Video: Betogers beset steeds KZN-paaie    

Betogers het deur die nag altesaam 26 vragmotors aan die brand gesteek. (Foto: Rob Beezy, Twitter)

Groot paaie in KwaZulu-Natal was Saterdagoggend steeds vir motoriste gesluit nadat betogings deurnag in dié provinsie voortgeduur het. Verskeie paaie is steeds met brandende voorwerpe versper en betogers het Vrydagnag 26 vragmotors aan die brand gesteek.

Die metropolisie en polisie is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat betogings Vrydag op verskeie snelweë en paaie in KwaZulu-Natal uitgebreek het. Sogenaamde Zuma-ondersteuners het in groot getalle opgeruk en die provinsie tot stilstand gebring.

Maroela Media het vroeër berig die mense betoog glo om hul misnoeë met oudpres. Jacob Zuma se inhegtenisneming te kenne te gee.

Volgens superintendent Parbhoo Sewpersad, woordvoerder van die Durbanse metropolisie, het die betogers deur die nag altesaam 26 vragmotors aan die brand gesteek.

Paaie was Saterdagoggend steeds versper weens betogings in KwaZulu-Natal. (Foto: Verskaf)

“Betogers het deur die nag paaie met brandende motorbande en ander voorwerpe versper en vragmotors aan die brand gesteek. Hulle het die polisie met klippe bestook en vuurwapens afgevuur,” het Sewpersad aan Maroela Media bevestig.

Garrith Jamieson, verbonde aan ALS Paramedics, sê betogers het Vrydag omstreeks 20:00 een van hul ambulanse in Duff-weg tot stilstand gedwing. Dié ambulans het op ʼn noodgeval in die Mount Edgecombe-omgewing gereageer.

“Die ambulanspersoneel het gelukkig op hul voete gedink en vinnig omgedraai en ʼn ander roete geneem,” sê Jamieson.

Teen Saterdagoggend was daar weens betogings ses paaie in die eThekwini-distrik vir verkeer afgesper. Dit sluit onder meer die N3-snelweg in Mooirivier in. Dié pad was teen tyd van publikasie steeds in albei rigtings vir verkeer gesluit.

Sewpersad sê die metropolisie het inligting ontvang dat daar nóg groot betogings vir die dag beplan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Perdeby ·

Waar is die Polisie hoekom word hulle nie toegeluit nie. Cele het dan gese dit is onwettig tydens lock down???????

Alleen Wolf ·

Wie glo nog vir Cele, hy en sy gespuis kan net sagte teikens aandurf, spul papbroeke.

Arthur ·

Waar is keppie cowboy Cele? Daar word nie opgetree teen kiesers van ANC nie. So politiek vuur hoogty bo wet en orde? Cele is maar net n grootbek. Wonder as die nou op Senekal gebeur het?

Flip ·

Waar is die polisie wat die guts het om ou en sieklike mense uitmekaar te jaag, is hulle nou bang. Siestog ek dink ons moet maar die ou komando’s weer op die been bring.

Snowball ·

Hoekom lyk SA nou soos tydens die 80’s? Die suksesvolle ANC is dan aan die stuur. Wie sou kon dink? So lyk dit as jy wind saai – uiteindelik sal jy storms oes.

JB ·

Die polisie kan ons nie meer beskerm nie. Dan wil Cele nog ons vuurwapens vat.

Johan ·

Hoekom betaal ons nog belasting. En hoekom steur ons, ons nog aan die reëls wat ons ekonomie versmoor.

Andre ·

Die is nie betogings nie, die is terrorisme. So waterkanonne is te lig.

Renee ·

Vat al die betogers Robben eiland toe sodat hulle onder mekaar kan uitsorteer sonders maskers, sal sommer sien hoe val ons covid gevalle

Deon ·

As ek mag raai, die een het te veel vuil wasgoed van die ander en daar word nou afgepers……….. Daar is ander berigte wat se dat daar teen die leiers en opstokers van hierdie “riots” klagstate “geformuleer” word…. Alles goed en wel, die ding is reeds n produk van n leier wat toe gesluit is, wat gaan gebeur as meer van hul leiers toegesluit word?

Charles ·

Die polisie is blykbaar op hoë gereedheidsgrondslag geplaas!! Maar wat doen hulle? Is ons land nou al op daardie stadium waar ʼn provinsie deur betogers regeer word, en hulle doen dadels???

