen se kulture en maniere respekteer.

anne ·

Stem saam met jou Gerhard, sy het hom beslis getart en uitgelok sy wou hom seker graag gearresteer het.

Natasha ·

Dink as almal so sal optree oor iemand iets se wat jou opruk….?? Nee wat daar is geen trots nie.. Kan jy dink as n bank klerk dit vir n klient sê? Of n passaier vir n pilot?? Nee wat as jy met mense werk moet jy darmn biekie tact he… Al sê die mense wat vir jou

Yolandi ·

EN HOEVEEL DAMN TAXI’S SKIP DIE ROBOT EN DIT WORD NET IGNOREER??? Die vrou vat mos nou ‘n vet kans en siende sy weet sy word afgeneem, maak sy nou ‘n bespotting daarvan want hulle weet die publiek begin videos van insidente neem en die goed land uiteindelik by Carte Blanche op! Nee lekker Frikkie- plank jou naam! Increase sal jy nie kry nie!

Oom Piet ·

Boetebessie
Wat n verfrissende imsident.
Hierdie vrou skrik nie vir koue pampoen nie.
Dankie mnr Naido vir n lekker stukkie humor.
Sal haar pittigheid graag meer wil hoor, sy kort n Oscar.

Akram ·

Ek wil graag n pluimpie gee. ek was laasmaand in SA op vakansie. oppad na pretoria vanaf rustenburg het n beampte ons afgetrek. ek was binne die spoedgrens en die voertuig was sonder enige foute. die beampte het my bestuurs lisensie gevra. dit is n buitelandse lisensie. hy was baie oordentlik en geen arrogansie gehad nie. hy het gese dat indien n persoon die land inkom en n lisensie van n anderland het, moet hy gaan “registreer” by die naaste lisensie kantoor. dit is nou as jy n boete kry, dan kan hulle jou opspoor asjy nie betaal nie. die hele tyd was hy gaaf gewees. hy het selfs vir ons n goeie rit toegewens en gese ons moet die res van die vakansie geniet. ek het so baie gelees van die probleme wat ander motoriste kry. dalk was ek net gelukkig. ek dink as daar meer sulke beamptes is, sal dit dalk beter gaan.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dave jou persoonlike aanval op my laat my koud . Ek kan dit bekostig om , indien ek van die forum gefire word soos deur jou voorgestel, elders te betaal om kommentaar te lewer . Maroela Media is n forum wat regtig ontaard het in n lekker geselsprogram waarvoor ons groot waardering het , daarom deel ons mee aan gesprekke. Moet asb. nie met jou persoonlike aanvalle troebel water veroorsaak nie.

anne ·

Sy is beslis arrogant en het die bestuurder uitgelok met haar houding, mense het nie tyd om te mors nie, sy het opsetlik haar tyd gevat deur met die ander verkeersbeampte te gesels. Hulle weet mos hulle kan maak wat hulle wil en kom soos gewoonlik weg daarmee. Ek sou my beslis vererg het punt.

Cheryl ·

Ek stem 100% saam met jou Anne, het my bloedig vererg toe ek die video gekyk het.

Simone ·

nee kyk…

Mr Clive Naidoo het gekry waarvoor hy gesoek het.. Die JMPD dametjie mag maar.. hoop haar pa kry darem die clip gesien..

Simone ·

as almal nou net die wit swart pienk en pers uithaal, dan sal hulle die humor insien… sy het swart mense ook afgekraak.

Noutoenou ·

Mr Clive was ongeduldig en onnodig aggresief (dalk was die lig nie rooi nie), maar mense in posisies van gesag moet baie meer profesioneel en selfbeheersd wees. Hulle dra die swaard van geregtigheid en na aanleiding van haar sarkasme en tartende optrede sou enige een bedreig voel. Staatsamptenare moet nooit vergeet dat hulle in diens van die gemeenskap staan en nie in hul persoonlike hoedanigheid funktioneer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.