ʼn Woordvoerder van die provinsiale polisie het gesê die 42-jarige vrou het in ʼn natuurreservaat gestap toe sy in ʼn kloof ingeval en haar enkel gebreek het. Dit was omstreeks 18:00 en reeds donker in die kloof, wat veroorsaak het dat haar familie en vriende haar nie kon vind nie.
ʼn Reddingspan is ontbied en kon ná ongeveer drie ure die vrou bereik waar sy omtrent 3 km ver in die kloof gelê het. Sy is deur paramedici op die toneel gestabiliseer en met ʼn reddingsdraagbaar uit die kloof gelig.
Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, is die vrou na die privaat hospitaal Hillcrest geneem, maar was gelukkig nie ernstig beseer nie.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn video van die reddingspoging op sosiale media gedeel:
https://www.facebook.com/video.php?v=1251500888210184
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Hemel Maroela, n kloof van etlike kilometers, waars dit? Jy val 3km en breek n enkel? Ag nee, dink voor jul skryf!!
3 word baie keer in berig gebruik nogal. Maar, die kloof is 3KILOMETER diep? En sy breek net ‘n enkel? Dis 3000meter val? Zuma se mates en getalle dalk?
Sy het seker geloop en ‘n energie drankie gedrink–“it gives you wings” anders sou haar beserings baie erger gewees het ?
Dagsê lesers
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die vrou het 3km ver van die beginpunt van die kloof gelê.
Groete
Mariné
nms Maroela Media
n goeie begryper het net n halwe woord nodig.