[Video] Betogers ontwrig rugbywedstryd

Foto: Twitter via @UFS_SRC

Foto: Twitter via @UFS_SRC

Chaos het Maandagaand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) uitgebreek, toe betogers op die veld gehardloop het waar die Shimlas-rugbyspan teen die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gespeel het.

Toeskouers by die wedstryd het aan Maroela Media vertel hoe die reuse groep betogers, geklee in EFF-klere, die rugbyveld bestorm, op die veld gedans en gesing en die wedstryd ontwrig het. ʼn Geveg het na bewering uitgebreek en talle omstanders het ook glo op die veld gehardloop.

Die betogers is glo van die veld verjaag en die polisie was oomblikke later daar. Omstanders is kort daarna gevra om die veld te omsingel om die rugbyspelers te beskerm indien die betogers terugkeer. Die polisie het ook vinnig die stadion omring.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê die universiteit sal later kommentaar lewer wanneer hulle gereed is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

JohanP ·

Dis vandat daar geen respek is vir mense of hulle besittings nie. Kinders is besig om ons land te regeer want hulle het geen respek nie en die volwassenes is bang om hulle op hulle plek te sit. Regering moet hulle ogies oopmaak voor dit te laat is.

Matt ·

Dalk meeste Jong mense Maar party van ons ouers het ons geleer dat ons volwassenes moet gerespekteer woord. Maar Mense moet ook onthou respek kom ook van twee Kante af

Leeutjie ·

Johan ek stem. Ek kry net ook die indruk hulle is jaloers op ons en dit maak hulle waansinnig! Ook is hulle gefrustreerd omdat hulle teen ‘n muur van jongmanne moet baklei! In elkgeval is hulle ‘n klomp lafaards want kom ons manne nader dan spat hulle uitmekaar!

DPJ ·

Ja die revolisie van balhoriges het begin en ek weet nie of die Reguim het dit politieke wil om dit te stop nie.
Dit sal net van gerg na erger word. Onthou munisipale verkiesing is op hande!

Strydom-:Stryslim eerder ·

En vannaand speel ek lekker snoeker, waar die wit bal die swart bal slaan…en daars niks wat die eff daaraan kan doen nie!!!

Andre ·

Verblydend om te sien ons jongmense staan op vir wat reg is. Die oueres is te ja stemmerig of te slapgat om iets te doen

Patsy ·

Andre ek weet nie oud is jy nie en ek weet ook die wat jy bedoel by oueres, maar laat hierdie tannie vir jou vertel ons is defnitief nie ja stemmerig nie en ook nie slapgat nie. Ongelukkig is ons ook teikens van die misdaad en agv ons ouerdom (waar jy ook eendag gaan kom) is ons almal nie meer so sterk en kragtig soos ‘n 20 jarige student nie MAAR dit wil nie sê ons dra nie ons deel by om hierdie misdaat of onregtigheid teen te staan nie. Miskien moet jy ook meer RESPEK betoon teen die oueres dan sal dit al klaar verskil maak in hierdie land.

wilma ·

Patsy jy is ‘n vrou na my hart!! Miskien moet Andre meer respek toon vir die “oueres”. Van ons oueres het meer woema en omgee in ons pienkie as hy in sy klein brein

Estelanie ·

In watse wereld lewe ons dat ek elke oggend van my lewe moet vrees om uni. toe te gaan om te kan gaan leer om hulle kinders te kan leer eendag, dit maak mens se hart so seer om te besef dat die ander party begin wen want al hoe meer mense vlug.

Adele ·

Die stryd is nog nie gewonne nie!!
“It isn’t over, till God says its over”!
Al lyk dinge HOE horribaal tans in die land, is daar nog steeds ‘n Almagtige God wie beskik!
Daarom moet ons nie bang of bekommerd raak nie, die dinge wat nou plaasvind, vind elders in die wereld ook plaas! As ons nie op ons eie insigte staatmaak, ons nie na vlees wend en ons geduld soos Saul s’n wat opgeraak het en hy self die offer wou bring voor die groot veldslag nie, SAL God ons geloof beloon!!! BYT VAS – op jou kniee!

Uit die Ooste ·

Adele ek werk in die Ooste. Ek lees die nuus op die net wat orals in die wereld gebeur elke dag.
Glo my dit wat nou in SA gebeur sal jy nerens in die res van die wereld kry nie. Die land is in een helse chaos gedompel. Dit is nou net die begin van groot probleme. Julle almal weet dit sal nie verbeter nie. Dit gaan nie oor Afrikaans as taal nie. Dit is nou swart teen wit.

