[Video] Betoging voor Coligny-hof

Betogers voor die Coligny-landdroshof in Noordwes. Foto: Twitter via @IanCameron23

ʼn Groep mense het Vrydagoggend voor die Coligny-landdroshof in Noordwes betoog voor die hofverskyning van twee mans wat teregstaan vir die moord op ʼn 12-jarige seun.

Die betogers het te midde van ʼn sterk polisieteenwoordigheid voor die hof gesing en gedans. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, woon die hofverrigtinge by en sê hoewel die betogers voor die hof saamgedrom het, was die situasie steeds kalm en in bedwang. Cameron het gesê hy vermoed die betogers eis dat die twee mans nie op borgtog vrygelaat word nie, maar die rede vir hul betoging was nie onmiddellik duidelik nie.

Betogers voor die Coligny-landdroshof in Noordwes. Foto: Twitter via @IanCameron23

Maroela Media het vroeër berig die 12-jarige seun se dood het aanleiding gegee tot die gewelddadige betogings in Coligny waartydens minstens drie vragmotors en drie huise afgebrand en talle winkels geplunder is.

Pieter Karsten, die werkgewer van die twee mans, het in ʼn onderhoud met RSG se Monitor en Spektrum gesê die mans het twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Die een seun het weggehardloop en die ander seun het agter op die bakkie geklim.

Karsten beweer toe die bakkie om ʼn draai spoed verminder het, het die seun van die steeds bewegende voertuig afgespring. Hy het ernstige beserings opgedoen en is later oorlede.

Teen Donderdagmiddag kon die provinsiale polisiewoordvoerder steeds nie die identiteit van die seun bevestig nie.

Die mans sal na verwagting tussen 11:00 en 13:00 in die hof verskyn. Hulle was teen 10:30 nog nie by die hof nie.

‘n Video volg onderaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

buks ·

Dankie aan al die boere dat julle ons van kos voorsien. Ons weet dat daar n vierde mag is wat teen julle opruk. Dit werk so my goed is myne en julle goed is ook myne.

Johanna ·

Wat n tragedie!! En die gevolge is wyd. Hierdie een gaan nie goed eindig nie!!

Willie ·

Die sogenaamde ooggetuie se verklaring hou nie veel water nie… as n liggaam gesleep word sal daar sleepmerke aan wees… in hierdie geval was daar geen merke nie ?

Veronica ·

Die oorledene is nou nog nie eers geidentifiseer nie, maar die wat brand en steel is in vol getalle met monde wyyyd oop! Klink vir my die klok hang om die verkeerde bok se nek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.