[Video] Beseerde vrou na ure in kloof gered

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vrou is Dinsdag tydens ʼn drie uur lange reddingsoperasie gered nadat sy tydens ’n staptog in ʼn kloof ingeval het.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale polisie het gesê die 42-jarige vrou het in ʼn natuurreservaat gestap toe sy in ʼn kloof ingeval en haar enkel gebreek het. Dit was omstreeks 18:00 en reeds donker in die kloof, wat veroorsaak het dat haar familie en vriende haar nie kon vind nie.

ʼn Reddingspan is ontbied en kon ná ongeveer drie ure die vrou bereik waar sy omtrent 3 km ver in die kloof gelê het. Sy is deur paramedici op die toneel gestabiliseer en met ʼn reddingsdraagbaar uit die kloof gelig.

Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, is die vrou na die privaat hospitaal Hillcrest geneem, maar was gelukkig nie ernstig beseer nie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn video van die reddingspoging op sosiale media gedeel:

A succsessful combined Rescue Operation with the SAPS Search and Rescue, Fire Dept, Mountain Rescue Club, RescueTech, EMRS, ER24 and a trauma Doctor from Albert Luthuli Hospital. A 42-year-old female fell while running on a trail in the Kloof Gorge in KZN. She broke her ankle just after 18:00 yesterday evening. Family and friends were unable to find her as it was already dark in the gorge. The rescue team reached her just after 20:00, 3km down the gorge. After she was stabilised the long walk out the gorge with the patient on a Rescue stretcher took a gruelling 3 hours.

Posted by South African Police Service on Tuesday, December 29, 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Langtand ·

Hemel Maroela, n kloof van etlike kilometers, waars dit? Jy val 3km en breek n enkel? Ag nee, dink voor jul skryf!!

jakes ·

3 word baie keer in berig gebruik nogal. Maar, die kloof is 3KILOMETER diep? En sy breek net ‘n enkel? Dis 3000meter val? Zuma se mates en getalle dalk?

Jaco ·

Sy het seker geloop en ‘n energie drankie gedrink–“it gives you wings” anders sou haar beserings baie erger gewees het ?

Mariné Lourens ·

Dagsê lesers

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die vrou het 3km ver van die beginpunt van die kloof gelê.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Carlos ·

Maroela Media moet hare op hulle tande hê om al die kommentaar te lees en nog steeds so beleef te wees. Baie dankie vir die goeie diens

Langtand ·

Goeie genugtig dit word al hoe erger!! Die arme vrou!! Iemand se perspektiewe is deurmekaar! Tafelberg is net oor 1000m as dit sal help om te vergelyk…

Andre ·

Het jy en ook sommige van die ander hierbo, julle begripstoetse op skool geslaag…???

Dywie ·

Vir MarIné van Maroela Media: Die hoogte aanvanklik gemeld, is 3x die hoogte van Tafelberg! Die verbeterde weergawe sê 3 km van waar kloof begin. Asb, kry hoogtes/ afstande korrek voordat berigte geplaas word, anders word beriggewing bespotlik!

Kellies ·

Julle moet reg lees!!! “3 Kilometer ver in die kloof”. Hulle het nie geskryf 3 Kilometer “Diep” in die kloof nie?

Jan ·

Die berig noem nie waar hierdie kloof is nie, of selfs watter provinsie dit in is nie. Volgens Google is die Hillcrest private hospitaal in Durban, ons moet seker maar aflei dit het in daai omgewing gebeur.

Peet Schabort ·

Jy moet altyd voorbereid gaan stap. Selfs vir die heel onwaarskynlike, soos dit vir my lyk het die donker hulle onverhoeds gevang. Neem maar ‘n stapstok en kopflits saam sodat jy beide hande los het vir balans, klim ens. Anders slaap jy maar daar tussen die klippe MITS koue, wilde diere dit toelaat. Jy slaap egter weg van die voetpad want in ‘n wildernisgebied sal jy die volgende oggend die luiperd se spoor sien waar hy by jou verby is. Vra my want ek weet.

Ralda du Plessis ·

LEES ASB. wat Kellies sê, miskien VERSTAAN die lesers dan beter !

Peet Schabort ·

(22-10) ure=12ure later en my kommentaar maak dit. Dankie Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.