[Video] Bewerings teen adjunkminister ‘ernstig opgeneem’

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het bevestig ‘n saak van aanranding is aanhangig gemaak teen Mduduzi Manana, adjunkminister vir hoër onderwys, nadat hy en ʼn vriend glo Sondagoggend twee vroue by Cubana in Fourways aangerand het.

Vuyo Mhaga, woordvoerder van die minister, het gesê Mbalula het kennis geneem van die “ontstellende gerugte”.

“Die beweerde aanranding het omstreeks 04:00 in die kuierplek plaasgevind. Minister Mbalula neem hierdie aantygings baie ernstig op. Die beskerming van vroue en ander kwesbare groepe is ʼn nommer een prioriteit vir die polisie,” het Mhaga gesê.

“Minister Mbalula verwag dat die slagoffer met respek en waardigheid behandel sal word. Hy verwag ook dat die polisie proaktief vir die slagoffer terugvoer sal gee.”

Mbalula het bygevoeg dat vroue verdien om liefgehê te word en beskerming by almal te geniet. “Die polisie moet kans gegee word om hierdie saak sonder vrees of voorkeur te ondersoek. Niemand is bo die wet verhewe nie,” het Mbalula bygevoeg.

‘n Video van die beweerde aanranding word intussen op sosiale media versprei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

tom ·

Fokkule se niks oor die plaas moord die naweek nie want hy word beskerm met my tax geld

ONAANVAARBAAR!!! ·

Ek hoop dat hy (MINISTER Mduduzi Manana) en sy vriend ook gevonnis gaan word en agter tralies gaan sit soos die 6 KFC Montana boelies!!!! Want dis sal uiters onregverdig wees as hy nie dieselfde straf as hulle gaan kry nie!!! Ek’s self ‘n vrou – ja ek weet alle vrouens is nie onskuldig nie – ons por ook maar ‘n situasie aan om ons sê te kry, maar wat regverdig ‘n man om ‘n vrou aan te rand?! Weet mans tot en met vandag toe nog nie die beste manier om ‘n vrou stil te maak is om haar net te IGNOREER nie?!

Borg! ·

Hy NOG STEEDS nie gearresteer nie? Gaan sy BORG ook geweier word? Ons sal met groot oë na hierdie store kyk!

Dankie tog! ·

Dankie tog dis (skynbaar) nie wit op swart want dan het die tronkdeure gewink, of hoe DA se Randall?

Piet Pompies ·

Die man is veronderstel om die beskermer van die vrou te wees en die man lewer ‘n geweldadige fisiese aanval op ‘n vrou. Hierdie geval is net mooi die teenoorgstelde wat die regering voorstaan, geweld teenoor vroue. Mduduzi moet aan veroordeel word volgens landswette en die nodige straf gegee word. In ons persoonlike lewe word geweld teen vroue nie geduld en dit is skandelik om te sien hoe hardhandig die aanval voorkom.

thelsa ·

Dit Mantana aanranders is sommer dadelik in hegtenis geneem. Die agbare Adjunk Minister, wat presies dieselfde oortreduing begaan het as die Montana boewe, loop nog op vrye voet rond. Die enigste verskil is dat in laasgenoemde geval dit swart op swart was. Party is meer gelyk as ander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.