[Video] Betogers maak amok; N4 gesluit

‘n Skermskoot uit die video.

Die N4-snelweg buite Emalahleni (Witbank) is steeds gesluit nadat woedende betogers die pad Vrydagoggend met ʼn groot hoeveelheid steenkool en klippe versper het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die betoging het rondom 05:00 begin toe inwoners van die Vosman-gebied begin het om die snelweg af te sper en voorwerpe op die pad aan die brand te steek.

Hlathi het gesê ʼn vragmotor en ʼn motor is tydens die betoging aan die brand gesteek en ʼn bus is beskadig. “Die busbestuurder is beseer en hy is in die hospitaal opgeneem,” het hy gesê. Dit is nie duidelik hoe ernstig sy beserings is nie.

Foto: Verskaf

Die inwoners betoog glo oor ʼn tekort aan dienslewering en werksgeleenthede in die gebied.

Volgens Hlathi is polisiebeamptes en die munisipaliteit se rampbestuureenheid steeds op die toneel. “Hulle is besig om die snelweg op te ruim. Vir nou is dit stil, maar ons monitor steeds die situasie. Motoriste moet steeds van alternatiewe roetes gebruik maak.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Keelvol ·

Wanneer is genoeg genoeg? Waarom moet ander mense te na gekom word indien iemand ontevrede is? Wat het die eienaar van die bus of die bakkie met werksgeleenthede of dienslewering uit te waai? Wie het gestem vir die plaaslike raad wat die swak dienslewering gee? As ek ontevrede is verhinder ek nie dat ander werk of ek beskadig nie hulle eiendom nie.

Griki ·

Stuur hierdie betogers en brandmakers Nkandla toe, na die wortel van die kwaad toe sodat hulle hulle griewe na die regte plek kan neem.

Chris Ws ·

Griki jou kommentaar op die’ berig is die beste sover!Ek se ook dat hulle om Nkandla gaan bande brand en paaie blokkeer.Wat het hulle met paaie en snelwee buite hulle woongebied te doen?NIKS!En die SAP is te sleg om betogers van sulke paaie af te jaag.Hulle MONITOR alewig die situasie met hande in hul sakke.

Flintstone ·

Haha!Betoog agv.’n tekort aan werksgeleenthede!Dis juis sulke destabiliserende en irrasionele gedrag wat werkloosheid en aflegging op groot skaal aanvuur !Hou gerus so aan,eventueel sal julle hopelik agterkom dat slegs harde werk jou iewers sal bring in die lewe.Nie ‘n staking en ontwrigting van onskuldige landsburgers om jou se lewens,wanneer jy nie jou sin kry nie!

buo ·

Waar is intelligensie of geplante spioene,dink die regering hits die gedrag aan om die aandag af te lei waar kom hul aan die steenkool iemand moet dit aankoop of dit borg die betoging word seker beplan sulke goed word nie net gedoen gedoen nie

Swannie ·

Mooi man, dis voorwaar iets om op trots te wees om in so land te bly :-(
Fw, Roelf en kie ,asook die ANC moet beslis bedank word vir hul bydrae om `n eens voorspoedige land in heeltemal anargie te omskep.

Suid Afrika is die enigste land ter wêreld waar so iets plaasvind sonder enige nagevolge.
Donker Afrika sal nooit verander nie !!

Tersia ·

Stuur hulle na nkandla as hulle moeg en warm ge-toi toi is kan hulle in die brandpoel afkoel. En sommer daarvaniut met mumba one konsulteer.

CS ·

Ek bly in Witbank, dienslewering? daar bestaan nie so iets nie – ek wil net weet hoekom gaan toi toi hulle nie voor die Munisipale kantoor voor die geagte Burgermeesteres vir wie hulle gestem het nie – Waarom op die snelweg toi toi en onskuldige mense se voertuie aan die brand steek, daar is duisende mense wat die snelweg gebruik wat ontwrig word en nie by hulle bestemming of werk kan uitkom nie – verstaan nie hoe werk hulle koppe nie

jack daniel ·

Hkm plaas jul nie my kommentaar nie Maroela? Feite is feite! Ons is nog getegtig op freedom of speech of ook nie meer nie. Is dit ook van ons weg geneem?

Blommeland ·

google gerus “average IQ for SA” … 77
baie dinge sal sin maak na die navorsing

Deon ·

Brand, brand…. weet hulle dan nie hulle moet hulle President, sy regering en die Gupta’s verantwoordelik hou nie……, Nkandla, Dubai, ens. ens. ens. hul hoor daagliks van hoe daar bedrog gepleeg word, hoekom dink hulle die land sien uit na hoe dit lyk. Wie is aan bewind, dan in plaas van om die aan te vat verantwoordelik saai hul net nog meer en meer chaos, en haal dit op onskuldige mense uit op die paaie….besef hul nie daai motoriste bestuur nie Suid Afrika nie, slegs hul motors……….

Sakkie van der Merwe ·

Afrika o Afrika. Waar is die manne wat gese het NOOIT sal ons soos Zimbabwe raak nie. Dit gaan hier erger en SAP en Metro polisie doen niks. Veels geluk, soos gese, aan FW, Pik, Roelf en kie, Dit is wat julle nagelaat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.