[Video] Raadslede by Pta-raadsaal vasgekeer, traangas geskiet

Raadslede is op die eerste verdieping van die Sammy Marks-gebou vasgekeer. Foto: Elma Nel

Raadslede is op die eerste verdieping van die Sammy Marks-gebou vasgekeer. Meer foto’s en ‘n video volg onderaan die berig. Foto: Elma Nel

Raadslede is in die Sammy Marks-gebou in Pretoria se middestad, waar die Tshwane-metro se raadsaal geleë is, vasgekeer, nadat honderde betogers Donderdag na die raadsaal opgeruk het.

Rdl. Dana Wannenburg het aan Maroela Media gesê die polisie en metropolisie het omstreeks 13:00 traangas en rubberkoeëls gebruik in ʼn poging om die groot groep betogers uit mekaar te dryf en te verhoed dat hulle toegang tot die raadsaal kry.

Hy het gesê raadslede is in die gebou vasgekeer en die traangas waai in die gange voor die raadsaal in.

Rdl. Elma Nel het gesê die trappe na die verdieping waar die raadsaal geleë is, is afgesper om te verhoed dat die betogers toegang tot die raadsaal kry.

Die betogers is vermoedelik deel van die munisipalewerkersvakbond, Samwu. Honderde betogers het omstreeks 09:00 by die Ou Putco-bushalte in Marabastad bymekaar gekom en na die Sammy Marks-gebou opgeruk, waar die metro se maandelikse raadsvergadering om 10:00 begin het.

Die polisie en metropolisie is steeds op die toneel. Volgens Nel is die situasie gespanne, maar onder beheer. Die raadsvergadering het vir ete verdaag en sal na verwagting later voortgaan.

Raadslede was tydens die vorige raadsvergadering aan die einde van September tot na middernag vasgekeer nadat ʼn groep betogers, waaronder ANC-lede, die raadsvergadering ontwrig het en amok binne én buite die raadsaal gemaak het.

Nel en EFF-raadslid Anna Masemola is voor die vergadering aangerand en albei moes hospitaalbehandeling ontvang. Beeldmateriaal is ook wyd op sosiale media gedeel wat wys hoe ANC-lede tydens die vergadering bottels en stoele rondslinger. Die Tshwane-metroraad het aanklagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging teen dié ANC-lede ingedien.

[wpvideo XBZFJWIB]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan ·

Gaan daar n dag verbygaan waar daar nie betogings gaan wees nie? Die arme siele gaan nie meer weet waaroor hulle betoog nie……

Jakobus ·

Intimidasie, geweld, brandstigting, moet voor die ANC se deur met hulle afbrand voor “liberation” en die halsnoerbrande gelê word. Dit is die kultuur wat die ANC van daardie jare af geskep het hoe hulle mense met hul getalle intimideer. Vandag is dit die Afrikaan se nasionale sport in die land.

TDW ·

Die laaste foto, lmga…” I’m HIV+” en al die studente wat stap.

Raymond Bastone ·

Betoog en betoog lyk my dit is al wat hulle kan doen julle is besig om ons wakker te maak met julle betogins moorde ens

henda ·

Het hulle dan nie werk nie of nee ek vergeet hulle word seker n paar rand in die sak gestop om te kom toi toi maak nie saak waaroor of waarvoor nie

Will i am ·

Staak oor hul nie werk het nie. Hoe moet ek vir iemand wat heeldag in strate is werk gee

Johann Marx ·

Will I am, jy hoef mos nie werk te gee vir enige iemand wat heeldag in die strate is nie? Dis nie jou probleem nie. As jy ‘n vakante pos het, stel iemand aan wat die werk kan doen, en ‘n aanwins vir jou besigheid is.

twakkies ·

Hoe op aarde kan jy vir sulke mense n werk gee. Hulle sal heeldag in die son op en afspring sonder om te vra vir etenstyd of oortyd maar wil nie werk vir n R150 p/dag nie. Hierdie spul word aangery deur rent a croud of dalk die rooi span??

