Video: Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool

Die toneel vroeg vanoggend buite Hoërskool Overvaal. Foto: Verskaf.

Een van die ouers van ʼn leerder van Hoërskool Overvaal is Woensdagoggend deur ʼn betoger van die EFF geskop.

Beeldmateriaal van dié voorval het intussen op sosiale media begin versprei.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê die voorval het plaasgevind nadat die ouer by twee geleenthede vir die betogers ʼn kru handgebaar gewys het.

Volgens Cameron is die konfliksituasie egter vinnig in bedwang gebring.

Cameron het gesê die situasie buite die skool is tans weer rustig, hoewel daar steeds sowat 60 betogers voor die skool saamdrom. “Die kinders is in die skool en die hekke is gesluit, klasse gaan normaalweg voort binne.

“Een van die betogers het nou hier verby ons geloop en geskree: ‘Ons kom terug, ons kom terug. Ons gaan hierdie skool brand!’”

Die toneel vroeg vanoggend buite Hoërskool Overvaal. Foto: Verskaf.

Daar is egter ʼn sterk polisieteenwoordigheid by die skool en ʼn polisie-njala staan voor die hek geparkeer.

Betogers skree buite die hekke “Voetsek Apartheid!” en “F***f Afrikaans!”. Lede van die Boerelegioen was glo ook teenwoordig by die skool en het een van die skool se slotte geknip.

Die betoging hou verband met ʼn hooggeregshofuitspraak vroeër die week toe die hof beslis het dat die Gautengse departement van onderwys nie Hoërskool Overvaal kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie. Maroela Media het vroeër berig die skool het aangevoer hy het nie plek vir nog leerders of die nodige hulpbronne om Engelssprekende leerders te onderrig nie.

Intussen het Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, gesê Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sal Hoërskool Overvaal om 11:00 besoek om die eerste dag van die skooljaar te monitor.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Bekka ·

En dan neem hulle vir Donald Trump kwalik oor sy uitlating……..

christa ·

onthou julle nog die plakate jare gelede wat gelees het…. stem saam en wen saam???? toe was dit eintlik stem saam en krepeer saam

Will ·

Ja, net meer bewys ons President Trump was akkuraat met sy beskrywing van Afrikalande! Wonder wat sou gebeur het indien die ouer ‘n EFF lid geskop het? Die polisie kyk toe en lig geen vinger teen die EFF lid nie? Hoekom word al die EFF lede nie in hegtens geneem vir oortreding en minagting van ‘n wettige hofuitspraak nie?

Ek-vra-net ·

Ek wonder of daai ou wat skop, aangevat sal word… Dit IS aanranding, die polisie IS daar, en daar ia selfs beeld-materiaal wat ingedien kan word as getuienis

christa ·

die polisie is daar waar die kind geskop word, hoekom word die skopper nie in hegtenis geneem en aangekla nie.

HESTY ·

Kan volwassens hule so gedra???? Kinders in die skool gaan aan met die skoolwerk….hulle het werk om te doen… en die betogers le net rond niks om te doen!!!!!

Casper Labuschagne ·

Geen probleme nie, ons het wigte en teenwigte wat dan sou verhoed dat hierdie soort ding ooit sal gebeur.

En skielik, het ons eendag niks nie.

piper ·

daar gaan vir ewig probleme by die skool wees en dit gaan net ophou wanneer die skool afgebrand is. diegene varantwoordelik daarvoor raak net weg en niks kom daarvan nie. alle ouer en leerders moet elke dag hulle selfone reghou om af te neem wat as bewyse gebruik kan word. die selfoon het n magtige wapen geword.

Elvira Bothma ·

Nou gaan die blanke gearresteer word en EFF skotvry. EFF het nie reg om by daai skool te wees nie.

Alida 2 ·

Ek salueer die ouers wat hulle bedwing het toe een van die ouers geskop is. Hy is reeds op die grond, seker omgestamp.
Moes die klomp betogers in hegtenis geneem het.
My hart gaan uit na die kinders wat in sulke omstandighede moet skoolgaan.

Basjan ·

HPV – daardie verskoning is nie goed genoeg nie.
Waarvoor word hul betaal? Om rond te staan? Dan kon hul petrol spaar en sommner by die polisiestasie gaan rondstaan.

Jan Joubert ·

Nee ek kan nie by ‘n Engelse skool opdaag en aandring dat al my vakke in Afrikaans aangebied word nie. Dit werk nie so nie! Wat van die ander swart kinders in die skool wat in Afrikaans leer? Nee wat, as jy wil na ‘n Afrikaans skool toe wil gaan, dan moet jy Afrikaans LEER! Of gaan soek vir jou ‘n Engelse skool daar naby. Daar is meer as GENOEG!

Derek Meyer ·

Dis nou maar tyd om ernstig te begin dink aan private Afrikaanse skole. Afriforum, ek’s een van die 200 000.

Johan Neuteman ·

Hugo Vermeulen van Helpende Hand het vanmiddag oor PretoriaFM gesê die planne is agter die skerms aan die gang. Was nie spesifiek oor privaatskole of wat die plan is nie. Mens moet seker maar wag en Solidariteit vertrou. Hugo was nou nie baie spesifiek nie, maar dit klink of daar ‘n plan is.

Sam ·

DANKBAAR om vandag my 22ste jaar van tuisskool te begin het, waar ek my kinders slegs aan opbouende, nie-politiese leermateriaal van hoë morele waarde blootstel … in die rustigheid van ons eie tuiste.

Piet Pille ·

Die bohaai oor 55 leerders, maar duisend of meer moet nog geplaas word. Waarop sou jy (as dept. van onderwys) in orde van belangrikheid, gekonsentreer het. Trump jy is SO reg.

Letitia B ·

In so n plofbare situasie was dit dom van daardie ouer om so n kru teken te wys. Beste is om hulle te ignoreer. Stem saam oor Donald Trump. Hy wil mense in sy land toelaat wat n bydrae kan lewer deur te help bou en nie afbreek nie!

Suzy ·

Ekt nie al die kommentaar gelees nie, maar ons volwassenes, maak nie saak watter politieke party moet omsien na ons kinders se balang – gaan protesteer voor parlement! Los die kinders uit!

Zachrys ·

As mens die woorde lees klink dit erg maar as ek na die foto kyk is dit maar so 50 van hierdie sogenaamde betogers, dit lyk nie asof die hele overvaal se swart gemeenskap saamstem met die regering óf die eff nie…

Sputnik ·

Boerelegioen? Wat ook ‘n slot geknip het? Kan iemand verduidelik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.