Oom Dawie ·

Ai – die skade aan eiendom en infrastruktuur – hartseer…
En dit vir n skelm in die tronk…

Kobus ·

Liewe genade. Hulle put genot hieruit en more staan hulle bakhand vir aalmoese. Sien een knaap eis dat Cele ZUMA moet vrylaat. Wys mens wat die vlak van kennis is. Waar is Zuma ondersteuners se leierskap ? Waar is ons SAP? Waarom nie waterkanonne gebruik nie? Wie dok op vir al die miljoene se skade aan onskuldige mense se eiendom? Nee o heng.Iemand doen tog iets

Pieter ·

Nee wat ‘Our People’ – nee wat kan niks met die klomp bou of n toekoms nie. Die polisie glo ek was maar deel anders het hulle in die bos weg gekruip- Polisie beteken niks – gee my belasting geld terug! Ek sal eerder aan Komandos betaal. S.A you will never be the same nor get saved- you will burn further to the ground.

Persheks Adri ·

Hoë gereedheidsgrondslag? Nee goed plaas beweeg hulle in en begin toe sluit! So ons kan ook brand en skote skiet en dis aanvaarbaar pffft

henndrik ·

Arresteer almal en sit hulle het saam Zuma in dieselfde sel

Maritha ·

Maroela, ek plaas nie gereeld kommentaar nie en is nou hartlik gatvol omdat julle NOOIT my goed plaas nie. Los maar die tiekies wat julle so graag stuur omdat ek gereeld nuwe goed lees. Ek gaan nie meer maroela ondersteun nie.

Bushy ·

Stem saam, tiekies en sterretjies is vir Klein kindertjies wat deur Groot mense toegeken word. Ons is nie kindertjies nie. Ek het Maroela Al hieroor uitgevra maar geen terugvoer gekry nie. Het hulle gevra om n peiling te hou maar niks kom daarvan, te bang vir die waarheid.

Kokerboom ·

My bloed kook van kwaadheid!!!Saam met Toetie vra ek: WAAR is SAPS en weermag????
Hoe kan Ramaphosa die skade aan ekonomie deur boewe toelaat????

Moeggeploeg ·

Gaan ANC die skade betaal? Ek twyfel want die nasie lewe nog in die 1800’s. Hulle kan net vernietig

Mariana ·

Kom Ramapoza dis tyd dat jy iets doen want “our people” is besig om die land af te brand vir ‘n krimineel. Nee hy moet in tronk bly maar miskien kan jy jou minister Cele beveel om sy werk te doen . Dit wat nou gebeur is dat klomp terroriste los is in KZN.

Mariana ·

Zuma is seker in sy skik en trots op sy mense wat so vir hom opstaan. Wow fantasties!!! Sy seuntjie is ‘n voorbok in die gemors.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Welkom in die ANC se Mzansi National Democratic Society Fire and Brimstone Useless Animal Farm.

Gert ·

Toe Bekkie gaan vang jou mense of maak plat. As jy jou self teen die terroriste verdedig en jou goed probeer beskerm sluit Bekkie jou toe. Nou hoe moet jy ‘n bestaan maak as dit so gaan

Alleen Wolf ·

Sal mors van nog belasting betaler se geld wees, hopeloos, lankal nie meer ‘n weermag nie.

JohanR ·

Kan ek voorstel hulle bring hom Pollsmoor toe. Pappa, die 28’s, die 27’s, die 26’es en die seventy eleventy’s wag vir hom. Seventy eleventy’s is die gang wat soos Zuma nie kan tel nie!

Oom Hennie Pennie ·

Waar is die WEERMAG en hoekom is daar nie grootskaalse arrestasies deur die polisie nie!!

Piet parys ·

As jy voertuie aan die brand steek is jy n misdadiger en terroris en daar is dan net een oplossing . Polisie los julle handskoene by die huis en doen julle plig waarvoor julle betaal word of bedank . Misdadigers het julle manne aan die knaters beet.

Samuel ·

En ons wetstoepassers is lamgelê deur politici. Magteloos.

Johan ·

Skiet hulle einde van storie ons is te sag teen misdadigers

wessel ·

weet nie hoekom die bohaai, Zikalala praat heeltyd van “violins”….kort net n paar simbale

Nico ·

Babas gooi die toys uit die cot uit wanneer daar nie gehoor gegee word aan hul behoeftes, die volwassenes vernietig en verwoes alles as hulle nie kry wat hulle vra nie. Dit is net hoe hulle te werk gaan as hulle nie tevrede is oor ‘n saak nie, hulle betaal mos nie daarvoor nie.

Nico ·

Dit is net soos hierdie mense is, het geen waardes en respek vir privaat eiendom nie, hulle het nog nooit iets gebou of beplan nie, kan net afbreeg en verwoes, die vadaliste wat hulle is.

Franz ·

Wt n wonderlike land om in te bly.Mens hoor of sien nooit enige tronkstraf of boetes wat opgele word ,na die inhegtenis nemings nie.Die gereg is aan die kriminele se kant.Maak mens skoon siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.