Doris Gouws ·

Ek dink hulle moet nou op met hierdie sirkus van hulle wat alles verplunder want n mens raak nou keelvol as dit nie die een ding is nie is dit n ander ons word nou al siek daarvoor dink net hoe lag die ander lande vir hierdie sirkusse wat net nie n einde het nie.

Johann Marx ·

Doris Gouws, “mens” kan nie nou staan en keelvol raak vir die “sirkus” nie? Volgens wie is hierdie ‘n “sirkus”? Net volgens jou? Jy kan so siek word as wat jy wil…….dit gaan GEEN verskil maak nie. Die meerderheid is nou in beheer, in dit is hoe hulle die ding doen. Geen ander land lag vir hierdie sirkus nie. Watter land het jy hoor lag?

humor ·

Waars fw, roelf, pik en wessels hulle. Kan hulle darem nie hier kom en ietsie se wat die gemoedere tot bedaring bring nie. Hulle ken mos die fynere kunsies in die politiek. Ja ons huil, want kyk die gevalle toestand van ons erfenis.

Johann Marx ·

Humor? FW, Roelf, Pik en Wessels het vir hulleself gesorg. Hulle sit knus in hulle eiendomme met sakke vol belastingbetaler’s geld, en leef soos konings. Waarom moet HULLE nou die gemoedere onder bedaring bring? Hulle kennis van die fynere kunsies van politiek het hulle nou presies waar hulle wil wees, soos beskryf in my eerste sin. Jy kan huil nes jy wil, ou humor, jy en jou nasie het julle pankop president ondersteun en toestemming gegee om “ons erfenis” weg te gee…..nou kerm almal. Hierdie is nie “ons” erfenis nie…hierdie is nou die meerderheid van die bevolking se erfenis. “Julle” het dit gehad….en weggegee. Nou het julle niks.

Vaalseun ·

Soos Zuma die voorbeeld gestel het met sy 50 lyfwagte en 20 beskermingsvoertuie, moet die DA ook maar gou hulle sekuriteit opknap daar waar hulle in beheer is.

nannie ·

Lyk my die ANC sweep die mense op om die DA se raadsvergaderings te ontwrig. 1ste vergadering is die 2 dames aangerand nou is almal vasgekeer. ANC is maar swak verloorders.

lynette ·

Ek dink ook die ANC sit agter dit. Hoekom sal een van hulle vakbonde juis vandag en juis daar waar DA vergader met hulle sheist aangaan.

Raymond Bastone ·

Hahaha!!” Kry vir julle Julle het hulle mos so geleer

Frans C ·

Dit laat my dink aan Henry Ford.Jy kan enige kleur Ford kry solank dit swart is , over geset synde na die ANC julle kan enige vorm van demokrasie kry solank dit ANC-swart is.

CL ·

Ek sien by die verkeersligte in Pretoria daagliks straatverkopers met TUKS t-hemde aan.
Het dit nie voorheen gesien nie.
Dit sê mos iets…

Lance ·

Anc het die hele land ontwrig …nou erken hulle darm hulle is die oorsaak van die land se gemors

Johann Marx ·

Lance? Ek lees nêrens “erkenning” deur die ANC vir enige iets nie. Wat kyk ek mis?

Lance ·

Jackson se uitlaatings …selfs gese die anc is erger as die ou apartheidsregeting …kon self nie glo toe ek dit hoor nie …hy het nog goed gese wat my BAIE verbaas het moet ek se …dit van n hoofsweep …wys mens net hoe verdeeld die anc eintlik is ne

jaco ·

die DA het soveel mooi stories gehad oor hoe hulle Tshwane sou regkry, maar het vergeet dat die amptenare wat vir die stadsraad werk, amper almal regstellende aksie aanstellings is en dat hulle amper almal aan vakbonde behoort wat by die ANC/COSATU geaffilieer is.

Johanna Botha ·

Ek weet nie hoe die DA vir Pta en Jhb gaan regkry en op die vlak van die Kaap gaan , veral met die diep verval wat reeds plaasgevind het nie …dit gaan n wonderwerk kos !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.