Raadslede is op die eerste verdieping van die Sammy Marks-gebou vasgekeer. Meer foto’s en ‘n video volg onderaan die berig. Foto: Elma Nel
Raadslede is in die Sammy Marks-gebou in Pretoria se middestad, waar die Tshwane-metro se raadsaal geleë is, vasgekeer, nadat honderde betogers Donderdag na die raadsaal opgeruk het.
Rdl. Dana Wannenburg het aan Maroela Media gesê die polisie en metropolisie het omstreeks 13:00 traangas en rubberkoeëls gebruik in ʼn poging om die groot groep betogers uit mekaar te dryf en te verhoed dat hulle toegang tot die raadsaal kry.
Hy het gesê raadslede is in die gebou vasgekeer en die traangas waai in die gange voor die raadsaal in.
Rdl. Elma Nel het gesê die trappe na die verdieping waar die raadsaal geleë is, is afgesper om te verhoed dat die betogers toegang tot die raadsaal kry.
Die betogers is vermoedelik deel van die munisipalewerkersvakbond, Samwu. Honderde betogers het omstreeks 09:00 by die Ou Putco-bushalte in Marabastad bymekaar gekom en na die Sammy Marks-gebou opgeruk, waar die metro se maandelikse raadsvergadering om 10:00 begin het.
Die polisie en metropolisie is steeds op die toneel. Volgens Nel is die situasie gespanne, maar onder beheer. Die raadsvergadering het vir ete verdaag en sal na verwagting later voortgaan.
Raadslede was tydens die vorige raadsvergadering aan die einde van September tot na middernag vasgekeer nadat ʼn groep betogers, waaronder ANC-lede, die raadsvergadering ontwrig het en amok binne én buite die raadsaal gemaak het.
Nel en EFF-raadslid Anna Masemola is voor die vergadering aangerand en albei moes hospitaalbehandeling ontvang. Beeldmateriaal is ook wyd op sosiale media gedeel wat wys hoe ANC-lede tydens die vergadering bottels en stoele rondslinger. Die Tshwane-metroraad het aanklagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging teen dié ANC-lede ingedien.
[wpvideo XBZFJWIB]
- Betogers Donderdag by die Sammy Marks-gebou in Pretoria se middestad. Foto: Dana Wannenburg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Gaan daar n dag verbygaan waar daar nie betogings gaan wees nie? Die arme siele gaan nie meer weet waaroor hulle betoog nie……
Die laaste foto, lmga…” I’m HIV+” en al die studente wat stap.
Betoog en betoog lyk my dit is al wat hulle kan doen julle is besig om ons wakker te maak met julle betogins moorde ens
Staak oor hul nie werk het nie. Hoe moet ek vir iemand wat heeldag in strate is werk gee
Hoe op aarde kan jy vir sulke mense n werk gee. Hulle sal heeldag in die son op en afspring sonder om te vra vir etenstyd of oortyd maar wil nie werk vir n R150 p/dag nie. Hierdie spul word aangery deur rent a croud of dalk die rooi span??