Video: Betogers bestook vragmotor met petrolbomme

Die uitgebrande vragmotor. (Foto: Verskaf)

Betogers het Donderdagoggend ʼn vragmotor met petrolbomme op ʼn grondpad tussen Villiersdorp en Botrivier in die Overberg bestook waarna die insittendes in die doodsnikke uit die vragmotor kon spring voordat dié voertuig in vlamme gehul is.

Volgens Thinus Kershoff, eienaar van LM-vervoer, het die bestuurder van die vragmotor en ʼn agterryer vanoggend ʼn padroller met een van dié vervoermaatskappy se vragmotors vervoer toe hulle op ʼn betoging op die N2 naby Botrivier afkom.

Die bestuurder van die vragmotor het besluit om eerder ʼn ompad te ry waarna hy op ʼn grondpad tussen Botrivier en Villiersdorp afgedraai het.

ʼn Groep van tussen 25 en 30 betogers het die vragmotor egter op dié pad voorgekeer en met klippe bestook.

“Hulle het die vragmotor se vensters stukkend gegooi en weens die groot vrag kon die bestuurder natuurlik nie vinnig genoeg omdraai nie. Die betogers het op die [insittendes] toegesak waarna hulle uitgespring het. Hulle het gevlug vir hulle lewe,” verduidelik Kershoff.

Die twee kon daarin slaag om ongedeerd uit die vragmotor te spring voordat die betogers petrolbomme in die vragmotor gegooi het.

Die uitgebrande vragmotor. (Foto: Verskaf)

Kershoff skat dat die skade aan die vragmotor en sy vrag byna R3 miljoen gaan beloop. Hy vertel dat die voorhaker van die vragmotor uitgebrand het, asook die kajuit van die padroller. Die vragmotor se sleepwa het ook skade opgedoen.

Volgens Johan Smith, ’n versekeraar wat deur Kershoff na die toneel ontbied is, kon die polisie deur middel van waterkanonne die vlamme blus. Die plaaslike brandweer het ook hand bygesit.

Siyabulela Malo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Malo vertel dat die betoging reeds Woensdagaand ná ʼn gemeenskapsvergadering opgevlam het. Dié vergadering was glo nie suksesvol nie waarna sowat 300 mense tot protesaksie oorgegaan het.

Volgens Malo is verskeie sake van openbare geweld en kwaadwillige skade aan eiendom aanhangig gemaak.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie was op die toneel om die situasie in bedwang te bring.

https://youtu.be/FPyA5cvDdIo 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ingrid ·

Hoe op dees aarde?
Die SAP was op die toneel……. niemand is gearresteer nid. Halllooooooo
???????????

Petrie ·

Hallooooo….Die Polisie MONITORrrrrrrrr…….(Ha,Ha, soos ons alte dikwels nou sien)

Johan ·

Die polisie het net toeskouers geword van geweld. Dis net so goed asof hulle afwesig is.

James ·

Polisie monitor mos net. By my volgende vergadering as ek ook nie gelukkig is nie sal ek ook trokke met petrol bomme gooi. WORD WAKKER SAPD DIS TERRORISTE DIE…..dink dis duw gemeenskap haha

Theresa ·

Ons land is letterlik in sy kanon in. Hoekom wil hulle alles brand wat voorkom? Wonder wie gaan dai 3 miljoen se skade betaal…?

Oud Rhodie ·

Dit is nie betogers nie. Dit is veel meer. Probeer anargiste. Wie wandel rond met petrolbomme ?

pieter ·

Dis seker Juluis se “Peaceful Africans” wat dit veroorsaak het.

willem Botha ·

Die kriminele doen net wat die belasting diewe in blou hulle toelaat,en ek verstaan nie hoekom daar verwys word na betogers nie hierdie is brandstigters wat hulle kriminele maak.

Nita ·

Anargie. Dis tyd dat vragmotors bewapen word en dat hulle die reg moet he om enige persoon wat sy vragmotor en vrag, bedreig, summier te skiet.

Nel ·

Die MRK se ‘vredevolle mense’ in aksie met hul vernietigingswerk.

Ras Moller ·

Ek wil weet wat kan al die gelowiges doen as daar mense is wat geen respek het vir lewe of eiendom nie of nie in vrede wil saam leef nie?

Nel ·

Ja, maar nie so dat jy dit sal agterkom nie – meer ‘bheki’ as binnegoed en hy stel in elk geval meer belang in die nuutste hoedmodes as in polisiëring.

Hanna Hoekom ·

Kom ons raai: die vragmotors is eers geplunder voordat dit aan die brand gesteek is! SAPS het moontlik net die situasie “gemonitor” omdat hulle kop in een mus met die misdadigers is. En laastens: hierdie is nie betogers nie, hulle is geharde KRIMINELE wat op 8 Mei net soveel stemreg as ek en jy, die vuisvoos belastingbetaler, gaan he. Ons land is in sy kanon!

Yankee ·

Ag jenne tog mense, julle sal oor al hierdie strooi uitfladder!! Hou moed.

Martin ·

Tipies van hulle, as hulle nie tevrede is met iets nie word ander se eiendom gebrand en beskadig en DIE in blou doen niks behalwe om te kyk want dit us hul boeties. Dit wat hulle nie het of kan kry nie word dit se eienaar uitgemoor en word min of geen poging aabgewend om die skuldegis aan te keer nie, en die wat wel aangekeer word is binne 6 maande weer op vrye voet om weer voort te gaan om die land in sy kanon in te stuur.

Liamari ·

Poging tot moord. Niks anders nie. Indien daai bestuurders nie kon wegkom nie, het hulle dood gebrand. Kriminele, nie betogers nie.

lanie ·

Stel Spoor dienste weer in. Dan sal daar nie sulke goed gebeur nie en ons paaie sal nie so verwoes word nie en minder mense sal sterf op ons paaie.

Valkoog ·

Wat nodig is, is ‘n kleurstof kanon om vandale mee te merk. Ek hoor graag wat se kleur die lesers daarvoor voorstel.

anton ·

Nou wonder ek?
As n bestuurder so aangeval word en met klippe bestook word (poging tot moord) en hy gebruik sy vuurwapen en skiet n paar dood, wat sal dan gebeur?
Behalwe dat sulke kriminele baie vinnig 2 keer sal dink voor hulle weer so iets probeer!!!

Trol ·

25 – 30mense? Hoekom nie BO -OOR hulle gery nie? Klagtes is geopen, maar niks word gedoen nie. Daarom gaan hulle chaos saai vir ewig en altyd. Strooi man. Wat hulle saai kan hulle maai. Eis, betoog, breek en brand. Wanneer gaan hulle leer koop en betaal gee jou huise, water, ligte, universiteitsgrade en swart suv’s.

Tino ·

Ek wonder of die polisie ook gaan monitor waneer hul eie huise met petrol bomme bestook word?

George ·

As ek toestemming kan kry om te doen wat ek wil met die brandstigters , sal ek bitter graag vir die land wys dat dit die laaste keer is dat so iets op ons paaie gebeur. WAARBORG!!!!

David Potgieter ·

Ramaposa vra vir die President van Botswana hoekom hy ‘n Minister van Vloot aangestel het. Hy het dan nie eens ‘n hawe nie. Toe antwoord Pres Mokgweets Masisi dat Ramaposa dan ‘n Minister van Polisie het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.