[Video] Betogers veroorsaak ontwrigting op Tuks-kampus

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

AfriForum Jeug het vandeesweek die Universiteit van Pretoria (UP) skriftelik versoek om sekuriteit op die kampus op te skerp nadat ʼn studenteraad-vergadering deur lede van die EFF en Sasco ontwrig is.

Morné Mostert, nasionale projekkoördineerder van AfriForum Jeug, het aan Maroela Media gesê AfriForum Jeug was Donderdagaand een van verskeie studenteorganisasies wat teenwoordig was by ʼn vergadering waartydens die SR-raad se begroting bespreek is toe die betogers die vergadering binnegestorm het. Die betogers het glo gedreig om voort te gaan om die kampus te ontwrig indien Afrikaans nie as onderrigtaal afgeskaf word nie.

Die ontwrigting volg enkele dae nadat ʼn AfriForum Jeug-verfaksie Woensdag ook deur EFF-betogers ontwrig is. AfriForum Jeug het in ʼn verklaring gesê die aksie is gereël om studente bewus te maak van ʼn beurskompetisie wat verlede week van stapel gestuur is.

Plakkate wat glo deur EFF-betogers oral op die Tuks-kampus opgesit word. Foto: AfriForum Jeug

Plakkate wat glo deur EFF-betogers oral op die Tuks-kampus opgesit word. Foto: AfriForum Jeug

“Die EFF-studenteleiers is deur sekuriteit verwyder omdat hulle onder meer aggressief was en rassistiese uitlatings en ongegronde aantygings gemaak het. Hulle het ook onwettige pamflette ten bate van hul #AfrikaansMustFall-veldtog op die kampus versprei,” lui die verklaring.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se kampuskoördineerder vir Tuks, het die EFF slegs opgedaag om geweld aan te hits en sy ideologie deur middel van anargie te bevorder. “Die EFF het plakkate op kampus versprei sonder dat dit die goedgekeurde stempel van die universiteit bevat en dus is dié optrede ontoelaatbaar volgens kampusreëls. AfriForum Jeug se Tukkies-tak is al oor die vingers getik oor plakkate wat versprei is wat nie aan al die kampusvereistes voldoen nie, en ons het ons kantoorspasie op kampus verloor,” het Grobbelaar gesê.

Volgens Mostert dring AfriForum Jeug daarop aan dat die UP ʼn werkbare plan instel om enige vorm van ontwrigting en geweld op kampus af te weer en studente se veiligheid te verseker.

AfriForum Jeug het ʼn skriftelike versoek aan dr. Willem Jorrisen, direkteur van studentesake aan die UP, gestuur waarin versoek word dat daar teen die EFF opgetree word en dié organisasie oor dieselfde kam as AfriForum Jeug-lede geskeer word met betrekking tot die verspreiding van onwettige pamflette op kampus.

AfriForum Jeug het die volgende beeldmateriaal verskaf wat Donderdag tydens die vergadering geneem is:

[wpvideo DUGpu7jr]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Grap ·

Dit is nou hoe klasse ontwrig word deur anargistiese leë koppe .Mede Afrikaanse volk help solidariteit om Akademia die grootste beste universiteit in Afrika te maak waar hierdie gedrag nie geduld sal word nie en die korrupte regering geen insae sal hê nie.

vra maar net ·

Die EFF en Sasco het weer n presiese voorbeeld gewys….hulle het n rassistiese uitbarsting gehad….is dit ook malligheid en facsisties? Wonder of daar ook “gevolge” op hulle sal wag? Om te dink dis net swartes (EFF en Sasco) wat sulke rassistiese uitbastings kry! Moet die wittes nou weereens vergewe? Wonder wat sou Jan van Riebeech hiervan gese het?

John ·

Mens sou graag wou weet wat die grondwet se oor eie sake. In 1994 is daarvan gepraat maar dit wil voorkom of daar nie meer soiets is nie. Om apartheid af te skaf is een ding maar om alles te wil oorvat ‘n ander. Miskien kan iemand ons inlig.