Ewoud ·

Absoluut. Mens vergeet al te maklik omdat mens sooooo ingesuig word en totaal en al perspektief verloor

tony ·

Adele ek stem so saam met jou. Net God kan ons land red. Ons moet onthou Hy is nogsteeds die God van wonderwerke

Akkerdis ·

Ek dink as ‘n mens in die buiteland sit word jy minder deur die filters beinvloed. Ek sal graag wil verneem wat in die buliteland gesê word oor wat aangaan. Kan ons dalk meer kommunikeer?

Mujaliva ·

Hello Akkerdis, ek bly in Austrlie en ons sien absoluut niks op die nuus van die dinge nie.

Marlene ·

Rerig!!!! Die lotte raak al hoe erger by die dag. Wanneer aan dit ophou?

Charlize ·

Marlene

Wanneer ons mense weer begin vertrou op ons Hemelse Vader. Ons bid nie genoeg nie. Hulle moet op hulle kniee baklei teen die spul. God is groot, baie meer as hulle EFF lede.

Jan maak n Plan ·

Marlene ek stem saam met jou. Charlize ek stem saam met jou ook maar onthou die Liewe Vader het ons almal ook ‘n gesonde verstand en hope krag gegee om dinge self op te los. ‘n Goeie voorbeeld is klein Dawid in die Bybel wat vir die grote Goliat gou ‘n les moes leer. So soms moet ons maar ons moutjies maar oprol en ons handjies in die koue water druk, ne.

Bach ·

Prof Jansen waar is jy nou? Jy het mos altyd ‘n eiertjie te le oor als en wys nou bietjie jy het ook nie maar net voete van klei nie.

anna ·

nou verstaan ek waarom thailand net witmense soek om na hulle land te gaan om daar te werk.

Kaspaas ·

Dit is wat gebeur as daar net toe gegee word op eise anargie

Kaspaas ·

Dit is wat gebeur as daar net toe gegee word op eise anargie. Hierdie is net due begin soos meer en meer toegegee word wil hulle meer he.

AmY ·

Ek kan nie glo dat kinders die land regret nie. Kinders wat nou op Universiteit is wat natuurlik nie lyfstraf op skool gehad het nie. Hulle het die onnies en skole regeer en nou regeer hulle die Universiteite. Ek sien geen toekoms vir ons eens mooi land nie.

Roelf ·

Hierdie optrede by ons kampusse is georganiseerd deur politieke drukgroepe om die universiteite te ontwrig. As die amokmakers wit was sou die owerheid baie gou n einde daaran gemaak het maar nee. Daar is meer agter dit.

fransie ·

En hoekom is die presidensie so stil oor al die gebeure????

Susan ·

Baie trots op die Vrystaat Seuns wat op die veld gegaan het om verdediging aan te teken teen die ongereguleerdes wat daar was om moeilikheid te maak. Vrystaat bo!!

Charl ·

Sudan die Vrystarters was nog altyd eerste as dit kom om hulle regte en di van ander te beskerm. Kyk maar na di laaste boereoorlog.

Gerhard ·

Dit het alles begin toe lyfstraf by die skool en by die huis deur wetgewing verbied is.

Janine ·

Maklik om te se kinders het geen respek meer. Ons as volwassenes is skuldig hier. Goeie maniere en dissipline begin by die huis. Ons leiers gaan soos kinders aan. Watse voorbeeld is dit? Hier voel ek ons kinders reageer op hierdie chaos die beste wat hul kan. Hulle is nou in die middel van al hierdie politieke drama. Hulle is nie die oorsaak. Hulle word deur politieke leiers gebruik om chaos te veroorsaak. Hulle word opgesweep. Dis weer tyd om te stem.

Tania ·

Dit is wat my so vang, die onskuldige mense is by ‘n rugby spel wat hulle geniet, ‘n klas waarvoor hulle betaal en waar hulle wil leer, ‘n eetsaat waar hull eet, ‘n kampus wat veronderstel is om veilig te wees. Hulle is besig om te lewe rustig. Hierdie is ‘n bewys die die opstokers daarop UIT is om moeilikheid te soek, dit te kry en DAN word die mense wat hulle self en ander beskerm die “baddies” uitegemaak. WAT wou hulle op die veld maak? HOEKOM kom hulle soontoe en kom val die spelers aan? En dan is dit nou die skare en die spelers se skuld???? Hoe werk die logika? dit werk nie want daar IS nie logika nie. Dis soos om in ‘n watergat te gaan swem in die Kruger wildtuin, en die krokedil en die leeu te beskuldig as jy geeet word?????

Samantha Owens ·

When God created earth…He did not say…this place belongs to the black people nor did He say his place belongs to the white people….He made this world for his childred. Take a look at this world today….dont you think we as His children is a dissapointment? He did not create a war zone….He created a home.

jannie ·

Wil net weet wat sal gebeur as 500 wit mense op die veld gaan toi-toi by n sokker wedstryd tussen die chiefs en pirates. Wie gaan aangekla word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.