Wic ·

Nou hoekom is daar nie nou een van die slapgat parlement lede wat rassisme aanspreek nie?…..o ja dis mos net wit Afrikaners wat rassiste kan wees!!! Patricia de Lile as jy my stem wil hê moet jy nou ook opstaan teen eff lafaards en hulle ook laat vervolg! Glo egter nie jy sal nie want jy haat Afrikaners al dekades. En wat het die hensoppers soos Hanelie nou te sê?

Veritas ·

Vir elke aksie is daar ‘n gelyke maar teenoorgestelde reaksie. Die EFF klonkies moet ligloop dat dieselfde nie met hulle gebeur as wat op Kovsies tydens die rugbywedstryd gebeur het nie. Dit is blykbaar al taal wat hulle verstaan en die jong Boere se geduld is aan die opraak.

hans ·

Vertrou die minister van sport,MRK en DA gaan onmidelike optree teen die rassisme. Die Rektor moet ook onmiddelik ontslaan word want sy is duidelik nie instaat om beheer op die kampus toe te pas nie.

Lance ·

Ag eff dit raak nou afgesaag ….probeer eerder n posetiewe bydrae maak ….twyfel of julle kan want daar is nie eers een ding wat julle opgebou het nie sover ….maar n hele rits goed wat julle afgebreek het ….geen wonder niemand wil hier investeer nie …waneer gaan die penny drop vir die dom mense

wynand ·

De la Rey is seker in haar noppies.Syhet mos hierdie trawanteweer op kampus toegelaat.

Oom Kalahari ·

Ag is dit darem nou nie ‘n pragtige beeld wat die UP uitdraevan hul bevoordeelde studente nie. Het gedog daar was onlangs aangekondig dat sulke wangedrag en rassisme nie meer op die Kampus geduld sal word nie. Maar nou-ja soos die woord lei dat jou gebore instinkte en genetiese agtergrond altyd vorendag sal kom en toon wie en wat jy werklik is. Watter positiewe bydrae het die EFF al ooit tot die samelewing gemaak behalwe rassistiese optredes, mensehaat, aanhitsings, mense prober verneder, aanrandings, spoeg in mense se gesigte in die openbaar, brand en vernietigings van privaat en staats eiendomme en so gaan dit net aan elke dag. is die dan nou ‘n demokratiese gekose party wat in belang van landsbelange en sy mense moet toetree of is dit ‘n gestigde terroristiese beweging wat die land en regstelsel se optredes wil toets tot anargie?

Piet Piper ·

Die Sprinkane sal nie ophou verwoes en aanhou om jaloers te wees op die hardwerkende miere en hul voorraad wat opgebou was deur vooruit- beplanning en wysheid……………….Luiaards en Verwoesters, gaan nie die miere, kyk hoe hulle werk, en word wys !!!!

christine ·

Kyk nou hoe help die Sogenoemde EFF die ANC in hulle pogings om Afrikaans te begrawe. Hulle werk so nou saam met die ANC dis nie eers snaaks nie. Hulle is nogsteeds so lief vir Zuma. Kan nie wag nie om hulle kiesers te mislei nie die spill gaan net na die verkiesing weer heerlik in die ANC se bed spring.

hans ·

Maroela waarom het julle die kommentaar oorSolidariteit en Afri gesluit ? Verduidelik asb aan al ons lesers?Daar was nog nie eers n 100 kommentare nie.Dit was goed om ts lees hoedat ons patrioties teenoor ons land staan waarvan Maroela deel is.

Nico Strydom ·

Dagsê Hans

Maroela Media het besluit om die kommentaar op die artikel te sluit aangesien dit nie meer aan ons bepalings en voorwaardes voldoen nie. Dit is teen die beleid dat lesers en kommentators mekaar persoonlik aanval of verneder.

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Ben Prinsloo ·

Nee Nico ek wou maar net vir Elize gesê het ek het vir haar n blyplek in Alex en n Tavern daar naby. Sy moes my ook verduidelik het van die konsentrasiekampkerkhowe. Teruggekom na die universiteitsprobleem. Kry die manne wat toegesien het nou die dag dat die rugby op intervarsity aangaan en die probleem is opgelos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.